S v Stoffels en Anders (SS02/2010) [2010] ZAWCHC 424 (15 June 2010)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Evidence — Identification of accused — Testimony of eyewitnesses — Accused charged with multiple counts of murder and attempted murder following shooting incident — Eyewitnesses identified accused as perpetrator despite initial failure to recognize voice — Court accepted eyewitness testimony as credible, leading to conviction — Accused's defense based on lack of identification and relationship dynamics — Court found sufficient evidence to support guilty verdicts on all charges.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 424
|

|

S v Stoffels en Anders (SS02/2010) [2010] ZAWCHC 424 (15 June 2010)

IN
DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF.
KAAPSTAD)
SAAKNOMMER
:
SS02/2010
DATUM
:
15 JUNIE 2010
In die saak tussen:
DIE STAAT
en
COLIN
STOFFELS
…...............................................................................
Beskuldigde
1
CHRISTOPHER
STUURMAN
….............................................................
Beskuldigde
2
UITSPRAAK
DESAI,
R
:
Die beskuldigdes in hierdie saak
staan voor hierdie Hof tereg op nege aanklagte. Dit word beweer dat
hulle op of omtrent 5 November
2008 en te of naby Fairhavenstraat 23,
Voorbrug, Delft, vir Selvin Sebo, 'n volwasse manlike persoon, asook
vir Cassidy Sebo, die
sewe maande oue dogter van Chantal Sebo,
vermoor het deur hulle te skiet. Daarbenewens word beweer dat hulle
op dieselfde tyd en
plek gepoog het om Chantal Sebo, 'n volwasse
vroulike persoon, en Molly Sebo, 'n volwasse vroulike persoon en die
moeder van Chantal,
asook Cameron Sebo, die tweejarige seun van
Chantal, te vermoor deur op hulle te skiet.
Die beskuldigdes is op al die
relevante gevalle op die relevante bepalings van artikel 51 van Wet
105 van 1997 gewys.
Op die sesde aanklag word beweer
dat die beskuldigdes in besit was van 'n semi-outomatiese vuurwapen,
tewete 'n Pietro Baretta 9mm
pistool terwyl hulle nie in besit was
van 'n lisensie of lisensies om die wapen te besit en terwyl hulle op
die sewende aanklag
daarvan beskuldig word dat hulle in besit was van
ten minste 17 X 9mm rondtes sonder dat hulle in wettige besit van 'n
vuurwapen
waaruit die ammunisie afgevuur kon word, was.
Op die agtste
en negende aanklagte is beweer dat die twee
beskuldigdes skuldig
is aan dwarsboming of belemmering van
die gereg en meineed.
Die Staat het
nie vir 'n
skuldigbevinding op enigeen van
hierdie aanklagte gevra nie, gevolglik word geen verdere oorweging
daaraan geskenk nie.
Beide die beskuldigdes pleit
onskuldig op al nege die aanklagte en verkies om geen verklarings
ingevolge artikel 115 van die Strafproseswet,
51 van 1977, te maak
nie.
Aanvanklik is
beskuldigde 1 deur mnr
J
Mihalik
verteenwoordig
en beskuldigde 2 deur mnr
T
Swartz
.
Nadat die Staat se saak gesluit is, het dit egter aan die lig gekom
dat mnr
Swartz
namens
beskuldigde 1 by sy borgaansoek verskyn het. Hy moes derhalwe om
etiese redes onttrek van die verdediging van beskuldigde
2. Op grond
van besware deur beskuldigde 1, het die Hof mnr
Mihalik
ook toegelaat
om te onttrek. Hierna is beskuldigde 1 deur mnr L
Thompson
en
beskuldigde 2 deur mnr L
Vismer
verteenwoordig.
Die volgende aangeleenthede is
of deur die verdediging erken of nie betwis nie: Om ongeveer tienuur
die aand van 5 November 2008
het 'n persoon, gewapen met 'n
vuurwapen, na die huis van Molly Sebo te Fairhavenstraat 23,
Voorbrug, Delft, gegaan en toegang
tot die huis bekom. Molly Sebo,
haar seun Selvin, haar dogter Chantal en die dogter se twee kinders,
Cameron toe twee jaar oud,
en Cassidy toe sewe maande oud, het op die
dag daar gebly.
Nadat die persoon toegang tot
die huis verkry het, het hy verskeie skote afgevuur. In die proses is
Selvin en Cassidy noodlottig
gewond; Molly is ook gewond maar het wel
oorleef. Selvin is dood as gevolg van 'n koelwond in die kop terwyl
Cassidy gesterf het as gevolg
van 'n koelwond in die bors.
Volgens Molly Sebo het sy op 5
November 2008 en te Fairhavenstraat, Voorbrug, Delft, saam met haar
dogter Chantal, haar seun Selvin
en Chantal se twee broers Cameron en
Cassidy (toe vier jaar en sewe maande oud onderskeidelik) gebly. Op
die dag, om ongeveer tienuur
die aand het hulle gereed gemaak om te
gaan slaap, toe iemand aan die voordeur klop. Sy, die getuie Chantal,
Cameron en Cassidy
was saam in die slaapkamer terwyl Selvin in sy eie
kamer was. Toe sy vra wie dit is, antwoord die persoon dat Ivan horn
gestuur
het om iets by Selvin te kom haal. Op hierdie stadium het sy
nie die stem herken nie. Sy (Molly) roep toe vir Selvin, wie opstaan

en na die deur toe gaan. Al die ligte in die huis asook die op die
stoep was nog aan. Sy het in die voorkamer bly staan terwyl
Selvin
die voordeur oopmaak. Toe Selvin die voordeur oopmaak, het die
persoon 'n vuurwapen op Selvin gerig. Selvin het "Percy,
wat
maak jy?" gese. Beskuldigde 1 is by hulle as Percy bekend. Die
persoon het 'n vuurwapen in Selvin se gesig gehou en 'n
skoot het
afgegaan. Selvin het op die grond geval. Sy het hierop in die kamer
ingehardloop waar sy en Chantal die slaapkamerdeur
probeer toedruk
het, maar die persoon het nogtans die deur oopgedruk en ingekom. 'n
Struweling het tussen haar en Chantal aan die
eenkant, en die persoon
met die vuurwapen aan die ander kant ontstaan. Op 'n stadium het sy
reg in die persoon se gesig gekyk en
horn as Percy, wat vroeer
Chantal se kerel was (dit wil se beskuldigde 1) herken. Sy het horn
nie eerder herken nie, omdat hy 'n
baadjie met 'n kappie opgehad het.
Beskuldigde 1 was die vader van
Cameron en het onderhoud vir horn betaal. Hy het egter ontken dat hy
die vader van Cassidy is. Die
getuie het toe probeer weghardloop maar
is in die gesig deur beskuldigde 1 geskiet. Die koeel het 'n wond op
haar linkerwang en
aan die linkeroorbel veroorsaak en meegebring dat
sy geval het. Terwyl sy op die grond was, het sy nog 'n skoot gehoor
maar kon
nie sien waar dit afgegaan het nie. Toe sy opkyk, sien sy
dat beskuldigde 1 'n koeel uit sy baadjiesak haal en in 'n gleufie in

die vuurwapen sit. Sy het uit die kamer in die badkamer ingehardloop.
Op hierdie stadium het Cameron langs haar gestaan terwyl
Cassidy op
die bed gele het. Sy weet nie waar Chantal was nie. Terwyl sy in die
badkamer was het sy nog 'n skoot gehoor en vir
Cameron hoor skree.
Toe sy uit die badkamer uit kom, sien sy Cameron in die kamer en
Cassidy op die bed, met haar bors vol bloed.
Sy het Cameron geneem en
na haar dogter se Wendy Huis in die agterplaas gegaan.
Terwyl sy daar was, het die vrou
wat oorkant die straat woon, Ria, daar aangekom en haar meegedeel dat
Chantal by haar aan huis
was. Die polisie en ambulans het opgedaag en
haar hospitaal toe geneem waar sy behandeling vir haar wond gekry
het. Die polisie
het voor die ambulans opgedaag. Chantal het
inligting van waar beskuldigde 1 se huis is asook 'n foto van horn
aan die polisie
gegee.
Voor die voorval het beskuldigde
1 en Chantal vir drie jaar lank oenskynlik 'n taamlike stormagtige
verhouding gehad. Hy het vaderskap
van Cassidy ontken. Hulle het ook
nie meer op daardie dag uitgegaan nie. Sy en Molly self het egter 'n
goeie verhouding met beskuldigde
1 gehad en horn as 'n seun behandel.
Terwyl hulle nog uitgegaan het, het beskuldigde 1 elke aand na hulle
huis gekom en soms nog
gedurende die dag ook. Sy se sy het gevra om
in 'n getuiebeskermingsprogram opgeneem te word al is hy in hegtenis,
aangesien sy
bang vir sy vriende is.
Mnr
Mihalik
het nie die
getuie oor die volgende aangeleenthede gekruisverhoor: Alhoewel sy
beskuldigde 1 goed geken het en daar net een persoon
by die deur was
wat gepraat het, kon sy nie die persoon se stem herken nie, en dat sy
horn eers herken het toe sy "face to
face" met horn was. Sy
gesig was nie met 'n masker bedek nie, maar hy het 'n "top"
met 'n kapppie aangehad. Die
getuie noem dit "hoody".
Daarna het sy bloot erken dat
beskuldigde 1 'n goeie persoon was wat matriek gemaak het, vaste werk
gehad het en wat gereeld onderhoud
vir Cameron betaal het. Hy was nie
'n drinker of 'n bendelid nie. Chantal het wel gewerk maar het soms
naweke gedrink. Dan sou
sy na beskuldigde 1 se huis gaan en dan was
daar altyd moeilikheid.
'n Week voor
hierdie voorval het sy die twee kinders na beskuldigde 1 se huis
geneem en daar gelaat. 'n Klappery het toe tussen
beskuldigde 1, sy
broer en Chantal ontstaan. Chantal het ook die beskuldigde op 'n
stadium by die polisie gaan oorgee omdat hy
haar, na bewering, met 'n
vuurwapen sou gedreig het. Die saak het egter ooit voortgegaan nie.
Toe sy in haar wang gewond is, was
sy besig om weg van beskuldigde 1
te hardloop. Sy weet ook nie of Chantal op daardie stadium nog besig
was om met horn te worstel
nie. Die getuienis dat hierdie voorval om
ongeveer tienuur die aand plaasgevind het, is nooit deur mnr
Mihalik
betwis nie.
Sy is nie deur mnr
Swartz
gekruisondervra
nie.
Hierdie getuie het die Hof met
haar eerlikheid be'mdruk. Sy het werklik waar haar bes probeer om die
Hof volledig in te lig oor
wat op die betrokke aand by haar huis
plaasgevind het. Die Hof moet natuurlik altyd in aanmerking neem dat
daar 'n aanslag op die
persone in haar huis was en dat so 'n getuie
in sulke omstandighede nie altyd elke gebeurtenis na 'n jaar of meer
in presies detail
sal kan weergee nie. Natuurlik sal 'n getuie in
haar posisie getraumatiseer gewees het deur die gebeure. Dit sal dit
vir haar moeilik
maak om alles in detail te onthou. Haar getuienis
word, in die geheel gesien, as die waarheid aanvaar.
Chantal Sebo, die dogter van
Molly en Cameron en Cassidy se ma, was ook op daardie fatale aand toe
haar kind en haar broer dood
is in die huis teenwoordig. Dit is ook
in haar geval duidelik dat sy erg deur die gebeure wat daardie aand
plaasgevind het, getraumatiseer
is. Tog stem haar getuienis in die
geheel gesien ooreen met die van Molly. Volgens haar was beskuldigde
1 die pa van beide haar
kinders en het hy gereeld onderhoud vir
Cameron betaal, maar het ontken dat Cassidy sy kind was.
Op 2 November 2008 het sy haar
twee kinders na beskuldigde 1 se huis geneem en horn meegedeel dat sy
om onderhoud vir Cassidy gaan
aansoek doen. Daar het 'n gestryery en
'n klappery ontstaan waarby sy, beskuldigde 1 en beskuldigde 1 se
broer betrokke was. Die
kinders is mettertyd deur beskuldigde 1 se
moeder en sy broer terug na die getuie se huis geneem. Sy was egter
nie van plan om
die kinders by beskuldigde 1 se ouerhuis te laat nie.
Met betrekking tot die gebeure
op 5 November 2008, getuig sy dat sy saam met Molly en haar twee
kinders in die slaapkamer was besig
om voor te berei om te gaan
slaap, toe iemand aan die voordeur klop. Hierna stem haar getuienis
ooreen met die van Molly ten minste
tot op die stadium wat
beskuldigde 1 in Molly se slaapkamer ingekom het en daar weer geskiet
is. Sy het wel beskuldigde 1 se stem
herken terwyl hy nog buite was.
Nadat beskuldigde 1 toegang tot
die slaapkamer verkry het, het sy en die beskuldigde op die grond
baklei oor die vuurwapen. Op 'n
stadium het sy probeer om Cameron in
die hande te kry, maar sy het nie daarin geslaag nie. Terwyl sy in
die kamer was, het sy 'n
skoot hoor afgaan. Omdat sy bang, geskok en
deurmekaar was, het sy na buite gehardloop na Corlina Oersen (ook
bekend as auntie
Ria). Haar huis is oorkant die straat.
Nadat sy uit die kamer is, het
sy nog skote gehoor afgaan. Auntie Ria het toe na 'n huis verder af
in die straat gegaan om die polisie
te laat roep. Toe sy uit die huis
is, was Cameron, Cassidy en Molly nog in die huis. Na die voorval het
Cameron 'n besering aan
sy oor gehad en is saam met Molly na die
hospitaal geneem. Sy beweer wel dat Cameron se oor beseer is toe 'n
koeel by sy oor verbygegaan
het. Sy was egter nie teenwoordig toe dit
gebeur het nie.
Dit blyk dus of haar getuienis
oor hierdie aspek nie voldoende is om te bevind dat iemand wel op
Cameron geskiet het en vir die
besering aanspreeklik gehou kan word
nie.
Toe die polisie by hulle huis
opdaag, het sy aan hulle gese waar om na beskuldigde 1 te gaan soek
en hulle ook 'n foto van horn
gegee. Alhoewel sy kwaad was vir die
beskuldigde, is sy nie meer nie, maar wil tog he dat hy vir 'n lang
tydperk tronk toe moet
gaan omdat dit wat hy gedoen het nie reg is
nie. Sy het wel sielkundige berading ontvang maar kan die voorval nie
vergeet nie en
meen dat sy nooit daaroor sal kom nie.
Uit
kruisverhoor deur mnr
Mihalik
blyk dat
hulle verhouding 'n bra stormatige een was en dat hulle dikwels
gestry het. Hulle het goed oor die weg gekom. Beskuldigde
1 was 'n
ordentlike persoon. Hy het matriek gemaak, gewerk, gereeld onderhoud
vir Cameron betaal, nie dronk geword nie, was nie
'n bendelid nie en
ook nie verdowingsmiddels gebruik nie. Hy was wel in kennis gestel
van Cassidy se geboorte, al ontken hy dit.
Op 'n stelling van mnr
Mihalik
dat sy
gedurende 2008 by die beskuldigde en sy familie was en dat daar toe
nooit enige sprake daarvan was dat sy verwagtend was
nie, wys die
getuie daarop dat Cassidy in November 2008 reeds sewe maande oud was
en dus reeds in Maart 2008 gebore moes gewees
het.
Daar word by 'n hele paar
geleenthede in die getranskribeerde notule van hierdie getuie se
getuienis na Andrea verwys, terwyl dit
Aunt Ria moet wees.
Gedurende Januarie 2008 het sy
horn by die polisie gaan aangee omdat hy haar met 'n vuurwapen
gedreig het op 'n geleentheid toe
hy Cameron se onderhoud na haar
huis gebring het. Die saak het egter nooit voor die Hof beland nie,
want sy was nog baie lief vir
horn. Beskuldigde 1 het haar ook op 'n
vorige geleentheid met 'n mes gedreig. Beskuldigde 2 het soms daar by
hulle huis gekom,
maar sy ken horn nie so goed nie. Sy was reeds uit
die kamer gewees toe die skoot in die kamer afgegaan het. Dus was sy
buite die
kamer gewees toe Cassidy geskiet is en kan sy nie se of die
baba per ongeluk geskiet is nie.
Ook haar en haar ma se bakleiery
met beskuldigde 1 verklaar sy op 'n stadium met betrekking tot die
vuurwapen "dit is in sy
hande, toe is dit op die grond, toe is
sy hand op dit en my hand was oor sy hand". Toe sy in
kruisverhoor gevra is na die
skoot wat in die kamer afgegaan het, se
sy "Ek en my ma het met horn ge-struggle, gestoei en daar het 'n
skoot afgegaan terwyl
hy op sy kniee was".
Verder verklaar sy ook in
kruisverhoor op die vraag "Het hy gemik na enigiemand of het die
skoot per ongeluk afgegaan?"
Dan "Ek dink dit het per
ongeluk afgegaan". Sy het Graad 10 op skool gemaak. Sy het as 'n
voorraadopnemer by Bercforce
gewerk. Sy was baie lief vir beskuldigde
1 omdat hy 'n goeie kerels was asook 'n goeie pa vir Carmeron.
Corlina Oersen: Haar getuienis
bevestig maar net die van Chantal vanaf die stadium toe Chantal
geskok by haar huis ingehardloop
gekom het. Nadat sy die polisie laat
roep het, is sy na Molly se huis waar sy vir Selvin op die vloer
gesien le het. Molly het
'n handdoek teen haar wang gehou en toe sy
dit wegvat, kon die getuie 'n gat in Molly se wang sien.
In die kamer het sy vir Cassidy
op die bed gesien le, sy het bloed aan haar nek gehad. Die getuie is
nie gekruisverhoor nie.
Konstabel Hadjira Nolton van die
Suid-Afrikaanse Polisie te Delft was op die aand van 5 November 2008
aan diens toe sy om halfelf
inligting van 'n skietvoorval ontvang
het. Sy is na 23 Fairhavenstraat, Delft, waar sy inligting van 'n
verdagte ontvang het. Hulle
is toe na die adres wat aan hulle
voorsien is en waar hulle beskuldigde 1 in 'n kamer op die bed kry
sit het. Klere wat ooreenstem
met die beskrywing wat sy by Chantal
ontvang het, is ook in die kamer waar beskuldigde 1 aangetref is,
gekry. Die baadjie wat beskuldigde
1 na bewering sou gedra het, het
langs die kas in die kamer gehang terwyl beskuldigde se broer die
sweetpakbroek aangehad het.
Beskuldigde 1 is daar gearresteer. Die
getuie was ook nie gekruisverhoor nie.
Konstabel Mzukisi France van die
Suid-Afrikaanse Polisie te Delft is ook op dieselfde aand na Molly se
huis waar hy vir Selvin dood
in die voorkamer gevind het en 'n
babatjie ook dood op die bed in die slaapkamer. Hy het 'n ambulans
gebel, Die speurders en fotograwe
het later opgedaag. Hierdie getuie
se getuienis is ook nie betwis nie.
Dan is daar die getuienis van
konstabel Egan Knoop, 'n speurderkonstabel te Delft, Suid-Afrikaanse
Polisie wat getuig dat hy op
28 November 2008 aan diens was op pad
terug na die polisiestasie in privaatklere en in 'n ongemerkte
voertuig saam met senior superintendent
Beneke toe hy 'n klompie
kinders sowat 30 meter voor horn uit mekaar sien spat het en sien
weghardloop het. Hy merk toe ook beskuldigde
2 op die hoek van Banca-
en Leydenstrate by 'n fiets staan. Die beskuldigde haal toe 'n
vuurwapen voor by sy broek uit en vuur
'n skoot af. Hy kon nie sien
op wie of wat beskuldigde gevuur het nie want die area waarna
beskuldigde gemik het, was vir horn
deur 'n heining verberg.
Beskuldigde 2 sit weer daarna die vuurwapen terug voor by sy broek in
en ry verder met sy fiets. Hy en
sy passasier ry toe tot langs
beskuldigde 2 en beveel horn om te stop. Nadat beskuldigde 2 van sy
fiets af is en op die grond laat
le is, steek die getuie sy hand voor
in by beskuldigde se broek en vind 'n vuurwapen. Beskuldigde 2 is
daar gearresteer en na Delft
Suid-Afrikaanse Polisie geneem. Hulle
het nie veel tyd op die toneel bestee nie aangesien die publiek om
hulle begin saamdrom het.
By die polisiestasie het die
getuie die wapen nagegaan. Dit was 'n Pietro Baretta 9mm pistool met
reeksnommer C45131Z. Daar was
11 lewendige 9mm rondtes in die wapen
sowel as een afgevuurde doppie in die loop. Hy het die wapen in
forensiese sak FSD602260
en die rondtes en doppies in forensiese sak
FSB891345 verseel. Elke forensiese sak het 'n unieke nommer en elke
vuurwapen het ook
'n unieke reeksnommer. Hy het die twee forensiese
sakke in die bewysstukregister SAP13 nommer 2336/2008 geregistreer.
Daar was
niemand in beskuldigde 1 se nabyheid wat horn kon probeer
beroof nie.
Die getuie is
nie deur mnr
Mihalik
gekruisverhoor
nie. Hy is wel aan langdurige kruisverhoor deur mnr
Swartz
onderwerp.
Mnr
Swartz
se
kruisverhoor was hoofsaaklik daarop gemik om aan te dui dat die wapen
wat op 28 November 2008 in beskuldigde 2 se besit gevind
is, nie
dieselfde is nie of nie moontlik dieselfde wapen is nie, as die wat
deur kaptein Adendorff ondersoek is nie. Sy ondervraging
was gebaseer
op die feit dat die reeksnommer van die vuurwapen in kolom 3 van die
SAP13-register, Bewysstuk G, verskil van die
soos deur die getuie in
sy getuienis gegee. Die getuie se getuienis in hoof was dat die wapen
se reeksnommer C45131Z was terwyl
die inskrywing in die
SAP13-register C451311Z, dit wil se met 'n ekstra 1 agterna is. Die
getuie verduidelik dat hy nie die tweede
1 op die reeksnommer
ingeskryf het nie en dat dit deur iemand anders gedoen moes gewees
het. Hy wys ook daarop dat dit wil voorkom
asof die tweede 1 tussen
die eerste 1 en die Z ingeforseer is.
Daarbenewens verwys die
inskrywing wat in die vuurwapenregister, Bewysstuk H, gemaak is ten
opsigte van hierdie vuurwapen ook na
reeksnommer C45131Z, met ander
woorde met slegs een 1 aan die einde. Hierdie inskrywing word gemaak
uit die SAP13, wanneer die
wapen deur die vuurwapenklerk van die
bewysstukkluis na die vuurwapenkluis oorgeplaas word. Dit kom vir die
Hof voor asof sy verduideliking
korrek is, dat dit bloot per ongeluk
gedoen is. Dit is veral belangrik om daarop te wys dat al die ander
inskrywings in beide die
SAP13-register asook die vuurwapenregister,
Bewysstuk H, wat na die saaknommer CAS857/1 1/2008 of inskrywing 2336
verwys, word
die reeksnommer deurgaans as C45131Z aangegee word. Daar
is ook gewag gemaak van die feit dat die besonderhede in kolom 4 van
die
vuurwapenregister nie versoen kan word met die in kolom 3 nie.
Dit blyk duidelik dat iemand foutiewelik die besonderhede van 'n

ander saak, ooglopend 'n verkragtingsaak, in kolom 4 aangeteken het
en dat dit nie hierdie getuie was wat dit gedoen het nie. Dit
is
duidelik nie sy handskrif nie, met ander woorde as die inskrywings in
kolomme 1 tot 4 teenoor inskrywing 2337 in plaas van 2336,
wat op die
vuurwapen in hierdie saak betrekking het, in besonderhede nagegaan
word, is dit duidelik dat iemand anders - en nie
hierdie getuie nie -
foutiewelik die besonderhede van inskrywing 2337 op Bewysstuk G in
kolom 4, inskrywing 113, dit is nou SAP1
3-inskrywing 2336 aangebring
het.
Hierdie aspek
is wyslik nie verder in betoog deur mnr
Vismer
geneem
nie.
Die getuienis van hierdie getuie
dat hy 'n Pietro Baretta 9mm pistool met reeksnommer C45131Z op 28
November 2008 te Delft in beskuldigde
2 se besit gevind het kom onder
die omstandighede as die waarheid voor.
Sy getuienis hieroor word ook
deur die van kaptein Adendorff versterk wanneer sy verduideliking in
watter verseelde forensiese sakke
sy welke items gevind het. Haar
getuienis hieroor stem ooreen met hierdie getuie se getuienis op
hierdie aspek.
Die getuie getuig wel dat
beskuldigde 2 op daardie dag aan horn gese het dat iemand horn wou
beroof. Die beskuldigde het nie handskoene
aangehad toe hy
gearresteer is nie. Die getuie ontken ook beskuldigde 2 se weergawe
van die gebeure op daardie dag soos deur mnr
Swartz aan horn gestel.
Hy was 'n goeie getuie. Hy het sy getuienis op 'n klam wyse afgele en
het homself nie weerspreek nie. Daar
is geen onwaarskynlikhede in sy
getuienis nie. Hy is selfs bereid om toe te gee dat beskuldigde aan
horn gese het dat iemand horn
wou beroof. Sy getuienis kan as die
waarheid aanvaar word.
Die volgende getuie, kaptein
Bernadette Adendorff, 'n hoogs gekwalifiseerde ballistiese
deskundige, getuig dat sy op 9 Desember
2008 twee verseelde
forensiese bewysstuksak, reeksnommers FSD602260 en FSD891345
onderskeidelik, waarin een 9mm Pietro Baretta
model 92SB
semi-outomatiese pistool met reeksnommer C45131Z, sowel as elf 9mm
afgevuurde doppies asook een 9mm afgevuurde doppie
was, ontvang het.
Op dieselfde dag het sy ook 'n
laboratorium leer, Delft CAS192/11/08 ontvang waarin twee 9mm
afgevuurde doppies en twee 9mm afgevuurde
koeelpunte was. Haar
ondersoek het aan die lig gebring dat al die bogenoemde doppies en
koeelpunte deur die semi-outomatiese pistool
Pietro Baretta model
92SB met reeksnommer C45131Z afgevuur is.
Daar moet ook daarop gewys word
dat die reeksnommers van die forensiese sakke sowel as die pistool
waarna sy verwys, dieselfde is
as die wat deur konstabel Knoop in sy
getuienis genoem is. Die getuie het ook in die hof gedemonstreer dat
dit nie moontlik is
om met 'n verseelde forensiese sak te peuter nie.
As dit eers verseel is, sal dit so bly. Wanneer iemand die seel
gebreek het,
kan dit ook nie weer geseel word nie.
Die twee forensiese sakke wat sy
ontvang het, was nie mee gepeuter nie. Die afleiding dat die
vuurwapen wat sy in forensiese sak
FSD602260 gevind het, die een was
wat konstabel Knoop daarin geplaas het, is dus onvermydelik. Soos
hierbo daarna verwys, verstrek
dit die getuienis van
Knoop. Sy is nie onder
kruisverhoor geneem nie.
Mnr
Theron
het hierna
die saak van die Staat gesluit en die saak is tot 6 Mei 2010
uitgestel.
Op 6 Mei 2010
het dit aan die lig gekom dat mnr
Swartz
by
beskuldigde 1 se borgaansoek namens horn verskyn het en nou by die
verhoor namens beskuldigde 2 verskyn. Hy moes dus om etiese
redes
onttrek. Op grond van besware deur beskuldigde 1 is mnr
Mihalik
ook toegelaat
om te onttrek. Die saak is gevolglik weer uitgestel om die rekord te
laat tik en die beskuldigdes die geleentheid
te gee om ander
regsverteenwoordigers te bekom. Dit het gevolg dat mnr
Thompson
en mnr
Vismer
die saak dan
oorneem.
Beskuldigde 1, Colin Percy
Stoffels, getuig dat hy op 5 November 2008 gedurende die aand by sy
bure besig was om na 20/20 krieket
te kyk, toe sy broer daar aankom
en horn meedeel dat daar 'n skietery by sy eks-meisie, Chantal, se
plek was. Chantal is die moeder
van sy kind Cameron. Daar is beweer
dat hy vir die skietery verantwoordelik was. Hy is toe na sy ouerhuis
waar hy sy vader by die
hek ontmoet het. Hy het sy vader meegedeel
dat hy niks met die skietery te doen gehad het nie.
Terwyl hulle voor hulle huis
staan, het die buurman gekom en aan hulle vertel wat gebeur het. Hy
is toe na binne waar hy sokker
op die TV in sy kamer gekyk het. Dit
is nou tussen Arsenal en hy dink dit is iets soos Bayren Munich.
Terwyl hy in sy kamer was,
kom twee polisiemanne daar aan. Hulle vra
horn of hy 'n meisie in Delft het. Hy het dit ontken, maar bygevoeg
dat die ma van sy
kind in Delft woon. Die polisie het sy
identiteitsdokument gevra. Hy het dit aan hulle gegee. Die polisie
het ook beslag gele op
sy klere wat hy op die dag aangehad het asook
sy selfoon. Hy is gearresteer en op Vrydag aangekla.
Op 20 Mei
2010 is kaptein Adendorff egter eers op versoek van mnr
Vismer
herroep. Sy
erken dat sy in paragraaf 3.3 van haar verslag, Bewysstuk J, genoem
het dat die doppie waarna sy in daardie paragraaf
verwys in die loop
van die pistool bly vassit het en nie uitgeskop het, soos wat dit in
'n semi-outomatiese vuurwapen behoort te
doen nie. Sy het die indruk
gevorm dat die rede daarvoor was dat die vuurwapen baie droog was. Sy
gee egter toe dat dit kan gebeur
dat die doppie nie uitgewerp word
nie as twee mense om besit van die wapen stoei en die een sy hand
sodanig op die wapen het dat
hy die uitskopmeganisme verhoed om
normaal te werk. In so 'n geval sal die persoon egter sy hand beseer
het. Die getuie se getuienis
in hierdie opsig is nie deur enige van
die partye betwis nie.
Beskuldigde 1
is hierna deur mnr
Theron
gekruisondervra.
hy dui aan dat mnr
Mihalik
tydens
konsultasie wel aan horn gese het dat die twee getuies, volgens die
verklarings van die dossier, sal se dat hy die aand van
die skietery
in Chantal-hulle se huis was. Hy het egter net vir mnr
Mihalik
gese dat hy
by sy eie huis was.
Gevra oor die
feit dat Chantal Sebo se dat hy in die huis was en binne-in sy gesig
gekyk het terwyl hulle om besit van die vuurwapen
gestoei het,
antwoord hy dat hy nie kan onthou wat die aand gebeur het nie. Hy kon
dalk gewees het, maar onthou dit nie. Hy het
wel aan mnr
Mihalik
gese wat
Chantal se verkeerd is. Toe hy deur mnr
Theron
daarop gewys
word dat mnr
Mihalik
in
kruisverhoor van Chantal dit aan haar gestel het dat hy (beskuldigde
1) nie mooi kan onthou wat daardie aand gebeur het nie,
antwoord hy
dat dit korrek is, hy kan nie mooi onthou wat die dag gebeur het nie
en dat dit moontlik is dat hy wel by hulle huis
was.
Hy se verder dat hy nie met
Molly en Chantal kan stry nie as hulle se dat hy daar by hulle huis
was nie. Hy hou egter vol dat hy
agtuur die aand van Christopher weg
is en toe huis toe is waar hy TV gekyk het tot die polisie by sy huis
aangekom het. Terloops,
hierdie getuienis van horn stem nie ooreen
met sy getuienis in hoof nie waar hy verklaar het dat hy eers krieket
by die bure gekyk
het en toe eers huis toe is waar hy gekyk het hoe
Arsenal sokker teen 'n ander span speel.
Hy hou vol dat hy wel die aand
by beskuldigde 2, Christopher, was al het beskuldigde 2 dit in die
borgaansoek ontken. Hy kan nie
se dat Molly en Chantal Meg nie. Hy
kan nie hulle woorde verdraai nie.
Op vrae deur die Hof se hy dat
hy gehoor het dat daar 'n skietery by Chantal se huis was. Alhoewel
sy seun Cameron daar woon, het
hy nie gegaan om uit te vind wat
gebeur het nie want hy is aan die begin van 2008 deur hulle daarvan
beskuldig dat hy Chantal met
'n vuurwapen gedreig het. Sy oom bly in
dieselfde straat as Chantal en hy het horn gevra om te gaan uitvind.
Die geloofwaardigheid en
aanvaarbaarheid van hierdie getuie sal oorweeg word nadat sy getuie
se getuienis ook oorweeg is.
Mnr
Thompson
het Niel
Hansen as getuie namens beskuldigde 1 geroep. Hy getuig dat hy
beskuldigde 1 se buurman is. Hy kan die voorval op 5 November
2008
onthou want dit was toe die beskuldigde gearresteer is. Die twee van
hulle het 'n gedeelte van die aand saam by sy, die getuie,
se huis
deurgebring. Hulle het 20/20 krieket gekyk na 'n wedstryd tussen
Suid-Afrika en Pakistan. Hulle het ook nog oor die vorige
aand se
sokkerwedstryd toe Arsenal so swak gespeel het, gesels.
In der waarheid het die getuie
vir beskuldigde 1, 'n Arsenal ondersteuner, daaroor gespot. Later het
beskuldigde 1 se broer horn
kom roep. Hulle is na buite waar
beskuldigde se oom horn per telefoon meegedeel het dat daar
moeilikheid by Chantal se huis was.
Een van beskuldigde 1 se broers
het nog gese hy, die beskuldigde, sal maar daarheen moet gaan maar
beskuldigde 1 het geantwoord
dat dit nie hy was nie en dat hy nie sal
gaan nie want hy word altyd vir alles geblameer.
'n Tydjie
daarna het 'n vangwa by beskuldigde se huis verbygery, dit was toe
reeds na tienuur die aand. Daarna het vier of vyf vangwaens
op die
huis toegesak. Die polisie is in die huis in, want beskuldigde 1 was
reeds binne. Later het 'n polisievrou met 'n bondel
klere uit die
huis uitgekom. Die polisie het ook buite die huis met 'n polisiehond
gesoek. Mnr
Vismer
het nie die
getuie gekruisverhoor nie.
In
kruisverhoor deur mnr
Theron
,
erken die getuie dat hy nie kan onthou wat op 11 November 2008 gebeur
het nie, maar wys daarop dat hy kan onthou wat op die betrokke
aand
gebeur het en dit was die aand waar sy vriend en buurman gearresteer
is. Hy het wel by die eerste borgaansoek getuig, dit
is in November
2008.
Die getuie se ma het die huis om
tienuur die aand gesluit. Sy ouers, sy twee broers, hy self en
beskuldigde 1 was toe in die huis.
Hy en beskuldigde 1 het nog
krieket gekyk. Sowat tien minute later kom klop beskuldigde 1 se
broer aan die deur en deel hulle mee
dat mense by Chantal se huis
geskiet is. Beskuldigde 1 se dat hy dan nog die hele dag daar is.
Arsenal het nie die aand sokker
gespeel nie, maar die vorige aand.
Chelsea sou later daardie aand speel.
Op vrae deur die Hof deel die
getuie mee dat toe hulle vir die polisie probeer vertel dat
beskuldigde 1 by hulle was toe die skietery
plaasgevind het, het die
polisie gese dat hulle liewers moes stilbly.
Alhoewel beskuldigde 1 se
verweer op die aanklagte teen horn met die eerste oogopslag as goed
voorkom, is daar tog sekere gebreke
wat ernstige twyfel laat ontstaan
oor sy geloofwaardigheid. Dit is veral sy reaksie toe hy hoor dat
daar 'n skietery by sy seun
en die seun se ma en ouma plaasgevind
het. In plaas daarvan dat hy horn haas om vas te stel wat gebeur het,
was sy onmiddellike
reaksie volgens sy eie getuienis, dat dit nie hy
was nie en dat hy nie navraag gaan doen nie omdat hy altyd deur hulle
geblameer
word. Hy verwys dan na die voorval aan die begin van 2008
waar daar gese is dat hy Chantal met 'n vuurwapen gedreig het.
Daardie
voorval het nooit in die hof voorgekom nie, omdat Chantal dit
teruggetrek het.
Sy hele optrede nadat hy die
nuus gehoor het, is kontra die van 'n onskuldige bekommerde ouer. Die
feit dat hy en sy getuie dit
so hard as moontlik probeer wegsteek
het, dat dit die aand van Guy Fawkes was en dat daar dus klappers
geskiet is wat die klank
van skote kon verberg het, laat ook twyfel
met betrekking tot sy getuienis ontstaan.
Die getuie gee darem later toe
dat daar dalk elders klappers geskiet kon gewees het, maar nie daar
by hulle nie.
Alhoewel sy getuie sy verweer
met die eerste oogopslag probeer staaf, val dit tog op dat hulle
mekaar op sekere belangrike aspekte
weerspreek. Die beskuldigde
getuig onder andere dat hy die aand, nadat hy krieket by sy getuie
gekyk het, na sy huis is waar hy
na 'n sokkerwedstryd tussen Arsenal
en 'n ander span gekyk het. Sy getuienis is egter baie seker dat
Arsenal die vorige aand reeds
gespeel het en dat hy, die getuie, nog
vir beskuldigde 1 oor Arsenal se swak spel gespot het op die aand van
die voorval.
Beskuldigde se getuie vertel in
detail oor 'n groot aantal polisiebeamptes met vier of vyf vangwaens
daar opgedaag het en die huis
en tuin met 'n hond deursoek het vir 'n
vuurwapen. Beskuldigde self maak geen melding daarvan nie, volgens
horn het die polisie
slegs horn om sy identiteitsboekie en die klere
wat hy vroeer gedra het, gevra. Dit is ook veelseggend dat hy,
alhoewel toe ten
voile geklee, nie meer die klere aangehad het wat hy
vroeer gedra het en dat sy broer vir een of ander onverklaarbare rede
sy sweetpakbroek
aangehad het. Die belangrikste probleem wat die Hof
met die getuienis het, is die feit dat hy nie bereid is om Molly en
Chantal
te weerspreek nie, maar net se dat dit moontlik is dat hy die
aand by hulle huis was maar dit nie kan onthou nie.
Daar kan geen twyfel bestaan dat
beskuldigde 1 selfs op sy eie weergawe wel die aand van die skietery
by Molly Sebo se huis was
nie. Die feit dat hy met 'n onderhoudsbevel
vir Cassidy gedreig is terwyl hy vaderskap van die kind ontken het en
dat Cassidy een
van die persone is wat geskiet is, lewer 'n
verduideliking waarom beskuldigde 1 op die betrokke aand na Molly
Sebo se huis is en
daar op die inwoners geskiet het.
Die Hof is bo enige redelike
twyfel tevrede dat beskuldigde 1 se verweer opgemaak is en aldus vals
is. Dit was die saak vir beskuldigde
1.
Beskuldigde 2, Christopher
Stuurman, het in sy eie verdediging getuig. Hy verklaar dat hy op 28
November 2008 te voet en nie per
fiets nie na 'n winkel gegaan het en
lugtyd vir sy selfoon gekoop het. Terwyl hy die nuwe lugtyd op sy
foon in pons, kom 'n persoon
van agter af op horn af en eis sy
selfoon. Die persoon was met 'n vuurwapen gewapen. Hy laat sy foon
val, gryp toe na die wapen
en die twee van hulle stoei om besit
daarvan. 'n Skoot het afgegaan en hy het besit van die wapen bekom.
Die persoon het daarop
weggehardloop. Hy besluit toe om die wapen by die polisie te gaan
inhandig en steek die wapen voor by sy
broek in. Nadat hy sy foon
opgetel het en net so wat twee huise verder geloop het, stop 'n
ongemerkte voertuig langs horn en 'n
persoon, wat homself as 'n
polisieman identifiseer, beveel horn om op sy maag te gaan le.
Konstabel Knoop het die wapen
aan horn gekry en gese hy word aangekla van die besit van 'n
ongelisensieerde vuurwapen en die afvuur
daarvan binne 'n munisipale
gebied. Hy weet niks van die voorval by Molly Sebo se huis op 5
November 2008 nie. Beskuldigde 1 was
wel die aand by horn aan huis
maar is voor nege-uur die aand daar weg. Hy het beskuldigde 1 tot by
die eerste sirkel van sy huis
af vergesel. Dit is sowat 30 minute se
loop vanaf Molly se huis.
Die
beskuldigde is nie deur mnr
Thompson
gekruisverhoor
nie.
Tydens
kruisverhoor deur mnr
Theron
,
bevestig hy dat hy en beskuldigde 1 goeie vriende is. Hy aanvaar ook
dat die skote wat in Molly se huis op 5 November 2008 afgevuur
is
deur dieselfde wapen wat deur konstabel Knoop in sy besit gevind is
afgevuur is. Hy besef ook dat beskuldigde 1 gese het dat
hy nie juis
met Molly en Chantal se getuienis kan stry nie.
Nadat hy besit van die vuurwapen
bekom het, het hy dit onder sy klere weggesteek sodat niemand dit kan
sien nie. Die wapen was reeds
weggesteek toe die polisie horn stop.
Hy het heel normaal geloop nadat hy die wapen onder sy klere
weggesteek het. Hy is van mening
dat hulle horn gestop het weens die
skoot wat afgegaan het.
Hy ontken konstabel Knoop se
getuienis. Hy kan nie verduidelik waarom Knoop sou se dat hy op 'n
fiets gery het nie. Hy weet nie
hoekom hy gearresteer is as die
polisie nie gesien het wie skiet nie. Terwyl hy plat op die grond
gele het, soos beveel, het Knoop
die wapen voor by sy maag uitgehaal.
Hy is gearresteer en in die kattebak van die polisievoertuig na die
polisiestasie geneem.
Mohamed Ely
getuig namens beskuldigde 2. Hy het wel in die hof gesit terwyl
beskuldigde 1 getuig het. Hy smous met vrugte en groente
net oorkant
die winkel waar beskuldigde 2 sy lugtyd op 28 November 2008 gekoop
het. Hy ken nie beskuldigde 2 nie. Hy het egter
'n advertensie,
Bewysstuk K, gekry. Dit was so 'n maand voor die dag waarop hy kom
getuig het. Die advertensie is daar by die winkel
uitgedeel. Hy het
op die advertensie geantwoord. Dit het mense wat gesien het hoedat 'n
persoon wat 28 November 2008 op die hoek
van Mokesistraat en
Leydenhoofweg vir die besit van 'n vuurwapen gearresteer word,
versoek om 'n sekere telefoonnommer te bel.
Hy kan onthou dat hy op
daardie dag besig was om oorkant die straat van die winkel te smous,
toe 'n man iets by die winkel koop.
'n Swartman het na die man gekom
en 'n vuurwapen op horn gerig. Die twee het toe oor die wapen gestoei
en 'n skoot het afgegaan.
Die swartman het weggehardloop en die ander
een het in die rigting van die polisiestasie gestap. Die SA Polisie
daag toe in 'n
gemerkte motor op, vier of vyf polisiemanne arresteer
toe die een met die wapen en druk horn in die kar se kattebak. Hy het
nie
kinders gesien wat daar van die toneel weggehardloop het nie. Hy
het ook nie 'n fiets opgemerk nie. Dit was kwart voor een in die

middag en hy was besig om reg te maak om moskee toe te gaan. Die
getuie is nie deur mnr
Thompson
gekruisverhoor
nie.
In
kruisverhoor deur mnr
Theron
verklaar hy
dat dit sowat 'n maand gelede was toe hy die advertensie by die
winkel ontvang het, alhoewel die een wat die advertensie
uitgedeel
het dit reeds verlede jaar dit ook gedoen het. Toe hy 'n maand gelede
die advertensie ontvang, kon hy nog onthou wat
op 28 November 2008
gebeur het. Hy kon ook nog onthou watter klere beskuldigde 2 op
daardie dag aangehad het. Hy kon onthou dat
die polisie in privaat
klere was maar kan nie se wat hulle aangehad het nie. Hy kan ook nie
se wat hy 'n week voor - dit is nou
die week voor hy getuig het -
aangehad het nie alhoewel hy elke dag dieselfde klere dra.
Nadat hy die advertensie gekry
het, het hy met die vrou van die winkel daaroor gesels oor wat gebeur
het. Hulle het ooreengekom
oor wat die betrokke dag daar gebeur het.
Hy het nooit vir die polisie gaan vertel wat hy gesien het nie.
Om die geloofwaardigheid van
hierdie twee getuies te toets, moet daar ook op die getuienis van
konstabel Knoop gelet word. Die konstabel
is aan langdurige en
intensiewe kruisverhoor onderwerp, maar het die hele tyd by sy
weergawe gehou en 'n goeie indruk op die Hof
gemaak. Sy getuienis
lewer 'n logiese weergawe vir beskuldigde 2 se arrestasie.
Beskuldigde 2 en sy getuie kom
met die storie vorendag dat daar advertensies by die winkel uitgedeel
is en dat die getuie dit na
18 maande gekry het en toe nog die
gebeure op daardie spesifieke dag in detail kan onthou. Sy getuie kan
selfs onthou wat se klere
hyself en beskuldigde 2 daardie dag
aangehad het.
Op vrae deur die Hof gee hy voor
dat hy na sowat 18 maande selfs nog kan onthou watter groente en
vrugte hy daardie dag verkoop
het en hoeveel geld hy gemaak het.
Hierdie detail kan hy onthou ten opsigte van 'n persoon wie hy nie
eens ken nie. Volgens hulle
sou daar geen rede vir die polisie wees
om beskuldigde 2 te stop en horn te arresteer nie, want die indruk
wat hulle in hulle getuienis
geskep het, is dat die roofpoging reeds
verby was toe die polisie daar opdaag. Vir een of ander rede, beweer
Knoop, dat beskuldigde
2 op 'n fiets gery het terwyl dit die Staat se
saak glad nie sal bevoordeel nie. Die getuie beweer dat vier tot vyf
polisiemanne
was wat die beskuldigde in die Opel Corsa se kattebak
gedruk het, terwyl Knoop net van horn en Beneke melding gemaak het.
Hierdie
verskil is nooit deur mnr Swartz aan Knoop gestel nie.
Benewens die bostaande kritiek
teen beskuldigde 2 se verweer, moet die onwaarskynlikheid dat hy die
vuurwapen by 'n frisgeboude
man sal kan afneem, terwyl 'n skoot
afgaan maar hy nie beseer word nie, ook in aanmerking geneem word.
Beskuldigde 2
en sy getuie verwag ook nog verder van die Hof om te bevind dat dit
redelik moontlik waar kan wees dat sowat drie
weke na die skietery op
Molly Sebo se huis, 'n wildvreemde man poog om met dieselfde wapen as
die wat deur die moorde deur sy vriend
beskuldigde 1 gepleeg is,
horn, die getuie, te beroof. Dit neem die toeval te ver om waar te
wees. In
S
v Chabalala
2003
SASV (HHA) p 134, para [15] het Heher JA die beginsels waarvolgens
die getuienis namens die Staat en die van die beskuldigde
geevalueer
moet word soos volg uiteengesit:
"The trial court's approach
to the case was, however, holistic and this it was undoubtedly right.
S v Van Aswegen 2001(2) SACR
79 (SCA). The correct approach is to
weigh up all the elements which points towards the guilt of the
accused against all those
which are indicative of his innocence,
taking proper account of (indistinct) and weaknesses, probabilities
and improbabilities
on both sides. Having done so, to decide whether
the balance weighs so heavily in favour of the State as to exclude
any reasonable
doubt about the accused guilt."
Die verweer wat beskuldigde 2
aan die Hof voorhou is ooglopend 'n opgemaakte storie en dit moet as
vals verwerp word. Die Hof is
met ander woorde bo redelike twyfel
tevrede dat hierdie verweer op 'n latere stadium deur beskuldigde 2
en sy getuie opgemaak is
en dus vals is. Daar is egter geen getuienis
voor die Hof wat beskuldigde 2 op enige wyse by die voorval by Molly
Sebo se huis
op 5 November 2008 betrek nie.
In ag genome die getuienis soos
hierbo uiteengesit, is dit onvermydelik dat die Hof moet bevind dat
die Staat daarin geslaag het
om bo redelike twyfel te bewys dat
beskuldigde 1 op die aand van 5 November 2008 gewapen met 'n
semi-outomatiese pistool na die
huis van Molly Sebo is met die
direkte opset om van die persone daar dood te skiet. Hy het daar toe
eers vir Selvin Sebo trompop
in die kop geskiet en later ook vir
Cassidy, die sewe maande oue baba in die bors terwyl sy op 'n bed
gele het. Hy het verder ook
vir Mollie deur haar wang geskiet terwyl
sy probeer het om van horn af weg te hardloop.
Die getuienis met betrekking tot
die beserings wat na bewering deur Chantal en Cameron opgedoen is, is
egter van so 'n aard dat
die Hof nie 'n bevinding kan maak dat hulle
deur skote wat deur beskuldigde 1 afgevuur is, beseer is nie.
Die Hof is
ook van mening dat mnr
Vismer
se argument
dat weerlig wel twee maal op dieselfde plek slaan en beskuldigde se
weergawe derhalwe redelik moontlik waar moet wees
verregaande is. Die
getuienis dat beskuldigde 2 in besit van die wapen en ammunisie was,
is in elk geval oorweldigend.
Die Staat het tereg slegs om
skuldigbevindings soos volg gevra: Ten opsigte van beskuldigde 1 op
aanklag 1, 2, 4, 6 en 7 en ten
opsigte van beskuldigde 2 op aanklagte
6 en 7. Die Hof is gevolglik te vrede dat die Staat daarin geslaag
het om bo redelike twyfel
te bewys dat beskuldigde 1 skuldig is op
aanklag 1, die moord van Selvin Sebo; aanklag 2, die moord op Cassidy
Sebo; aanklag 4,
poging tot moord op Molly Sebo; aanklag 6, besit van
'n ongelisensieerde semi-outomatiese vuurwapen en aanklag 7, besit
van ammunisie
terwyl beskuldigde nie in wettige besit van 'n
vuurwapen waaruit die ammunisie afgevuur kan word was nie.
Die Hof is nie tevrede dat die
Staat bewys het dat beskuldigde 1 op enige wyse die misdade van
dwarsboming of belemmering van die
gereg of meineed gepleeg het nie.
Uit wat hierbo gese is, is dit
duidelik dat die Hof nie in beskuldigde 2 op enige van klagte 1 tot 5
skuldig kan bevind nie. Die
Staat het wel bo redelike twyfel bewys
dat hy die vuurwapen in aanklag 6 en ammunisie waarna in aanklag 7
verwys word, op 28 November
2008 in sy besit gehad het sonder dat hy
'n lisensie gehad het om hierdie wapen te besit.
Bygevolg word
beskuldigde 1
SKULDIG
bevind op
aanklagte 1, 2, 4, 6 en 7 en
ONSKULDIG
op aanklagte
3, 5, 8 en 9. Beskuldigde 2 word
SKULDIG
bevind op
aanklagte 6 en 7 en
ONSKULDIG
op aanklagte
1, 2, 3, 4, 5, 8 en 9.
Dit is die eenparige besluit van
die Hof.
DESAI,
R