Le Roux NO and Anders v Burger and Anders (21020/2008) [2010] ZAWCHC 127 (10 June 2010)

54 Reportability
Land and Property Law

Brief Summary

Property Law — Servitudes — Interpretation of servitude agreement — Dispute regarding water rights from servitude dam — Applicants, as trustees of Erfdeel Boerdery Trust, sought a declaration on the correct interpretation of a servitude agreement allowing for shared water usage from a dam on Koedoesvlei — Respondents contended that the servitude only entitled the Applicants to water physically present in the dam, not from the natural catchment area — Court held that the interpretation of the servitude must consider the common intention of the parties and the surrounding circumstances, affirming the Applicants' right to a share of all water flowing into the servitude dam from the natural catchment area when certain conditions were met.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 127
|

|

Le Roux NO and Anders v Burger and Anders (21020/2008) [2010] ZAWCHC 127 (10 June 2010)

RAPPORTEERBAAR
IN
DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF,
KAAPSTAD)
Saaknr:
21020/2008
In die aansoek van:
J.P.
LE ROUX N.O.
Eerste
Applikant
R.B.
ALLEN N.O.
Tweede
Applikant
C.A.
HEKTOR N.O.
Derde Applikant
G.M.
COOKE N.O.
Vierde
Applikant
(In hul hoedanighede as
trustees van die
Erfdeel Boerdery Trust)
en
S.W. BURGER
(SNR)
Eerste
Respondent
W.L.
BURGER
Tweede
Respondent
S.W. BURGER
(JNR)
Derde
Respondent
DIE MINISTER VAN
WATERWESE & BOSBOU
Vierde
Respondent
UITSPRAAK GELEWER OP
10 JUNIE 2010
[1] Gedurende 1965 het
twee broers, Schalk Willem Burger en Wynand Louw Burger, wat op
daardie stadium saam as mede-eienaars geboer
het op die onverdeelde
plaaseiendom Koedoesvlei, welke eiendom vandag die twee afsonderlike
plase Erfdeel en Koedoesvlei is,
besluit om die plaas en die bates
van die boerdery-onderneming tussen hulle te verdeel. Vanaf 1966 is
(die huidige) Koedoesvlei
en Erfdeel derhalwe afsonderlik deur hulle
elk vir eie rekening geboer.
[2] Die registrasie van
die verdelingstransporte net op 18 Maart 1969 geskied. Kragtens
Aktes van Verdelingstransport 6608/1969
en 6610/1969 het Schalk
Willem Burger toe op daardie datum afsonderlik en in eie naam die
geregistreerde eienaar van Erfdeel
geword, terwyl Wynand Louw Burger
op dieselfde datum kragtens Akte van Verdelingstransport 6608/1969
afsonderlik en in eie naam
die geregistreerde eienaar van die
huidige Koedoesvlei geword het.
[3] Op die stadium van
die verdeling was daar 5 damme van wisselende grootte op die grond.
Hierdie damme word op Aanhangsel "D"
tot die aansoekstukke
ge'identifiseer as
"Dam
1", "Dam
2",
"Dam
3", "Serwituutdam Z ("Serwituutdam")
en
"Eerste
dam".
Na
die verdeling was die laasgenoemde dam op Erfdeel gelee en die
Serwituutdam en die ander 3 damme op Koedoesvlei. Dam 1, Dam
2, Dam
3 en die Serwituutdam was destyds en is steeds almal in dieselfde
natuurlike opvanggebied gelee met Dam 1 die hoogste,
dan Dam 2 net
onder Dam 1, dan Dam 3 'n ent onder Dam 2 en met die Serwituutdam
die laagste van die vier damme.
[4] Saam met die
verdeling van die grand het die broers ook 'n serwituutooreenkoms
met mekaar gesluit ingevolge waarvan Erfdeel
as heersende eiendom
geregtig is op 'n serwituut oor Koedoesvlei as dienende eiendom.
Hoewel die bewoording van die skriftelike
serwituutbepaling nie
identies beskryf is in die onderskeie verdelingstransportaktes en
transportaktes nie, stem dit tot 'n groot
mate ooreen. In
Koedoesvlei se transportakte lui die bepaling as volg:
"(i) die
gesamentlike gebruik van die dam aangedui deur die blou figuur
gemerk
Z
[die Serwituutdam] op
Vervangingskaart
Nr. 3422/66 wat aan Transportakte Nr. 12523 gedateer 11 Desember
1936 geheg is, tesame met die gesamentlike gebruik
van alle water
daarin van tyd tot tyd wat tussen die eienaars van die heersende
eiendomme en hulle opvolgers (hierna die heersende
eienaars genoem)
- aan die een kant -en die eienaars van die dienende eiendomme en
hulle opvolgers (hierna die dienende eienaars
genoem) - aan die
ander kant - gelykop verdeel moet word; en
(ii) die gesamentlike
gebruik van die pyplyn gelee in die gebied 3,15 meter wyd aangedui
deur die blou lyn gemerk ab op gesegde
Vervangingskaart Nr. 3422/66;
die onderhoud van
welke dam en pyplyn die gesamentlike aanspreeklikheid is van die
heersende eienaars en die dienende eienaars;
beide die heersende
eienaars en die dienende eienaars het die reg om te eis dat 'n
watermeter op die eiendom in Paragraaf 2 van
hierdie Akte beskryf,
aangebring word op die gesamentlike pyplyn voormeld by die punt
gemerk b op gesegde Vervangingskaart Nr
3422/66 om die gelyke
verdeling van die water in gesegde dam te verseker, welke watermeter
op gesamentlike koste van die heersende
en dienende eienaars
aangebring en onderhou moet word."
[5] Die geskilpunt in
hierdie aansoek is die korrekte uitleg van hierdie serwituut.
[6] Die Applikante, in
hulle hoedanighede as die trustees van die Erfdeel Boerdery Trust,
is die huidige geregistreerde eienaars
van die plaas Erfdeel (sedert
1997), terwyl die Eerste Respondent (die seun van die voormelde
Wynand Louw Burger) die huidige
geregistreerde eienaar van die plaas
Koedoesvlei is. Tweede en Derde Respondente is die seuns van die
Eerste Respondent en boer
tans saam op die plaas Koedoesvlei. Die
Vierde Respondent is die Minister van Waterwese en Bosbou, teen wie
geen regshulp in
die aansoek geeis word nie, en wat hom berus by die
beslissing van hierdie Hof.
[7] Die wese van die
onderhawige aansoek is vervat in paragrawe 1, 2 en 3 van die
Kennisgewing van Mosie, ingevolge waarvan die
Applikante aansoek
doen om 'n bevel:
"1. Wat
verklaar dat die regtens korrekte betekenis van die woorde soos
gebruik in Voorwaardes (c)(i) op bladsy 3 en
bladsy 6 van die
Applikante se Titelakte Nr. T30716/1997 en voorwaardes B op bladsy 4
tot bladsy 6 van die Eerste Respondent
se Titelakte, Nr. T23940/1986
as volg is:
1.1 dat dit nie slegs
slaan op 'n verdeling van water wat toevallig fisies in die dam
2
(soos
aangedui op Aanhangsel "D" by die funderende
eedsverklaring aangeheg), teenwoordig is nie;
1.2. dat dit ook
slaan op 'n verdeling van alle water in die natuurlike opvanggebied
van dam Z wat ten tye van die verdeling in
1969 van die grond wat
tans aan die partye behoort na dam Z afgevloei het, wanneer damme 1,
2 en 3 (soos aangedui op Aanhangsel
"D" by die funderende
eedsverklaring aangeheg), vol was of geen water na damme,
1,2
en 3 uitgekeer is nie.
2. Wat verklaar dat
Respondente gevolglik geen water in damme 4 of 5 (soos aangedui op
Aanhangsel "D" tot die funderende
eedsverklaring), of
enige verdere damme wat hulle in die toekoms mag bou, vanuit die
natuurlike opvanggebied van dam Z mag keer
so lank as wat dam Z nie
vol is nie.
3. Wat verklaar dat
wanneer damme 1, 2,
3enZ
wel vol is, en Respondente water na damme 4 en 5 of enige ander
verdere damme wat hulle in die toekoms mag bou wil uitkeer vanuit

dam Z se natuurlike opvanggebied hulle nie meer as die helfte van
die opvanggebied se water mag uitkeer nie en moet toesien dat
die
balans van die water steeds na dam Z afvloei."
[8] Die damme waarna as
Damme 4 en 5 in die Kennisgewing van Mosie verwys is, is op
Koedoesvlei gebou nadat die plaaseiendom soos
voormeld in die
sestigerjare deur die broers Schalk Burger en Wynand Burger
onderverdeel is. Daar is 'n dispuut op die aansoekstukke
tussen die
partye oor wanneer Dam 4 gebou is, maar tydens die aanhoor van die
aansoek is dit namens die Applikante toegegee dat
dit vir huidige
doeleindes aanvaar moet word dat dit gedurende 1976 geskied het.
Erfdeel is gedurende 1977 deur sy eienaar Schalk
Willem Burger
verkoop aan Michiel Kitshoff. Dam 5 is gedurende 1984 gebou. Uit
onder andere Aanhangsel "SB1" tot die
eerste drie
Respondente se antwoordende beedigde verklaring is dit duidelik dat
Dam 4 min of meer tussen Damme 2 en 3 gebou is
(hoewel nie in 'n
reguit lyn tussen die twee damme nie) terwyl Dam 5 min of meer bo
links van die Serwituutdam gebou is maar
laer as Dam 3 en onder
links daarvan.
[9] Dit is die
Applikante se saak dat op 'n behoorlik interpretasie van die
bogemelde geregistreerde serwituut, met inagneming
van die
agtergrondsfeite, die Respondente in stryd met die serwituut en dus
in stryd met die Applikante se regte optree indien
hulle water na
Dam 4 en/of Dam 5 uitkeer terwyl die Serwituutdam nie vol is nie.
Dit is verder die Applikante se saak dat, selfs
al is die
Serwituutdam vol, die Respondente op 'n behoorlike uitleg van die
gemelde serwituut nie geregtig is om meer as die
helfte van die
opvanggebied se water na Dam 4 en/of Dam 5 uit te keer wanneer Damme
1, 2 en 3 vol is nie en dat hulle slegs die
helfte mag uitkeer
terwyl die balans steeds moet afloop in die rigting van die
Serwituutdam en vanuit die Serwituutdam na Erfdeel.
[10] In wese kom die
Applikante se interpretasie van die serwituut daarop neer dat die
Applikante nie slegs geregtig is op die
helfte van die water in die
Serwituutdam van tyd tot tyd nie, maar op die helfte van alle water
in die natuurlike opvanggebied
van die Serwituutdam wat ten tye van
die verdeling van die grond in 1969 na die Serwituutdam afgevloei
het wanneer Damme 1, 2
en 3 vol was of geen water na Damme 1, 2 en 3
uitgekeer is nie.
[11] Die Respondente
ontken die Applikante se aansprake en voer aan dat die bewoording
van die serwituutooreenkoms, waarin die
ooreenkoms in verband met
waterverdeling vervat is, duidelik en ondubbelsinnig is. Daarvolgens
word slegs die water in die Serwituutdam
van tyd tot tyd, gelykop
tussen die plase verdeel, en was daar geen ooreenkoms oor 'n
verdeling van dam opgaarkapasiteit of enige
ander vorm daarvan nie
(soos byvoorbeeld dat die water in die Serwituutdam se opvanggebied
ook verdeel is), of dat die Serwituutdam
eerste volgemaak moet word
voordat Koedoesvlei enige van sy water self mag aanwend nie.
[12] Behalwe vir die
aanvullende beginsel dat serwitute beperkend uitgele moet word in
gevalle waar daar as gevolg van dubbelsinnigheid
twyfel oor die
korrekte uitleg daarvan bestaan, waarna hieronder teruggekeer sal
word, is die gewone nou reeds geykte reels en
beginsels wat op die
uitleg van kontrakte van toepassing is, ook vantoepassing op die
uitleg van serwitute wat soos in die onderhawige
geval by wyse van
ooreenkoms tot stand gekom het.
1
[13] Dit is die goue
reel wanneer ooreenkomste uitgele word dat, ten einde die
gemeenskaplike bedoeling van die partye tot 'n
ooreenkoms te bepaal,
daar aan die woorde wat gebruik is hulle gewone grammatikale
betekenis gegee moet word tensy dit een of
ander absurditeit, of 'n
teenstrydigheid met die res van die ooreenkoms, tot gevolg sou he.
2
[14]
Nadat die letterlike betekenis van die betrokke woord of frase op
hierdie wyse bepaal is, moet, breed gesproke, aan die volgende

oorweging geskenk word:
"(1) to the
context in which the word or phrase is used with its interrelation
to the contract as a whole, including the
nature and purpose of the
contract
(2) to the background
circumstances which explain the genesis and purpose of the contract,
i.e. to matters probably present to
the minds of the parties when
they contracted
(3) to apply
extrinsic evidence regarding the surrounding circumstances when the
language of the document is on the face of it
ambiguous, by
considering previous negotiations and correspondence between the
parties, subsequent conduct ofthe parties showing
the sense in which
they acted on the document, save direct evidence of their own
intentions."
3
[15] In
Enqelbrecht
& Another NNO v Senwes Ltd
4
is dit as volg herbevestig dat getuienis aangaande agtergrondsfeite
altyd toelaatbaar is by die uitleg van ooreenkomste, maar
dat
getuienis met betrekking tot omringende omstandighede slegs
toelaatbaar is wanneer die gewone grammatikale betekenis van
woorde
in 'n ooreenkoms dubbelsinnig is, en daarom vatbaar is vir meer as
een betekenis:
"The intention
of the parties is ascertained from the language used read in its
contextual setting and in the light of the
admissible evidence.
There are three classes of admissible evidence. Evidence of
background facts is always admissible. These
facts, matters probably
present in the minds of the parties when they contracted, are part
of the context and explain the 'genesis
of the transaction' or its
'factual matrix'. Its aim is to put the Court 'in the armchair of
the author(s)' of the document.
Evidence of 'surrounding
circumstances' is admissible only if a contextual interpretation
fails to clear up an ambiguity or uncertainty.
Evidence of what
passed betweenthe parties during the negotiations that preceded the
conclusion of the agreement is admissible
only in the case where
evidence of the surrounding circumstances does not provide
'sufficient certainty'."
5
[16] Wat is die
getuienis wat hier toelaatbaar is as agtergrondsfeite wat die
serwituutooreenkoms in konteks plaas en kan help
om sy feitematrys
en doel te bepaal? Benewens die feite waarna reeds in hierdie
uitspraak verwys is, is dit in hierdie verband
ook nodig om te kyk
na die verdere
"agtergrondsfeite"
waarop
die Applikante in die funderende eedsverklaring van die Eerste
Applikant steun:
Dat Schalk Willem
Burger en Wynand Louw Burger ooreengekom het om hulle
gemeenskaplike plaaseiendom Koedoesvlei in min of meer
gelyke dele
te verdeel. Dit is nie in geskil nie.
Dat hulle ook
ooreengekom het om hulle gemeenskaplike eiendom se water en
damopgaarkapasiteit te verdeel, en dat die verdeling
waarop
ooreengekom is ten opsigte van die opvanggebied waarin Damme 1, 2
en 3 en die Serwituutdam gelee was, was dat Erfdeel
ook 'n
serwituutreg verkry het ten opsigte van die helfte van die water
wat in die Serwituutdam opgegaar kon word. Hierdie
aspekte is
natuurlik in geskil. Ek stem saam met die betoog namens die
Respondente in hierdie verband dat daar geen toelaatbare
getuienis
is wat hierdie bewerings aangaande die aard en omvang van die
ooreenkoms ondersteun nie en dat dit klaarblyklik gebaseer
is op
die Eerste Applikant se eie interpretasie van die ooreenkoms.
[17] Ek dink egter dat,
vir die redes wat later volg, dit ook 'n belangrike agtergrondsfeit
is dat, op die stadium toe die serwituutooreenkoms
tussen Schalk
Willem Burger en Wynand Louw Burger gesluit is, hulle reeds 'n ruk
lank op die plaaseiendom geboer het, en dat
daar derhalwe aanvaar
kan word dat hulle waarskynlik ten tye van die aangaan van die
ooreenkoms terdee bewus sou gewees het van
die aard en omvang van
die beskikbare water op die plaaseiendom. Dit is baie duidelik uit
die beedigde verklarings dat daar op
daardie stadium meer as genoeg
water vir Erfdeel beskikbaar sou wees uit die helfte van die water
in die Serwituutdam van tyd
tot tyd. In hierdie verband het die
Eerste Applikant byvoorbeeld as volg verklaar in sy repliserende
beedigde verklaring:
"Die enigste
wyse waarop SW en sy pa
[die
"pa" waarna verwys word, is Schalk Willem Burger, een van
die partye tot die serwituutooreenkoms en na die onderverdeling
van
die destydse onverdeelde Koedoesvlei die eienaar van die plaas
Erfdeel]
die
aangeleentheid sou ervaar het sou gewees het datdie dam
[die
Serwituutdam]
jaar
na jaar oorgeloop het en hulle meer as voldoende water daaruit kon
kry. In hierdie verband sou daar dus nooit aansprake deur
Erfdeel
gemaak gewees het op enige afloopwater oor Koedoesvlei nie."
[18] Wanneer hulle
gewone grammatikale betekenis aan die woorde in die
serwituutooreenkoms gegee word, is die betekenis van die

serwituutooreenkoms myns insiens duidelik en ondubbelsinnig. Wat
daarvolgens tussen die partye verdeel is, is die gelyke gesamentlike

gebruik van die Serwituutdam tesame met die gelyke gesamentlike
gebruik
"van
alle water daarin van tyd tot tyd'.
Dit
is kwalik nodig om die gewone grammatikale betekenis van
"daarin"
hoef
te bepaal deur na die woordeboekomskrywing daarvan te kyk, omdat dit
myns insiens duidelik is. Nietemin, volgens die
HAT
Verklarende Woordeboek van die Afrikaanse Taal
6
beteken
"daarin"
dat
die artikel wat ter sprake is (in hierdie geval die water)
"in
die genoemde ruimte, ding, ens"
(in
hierdie geval die Serwituutdam) is. Gevolglik is Erfdeel geregtig op
die helfte van alle water wat op enige gegewe tydstip
in die
Serwituutdam teenwoordig is.
7
Daar is geen rede waarom die partye tot die serwituutooreenkoms,
indien dit hulle bedoeling was dat die water in die opvanggebied
van
die Serwituutdam (en nie slegs die water in die dam nie) ook
ingevolge die ooreenkoms tussen hulle verdeel moes word, dit
nie
uitdruklik so duidelik sou gestel het nie. Dit sou immers maklik
gewees het om ditte doen.
[19] Na my mening is
daar niks in die konteks waarin die betrokke woorde gebruik is
(insluitende die aard en doel van die ooreenkoms)
en die toelaatbare
agtergrondsfeite wat enige afbreuk doen aan hierdie duidelike
betekenis van die ooreenkoms nie. In hierdie
verband moet dit onthou
word dat die woorde in die serwituutooreenkoms uitgele moet word met
verwysing na die omstandighede wat
geheers het op die stadium toe
die ooreenkoms gesluit is.
8
Daar is geen getuienis dat daar op daardie stadium al enige sprake
was van die bou van Damme 4 en 5 nie, en op daardie stadium
het die
Serwituutdam jaar na jaar oorgeloop en het Erfdeel
"meer
as voldoende water daaruit kon kry."
9
[20] 'n Verdere aspek
van die ooreenkoms wat in hierdie verband na verwys moet word, is
dat die watermeter waarvoor voorsiening
gemaak word met betrekking
tot die praktiese implementering van die serwituut, op die pyplyn
aangebring sou word waarmee water
ujt die Serwituutdam onttrek word
om gelyke onttrekking te verseker. Die ligging en doel van die
watermeter (wat wel later aangebring
is) bevestig die voormelde
duidelike uitleg van die serwituutooreenkoms soos ook deur die
Respondente voorgestaan word.
[21] Namens die
Applikante is aangevoer dat hierdie uitleg (dus dat slegs die water
in die Serwituutdam van tyd tot tyd ingevolge
die ooreenkoms verdeel
is) die absurde gevolg sal he dat die partye bedoel het om ooreen te
kom dat Koedoesvlei as dienende erf
arbitrer al die water wat
andersins in die Serwituutdam sal vloei, mag afsny voordat die water
in die Serwituutdam vloei. Volgens
hierdie betoog sal so 'n
interpretasie beteken dat Koedoesvlei eensydiglik werke aan die
bokant van die Serwituutdam kan aanbring
sodat daar geen water in
die Serwituutdam vloei nie en daar dus geen water vir verdeling in
die Serwituutdam sal wees nie. Hierdie
betoog verloor egter uit die
oog dat, soos reeds hierbo vermeld, die serwituutooreenkoms uitgele
moet word met verwysing na die
omstandighede wat ten tye van die
sluiting van die ooreenkoms geheers het, en waarna in die laaste sin
van para [19] hierbo verwys
is. Die twee broers sou kwalik op die
stadium toe hulle met mekaar gekontrakteer het, dit in gedagte gehad
het dat die broer
wat na die verdeling die eienaar van Koedoesvlei
sou wees eensydiglik werke bokant die Serwituutdam sou aanbring wat
tot gevolg
sou he dat geen water na die Serwituutdam sou vloei nie.
10
Indien die eienaar van die dienende erf natuurlik op 'n onregmatige
wyse op die serwituutregte van die eienaar van die heersende
erf
inbreuk sou maak, sal dieeienaar van die heersende erf die
beskerming van 'n aansoek om 'n interdik he.
11
[22] Waar die betekenis
van 'n kontraksbepaling duidelik en ondubbelsinnig is, kan 'n hof
nie daarvan afwyk omdat dit onbillike
gevolge mag he nie. In
Sun
Packaging (Ptv) Ltd v Vreulink
12
is ook betoog dat die voorgestelde uitleg van 'n kontraksklousule 'n
absurditeit tot gevolg sou he. Die Hof het as volg verklaar:
"It may be
regarded as anomalous that a party breaching a contract be in a
better position than if he had performed it. But
such a result is no
warrant for not giving effect to the plain meaning of the clause.
The
sanctity of contract behoves us to do so
"
13
[23] Selfs al sou daar
egter enige dubbelsinnigheid of onsekerheid met betrekking tot die
ware bedoeling van die partye ten opsigte
van die serwituut wees (en
myns insiens is daar nie), is daar 'n verdere beginsel wat
toepassing vind by die uitleg van serwitute
wat dan in daardie geval
myns insiens in hierdie saak deurslaggewend moet wees. Dit is
naamlik dat 'n serwituut beperkend uitgele
moet word waar daar enige
dubbelsinnigheid bestaan. In
Kruger
v Joles Eiendomme (Ptv) Ltd and Another
14
is dit as volg gestel:
"In the
circumstances I believe that such ambiguity as there is should be
resolved by applying the well-established rule
of construction that
because a servitude is a limitation on ownership, it must be
accorded an interpretation which least encumbers
the servient
tenement"
15
[24] So 'n beperkende
uitleg van die serwituut in die onderhawige geval sal natuurlik ook
tot gevolg he dat die uitleg wat deur
die Applikante voorgestaan
word, nie toegepas kan word nie.
[25] Daar is 'n verdere
aspek wat in aanmerking geneem kan word indien daar enige
dubbelsinnigheid sou bestaan met betrekking
tot die woorde wat deur
die partye tot die ooreenkoms gebruik is. Die Hof kan in so 'n geval
ook afleidings maak van die bewese
feite wat aantoon hoe die partye
self die kontrak vertolk het.
16
Daar is geen aanduiding in die aansoekstukke te bespeur dat die twee
broers se gedrag na kontraksluiting teenstrydig was met
'n bedoeling
dat hulle slegs die gebruik van die water in die Serwituutdam wou
verdeel het, en nie ook die water in die opvanggebied
daarvan nie.
In hierdie verband is dit belangrik om daarop te let dat vir
doeleindes van hierdie aansoek aanvaar moet word dat
Dam 4 gedurende
1976 op Koedoesvlei gebou is toe albei broers nog op hulle
onderskeie plase Koedoesvlei en Erfdeel geboer het.
Daar is geen
getuienis tot die effek dat Schalk Burger (die eienaar van Erfdeel)
enigsins beswaar gemaak het teen die bou van
Dam 4 nie. Dam 4 is
volgens die Applikante in die opvanggebied van die Serwituutdam
gebou. Indien dit die bedoeling van die twee
broers was dat die
gebruik van die water in die betrokke opvanggebied ook tussen hulle
verdeel is, is dit vreemd dat Schalk Burger
nie teen die bou van Dam
4 (wat minstens potensieel 'n inbreuk op Erfdeel se reg op die
helfte van die water in die betrokke
opvanggebied sou maak) beswaar
gemaak het nie.
[26]
Daar is twee verdere aspekte namens die Applikante geopper waarna
kortliks verwys moet word. Die eerste is die belang daarvan
dat die
boonste gedeelte (synde Gedeelte 6 van die Plaas Zebras Mount Nr.75)
van Koedoesvlei uitdruklik deel gemaak is van die
dienende erf se
beskrywing in die transportaktes. Myns insiens dui dit op niks
anders as 'n volledige beskrywing van die dienende
eiendom nie, en
behoort dit geen rol by die uitleg van die serwituut te speel nie.
Die tweede aspek is 'n argument namens die
Applikante dat dit
openbare water (in teenstelling met privaat water) was wat ingevolge
die ooreenkoms verdeel is, en dat dit
as 'n agtergrondsfeit by die
uitleg van die betrokke bepaling in aanmerking geneem moet word.
Hierdie aspek is egter geensins
in die aansoekstukke deur die
Applikante of die Respondente geopper nie, en daar is geen
aanduiding hoegenaamd dat die partye
enigsins die onderskeid tussen
openbare water en privaat water in gedagte gehad het toe hulle met
mekaar gekontrakteer het nie.
[27] Dit volg dus dat ek
tot die gevolgtrekking gekom het dat die Applikante nie geregtig is
op die regshulp wat hulle geeis het
nie, en dat die aansoek afgewys
moet word. Dit is derhalwe ook nie nodig om in hierdie uitspraak met
die Respondente se verdere
verweer van verjaring te handel nie. Wat
koste betref, het die Respondente vir die koste van twee advokate
gevra indien die aansoek
afgewys sou word, en ek het nie die indruk
gekry dat daar namens die Applikante daarteen beswaar gemaak word
nie.
[28]
Dit
word derhalwe as volg beveel
:
Die aansoek word van die
hand gewys met koste, insluitende die koste van twee advokate.
PF
Cloete WnR.
ADDITIONAL
INFORMATION
1.
APPEARANCES
ON BEHALF OF PARTIES
:
(a)
On
behalf of Applicants
:
Adv. J.A. le Roux SC, instructed by Conradie Davids & Partners;
(b)
On
behalf of Respondents
:
Adv. N.J. Treurnicht SC and Adv. A. Bester-Treurnicht, instructed by
Terblanche Slabber Pieters.
1
Sien
bv
Haviland
Estates <Ptv) Ltd and Another v McMaster
1969 (2) SA 312
(A)
te
336B-C;
en
Van
Rensburg en Andere v Taute en Andere
1975 (1) SA 279
(A)
te
302H-303E.
2
Coopers
& Lvbrand and Others v Bryant
[1995] ZASCA 64
;
1995 (3) SA 761
(A)
te
767
E-F
en
die gesag daar aangehaal; en
Hawkins
Hawkins & Osborn v Enviroserve Wate Management
2009 (4) SA 425
(HHA)
te
432A-B.
3
Coopers
& Lvbrand and Others v Bryant
supra
te
768A-E
4
2007(3)
SA 29 (HHA)
te
para
[7]
5
Ek dink dit is duidelik dat Harms AP in
KPMG
v Securefin Ltd
2009 (4) SA 399
(HHA)
te
para
[39]
geensins
bedoel het dat hierdie reels met betrekking tot die toelaatbare
getuienis in hierdie verband (soos wat dit in die voormelde

aanhaling uit die
Engelbrecht-saak
uiteengesit
is), enigsins verslap moet word nie. Inteendeel, in daardie
paragraaf is beklemtoon dat "...to
the
extent that evidence may be admissible to contextualise the document
(since 'context is everything') to establish its factual
matrix or
purpose or for the purposes of identification, 'one must use it as
conservatively as possible'."
6
Redakteurs
Odendal en Gouws
7
Dit
is interessant om daarop te let dat in
De
Witt v Knierim
1991 (2) SA 371
(K)
'n
soortgelyke
bepaling, te wete die reg op
"water
van genoemde fonteine"
(wat
in daardie saak in wese
"water
van genoemde fonteindamme"
was),
uitgele is as synde te beteken dat die reg betrekking gehad het op
die water wat te enige tyd in die fonteindamme was en
nie 'n reg was
op water wat nog op pad was na die fonteindamme nie.
8
Sien bv.
De
Witt v Knierim
supra
te
385
D
en
die gesag daar na verwys; en
Glaffer
Investments (Ptv) Ltd and Others v Minister of Water Affairs and
Forestry and Another
2000 (4) SA 822
(T)
te
828E
9
Sien
para
17 supra.
Hierdie
getuienis is toelaatbare getuienis van agtergrondsfeite wat
waarskynlik in die partye se gedagtes was toe hulle met mekaar

gekontrakteer het (sien
para
15 supra).
10
Ons weet in elk geval as 'n feit dat die
"werke"
(Damme
4 en 5) wat wel intussen bokant die Serwituutdam gebou is, geensins
tot gevolg gehad het dat daar nou geen water na die
Serwituutdam
deurloop nie. Inteendeel, uit die beedigde verklarings blyk dit
duidelik dat selfs na die bou van Damme 4 en 5 al
die damme
(insluitende die Serwituutdam) nog al die jare, behalwe in 2004 toe
daar 'n uitsonderlike droe winter was, vol gekom
het.
11
LAWSA,
Vol 24 (First reissue) para 463.
12
[1996] ZASCA 73
;
1996
(4) SA 176
(A)
13
Te
p186G-H
(my
onderstreping) En sien ook
Brislev
v Drotskv
2002 (4) SA 1
(HHA)
te
16B-C;
en
Christie,
The
Law of Contract in South Africa
(5de
Uitgawe) te
p209-210
14
2009
(3) SA 5
(HHA)
15
Te
para
8.
Die
stelling deur Voet waarop die Hof onder andere gesteun het, lui as
volg:
"(A)
servitude being something odious should be interpreted restrictively
and so, in case of doubt, should be declared free
of restraint. And
an imprecise servitude must always be interpreted so that the
servient tenement is the less adversely burdened."
En
sien verder:
Cillie
v Geldenhuvs
[2008] ZASCA 54
;
2009 (2) SA 325
(HHA)
te
338E.
16
Sien
MTK
Saaameule (Ptv) Ltd v Killvman Estates (Ptv) Ltd
1980 (3) SA 1
(A)
te
12G-H;
en
Powernet
Services (1988) (Ptv) Ltd v Government of the Republic of South
Africa
1998 (2) SA 8
(HHA)
te
18E-G