About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 418
|
|
S v Pietersen en Ander (SS105/08) [2010] ZAWCHC 418 (7 June 2010)
IN
DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP
HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER
SS105/08
DATUM
7
JUNIE 2010
DIE
STAAT
teen
JOHN
PIETERSEN
EBRAHIM
SALIE
V
O N N I S
RILEY,
WnR
:
By
vonnisoplegging is die soeke na 'n gepaste straf nie altyd maklik
nie, want daar is soveel faktore wat 'n rol speel wat nie
altyd
definieerbaar is nie. Daarom is dit so belangrik dat die
vonnisoplegger by die strewe na 'n gebalanseerde vonnis 'n straf
moet ople wat gepas is vir die oortreder en die misdaad wat hy of sy
gepleeg het. Dit moet ook billik of regverdig wees in die
oe van die
gemeenskap en daar moet ook 'n mate van genade wees, afhangende van
die omstandighede.
'n
Vonnis moet altyd gebaseer wees op 'n gebalanseerde oorweging van
die drie elemente, naamlik die aard en die erns van die misdryf,
die
belange van die gemeenskap en die persoonlike omstandighede van die
oortreder. Die gemeenskap verwag dat ernstige misdaad
gestraf sal
word, maar verwag ook tewens dat strafversagtende omstandighede in
ag geneem moet word en dat die beskuldigdes se
besondere posisie
deeglike oorweging verdien.
Die
misdrywe waaraan die beskuldigdes skuldig gevind is, ressorteer
onder Deel I van Bylae 2 van die Strafregwysigingswet, 105
van 1997,
wat voorsiening maak in artikel 51 vir 'n minimum vonnis vir sekere
misdrywe. Op die moord aanklag maak die Wet voorsiening
vir die
oplegging van lewenslange gevangenisstraf en ten opsigte van die
roof met verswarende omstandighede aanklagte, maak die
bepalings van
die Wet voorsiening dat 'n hof 'n eerste oortreder tot 'n tydperk
van 15 jaar gevangenisstraf kan vonnis.
Volgens
die Wet mag 'n hof slegs afwyk van die voorgeskrewe vonnisse tensy
daar wesenlike en dwingende omstandighede bestaan wat
'n afwyking
van die voorgeskrewe vonnisse regverdig. Volgens
S
v Malqas
2001(1) SASV 469 (HHA) moet daar nie ligtelik afgewyk word van die
voorgeskrewe minimum vonnis bepalings nie.
Die
vonnisse in Wet 105 van 1997 voorgeskryf, beoog ook veral
afskrikking en kan derhalwe seker ook as "exemplary sentences"
beskou word. Die diskresionere bevoegdheid word egter verleen om 'n
mindere vonnis op te le. Dit behoort wel gedoen te word wanneer
die
minimum vonnis in die besondere omstandighede so wesenlik sal
verskil van 'n billike straf, dat dit tot 'n skokkende onreg
teenoor
die veroordeelde sou lei. Hoewel dit duidelik is dat die Wetgewer by
die voorgeskrewe minimum vonnisse wou toon in welke
ernstige lig
sekere misdrywe deur die Howe bejeen moet word, kon dit nooit die
bedoeling van die Wetgewer gewees het dat die
oplegging van sodanige
vonnis in elk geval moet geskied nieteenstaande die feit dat dit tot
'n skokkende onreg teenoor die veroordeelde
sou lei. Sien in die
verband
S
v DODO
2001(1) SASV 307 (OK) en die sake daarin aangehaal.
"Dit
is egter belangrik om in ag te neem dat indien die Hof ten tye van
vonnisoplegging en na oorweging van die omstandighede
van die
betrokke geval, tevrede is dat die voorgeskrewe vonnis onregverdig
en buite verhouding is tot die misdaad, die beskuldigde
en die
belange van die gemeenskap en die oplegging van so 'n vonnis wat 'n
onreg aan die beskuldigde sal doen, is die Hof geregtig
om 'n
mindere vonnis op te le". (Vertaling met verwysing na paragraaf
[25] in die
Malgas
-saak.)
Sien ook in die verband die saak van
S
v Vilikazi
2009(1) SASV 552 (HHA) op 560f.
Me
Allie
het sterk namens die Staat aangevoer dat as gevolg van die bydraes
van beskuldigdes 1 en 2 tot die pleeg van die misdrywe; dat
die Hof
hulle 'n swaardere vonnis moes ople as wat Beck opgele is in die
pleit- en vonnisooreenkoms wat hy met die Staat aangegaan
het. Sy
het betoog dat die feit dat Beck, onder andere, uit die staanspoor
sy samewerking aan die polisie gegee het, 'n konfessieverklaring
aan
die polisie gemaak het, die pleit- en vonnisooreenkoms aangegaan het
en ook ooreengekom het om namens die Staat teen die
beskuldigdes te
getuig, horn onderskei van beskuldigdes 1 en 2.
Die
feit dat beskuldigdes 1 en 2 onskuldig gepleit het in die saak, kan
nie teen hulle gehou word nie.
Die
misdrywe waaraan die beskuldigdes skuldig bevind is, is uiters
ernstig. Moord is die mees ernstigste misdaad wat gepleeg kan
word.
Dit is onnodig dat die Hof na die statistiek verwys waaroor die
ondersoekbeampte getuig het. Die feit van die saak is,
dat ons almal
weet dat die pleeg van die misdade waaraan die beskuldigdes
skuldig bevind is, onverpoos voortgaan
nieteenstaande die ople
van swaar vonnisse deur die howe.
Die
oorledene was 'n eenvoudige hardwerkende familieman wat 'n
kleinerige besigheid, Brent's Electrical, genoem na sy seun,
geopereer het. Hy is in die laatmiddag oorval deur Beck en
beskuldigde 1 in sy besigheidspersele. Hy het Beck duidelik vertrou.
Beck was tot onlangs voor die oorledene se dood werksaam by die
oorledene. Volgens die aanvaarde getuienis het hy beloof om Beck
weer aan te neem in sy diens indien die werk weer sou toeneem. Hy is
op 'n uiters brutale wyse deur Beck en beskuldigde 1 wie
met 'n
gemeenskaplike oogmerk saam met beskuldigde 2 opgetree het,
aangerand deurdat hy aanvanklik geskop en geslaan is en later
met 'n
ysterstaaf geslaan is asook met 'n mes of 'n soortgelyke voorwerp
gesteek is. Die oorledene is ook erg verwurg.
Volgens
die getuienis wat die Hof aangehoor het en aanvaar het, was die
oorledene magteloos nadat hy onder bedwang gebring is
deur Beck en
beskuldigde 1. Hy is vasgemaak en hy kon geen weerstand bied nie. Sy
mond is toegeplak met kleefband om te verhoed
dat hy skree.
Die
oorledene se dood het katastrofiese en erg benadelende gevolge vir
sy familie gehad. Hy was die broodwinner. Hy het twee
kinders
gehad. Daar is getuienis aangebied dat sy jong dogter nou verslaaf
is aan dwelms. Ek is nie oortuig dat die dwelmverslaafheid
noodwendig verband hou met die moord op die oorledene nie en wil nie
spekuleer daaroor nie. Wat egter duidelik is, is dat die
hele
familie, insluitende die oorledene se seun en vrou, emosioneel
geknak is as gevolg van die misdade.
Na
die moord het mev Selfe 'n beroerte aanval beleef en ly sy nou aan
depressie. Die besigheid, Brent's Electrical, moes toemaak.
Niemand
kon klaarblyklik die besigheid bedryf soos die oorledene dit gedoen
het nie. Die min bates, onder andere twee voertuie,
moes verkoop
word. Die familie se finansiele posisie is heel duidelik erg
geaffekteer. Mev Selfe word binnekort ook afbetaal
by die plek waar
sy werk. Die seun het gelukkig nog werk.
Wat
heel duidelik is, is dat die oorledene se dood erge trauma aan sy
familie veroorsaak het op verskillende vlakke. Wat natuurlik
die
ergste uit die hele besigheid en die dood van die oorledene is, is
dat op die oog af, hy gedood is vir kraggereedskap wat
vir die
meeste, volgens die getuienis voor die Hof, vir omtrent R850 verkoop
is en dat dit blyk dat gedeeltes van die geld grootliks
op dwelms
vermors is.
Die
Hof is maar te goed bekend daarvan dat dwelm misbruik en die
gepaardgaande euwels wat daarmee saamgaan, 'n massiewe probleem
geword het in die Hof se jurisdiksie, veral in die bree Wes-Kaap. 'n
Groot persentasie van ernstige misdaad is direk te wyte
aan die
behoefte van gebruikers om geld te bekom vir hulle dwelm aankope.
Die
moord op die oorledene was totaal ongevraagd en uiters brutaal. Daar
was beplan om die oorledene te beroof en horn na die
roof, die
enigste getuie tot die roof eenvoudig te vermoor.
Die
erns van die misdade en die manier hoe dit gepleeg is, is juis van
die redes waarom die misdrywe ressorteer onder die misdade
wat tot
gevolg het dat minimum vonnisse opgele moet word en dit is dat,
eerstens, beskuldigdes se optrede beplan was en met voorbedagte
rade
gepleeg is.
Tweedens,
die oorledene was 'n persoon wie belangrike getuienis sou kon afle
ten opsigte van die roofaanklagte.
Derdens,
die moord op die oorledene is gepleeg gedurende die uitvoering van
die misdaad, dit wil se die roof met verswarende omstandighede.
Vierdens,
die misdaad is ook gepleeg deur 'n groep persone tydens 'n
gesamentlike, opsetlike optrede en/of met 'n gemeenskaplike
doel.
Ek
is terdee daarvan bewus dat die howe nooit die indruk mag skep dat
die mens se lewe goedkoop is in die oe van die reg nie.
Sien in die
verband
S
v Mqwati
1985(4) SA 22 (T) op 25J. Maar 'n vonnisoplegger se taak is nie om
'n vonnis op te le wat die gemeenskap se belang of 'n sekere
groep
se mening tevrede te stel nie, maar om die gemeenskaps belang te
dien. In
Mhlakaza
& Another v S
1997(2) All SA 185 (A) het die Appelhof, soos dit toe bekend was,
wat vonnis betref die volgende beslis:
"The
object of sentencing is not to satisfy the public opinion but to
serve the public interest. A sentencing policy that
caters
predominantly or exclusively for public opinion is inherently
flawed. It remains the Court's duty to impose fearlessly
and
appropriate and fair sentence even if the sentence does not satisfy
the public. The Court cannot allow itself to be diverted
from its
duty to act as an independent arbiter for making choices on the
basis that they will find favour in the public."
Die
gemeenskap verwag egter dat ernstige misdade behoorlik gestraf sal
word, maar terselfdertyd word daar ook tewens verwag dat
strafversagtende omstandighede in ag geneem word en dat die
beskuldigdes se besondere posisie deeglik oorweging verdien.
Derhalwe
is'n vonnisoplegger se taak nie om wraak te neem en die
beskuldigde te offer op die altaar van vergelding nie, maar om
op'nbillike,
redelike regverdige wyse en sonder vrees 'n vonnis te
oorweeg, wat voldoen aan die vereistes van die geordende gemeenskap
sonder
om die belange daarvan oor te beklemtoon.
Na
my mening is daar tereg betoog dat die Hof kan bevind dat daar
wesenlike en dwingende omstandighede teenwoordig is, wat 'n
afwyking
van die voorgeskrewe minimum vonnisse ten opsigte van beskuldigde 1
en 2 regverdig.
Beskuldigde
1 is 27 jaar oud. Hy kom van 'n goeie stabiele familie. Sy ouers is
al jare getroud. Ek was bemdruk deur sy pa. Hy
is
Yi
eenvoudige,
hardwerkende man wat sy hele lewe lank swaar gewerk het om sy gesin
'n beskeie drieslaapkamerhuis te verskaf en binne
sy vermoe'n goeie
lewe vir hulle te probeer gee.
Ek
aanvaar dat hy totaal geskok was toe hy uitvind oor beskuldigde se
betrokkenheid by die moord. Volgens horn, is hy en sy
familie
gelowiges. Hulle woon die Apostoliese kerkdienste gereeld by. Sy
familie ken nie misdaad nie. Beskuldigde 1 se optrede
ken hulle nie.
Dit is nie hoe hulle lewe nie.
Beskuldigde
1 het nie sy ouers probleme gegee nie. Ek sal aanvaar dat
beskuldigde 1 St.8 op skool gehaal het en skool verlaat
het om die
familie te help werk. Ek aanvaar verder dat hy ten tye van sy arres
as 'n ongekwalifiseerde skrynwerker gewerk het.
Sy salaris blyk op
die stadium omtrent R600 per week te gewees het.
Beskuldigde
1 het een kind van vyf jaar oud. Ek aanvaar dat toe hy gewerk het,
dat hy die kind onderhou het. Hy het ook tot en
met huidiglik kontak
met die kind gehad. Die beskuldigdes erken dat hy sedert die
ouderdom van 22, 23 jaar oud dwelms gebruik
en se dat dit met
eksperimentasie begin het toe hy met 'n vriend begin rook het.
Wat
die misdaad self betref en sy betrokkenheid, hou beskuldigde 1 vol
dat hy slegs betrokke was by die roof op die oorledene.
Hy ontken
dat hy die oorledene gesteek het met 'n mes en/of met 'n ysterstaaf
geslaan het. Hy het getuig dat as hy geweet het
dat die oorledene
gedood sou word, dan het hy nie saamgegaan nie. Hy het toegegee
dat die misdaad waaraan hy skuldig bevind
is, baie ernstig is en dat
langtermyn gevangenisstraf opgele kan word, aangesien, soos hy dit
gestel het, die roof uitgeloop
het of gedraai het tot 'n moord.
Hy
het berou getoon oor die dood van die oorledene. Beskuldigde 1 is 'n
eerste oortreder. Hy is nou al drie jaar in hegtenis op
die saak.
Alhoewel hy deel van die groep was wat die roof en moord beplan het,
is hy op 'n laat stadium betrek by die planne,
nadat beskuldigde 2
en Beck reeds daaroor gepraat het. Alhoewel daar vele geleenthede
was wat hy kon onttrek van die roof en
moord, het hy egter nie.
Ek
aanvaar dat hy tot 'n groot mate onder Beck se invloed en beheer
opgetree het. Op sy eie weergawe is en was hy aktief betrokke
by die
roof op die oorledene. Ek is egter
tevre.de
tevre.de
dat die omstandigheidsgetuienis, Beck se getuienis asook die
waarskynlikhede
in die saak daarop dui dat beskuldigde 1 die oorledene verder
aangerand het met 'n kombinasie van messteke en
ten minste een hou
met die ysterstaaf.
Beskuldigde
2 se gunstige persoonlike omstandighede, soos aan die Hof voorgele
is dat hy 51 jaar oud; dat hy en sy vrou 29 jaar
getroud is en dat
daar ses kinders uit hulle huwelik gebore is. Volgens alle
aanduidings was daar nie probleme in beskuldigde
2 se huwelik nie en
was hy 'n goeie man wat gewerk het en vir sy vrou en familie goed
versorg het. Sy vrou het horn beskryf as
geduldig en hulpvaardig.
Beskuldigde
2 het, nadat hy vir 30 jaar vir Cape Auto Electrical as 'n
auto-elektrisien gewerk het, op sy eie begin werk vir die
afgelope
paar jaar. Hy doen dit by sy huis. Dit is nie duidelik waarom hy die
permanente betrekking verlaat het nie. As gevolg
van sy arres en
aanhouding moes sy vrou en die kinders die Tafelsig woning opgee en
woon hulle nou by hulle een dogter se "skoonfamilie"
in 'n
Wendy Huis op die werf.
Hulle
dogter van 17 jaar oud en twee ander kinders van onderskeidelik 23
en 21 jaar oud, woon ook by beskuldigde 2 se vrou. Nie
een van hulle
werk nie en maak hulle staat op 'n dogter wat hulle finansieel hulp
aanbied. Beskuldigde 1 was, toe hy buite was,
die broodwinner.
Volgens
beskuldigde 2 se vrou, was beskuldigde 2 nog nie voorheen in geweld
betrokke nie. In die saak was beskuldigde 2 ook nie
direk met die
fisiese aanranding, roof en moord op die oorledene betrokke nie.
Beskuldigde 2 is egter die ouer van die drie beskuldigdes
. Hy is
ouer as 50. Hulle het opgekyk na horn. Dit blyk ook asof beskuldigde
2 heelwat tyd spandeer met mense van Beck en beskuldigde
1 se
ouderdom. Sy huis is beskryf as gewild. Volgens die getuienis
gebruik hy self "tik" en gebruik hy dit dan ook
volgens
die getuienis met Beck en beskuldigde 1 en andere.
Sy
vrou dra om een of ander rede nie kennis van die sy van sy lewe nie.
Volgens die getuienis het hy die idee van die roof geTnisieer
en met
die voorstel vorendag gekom. Hy is die een wat dit verder gevoer het
toe hy Beck weer daaroor uitvra en oortuig. Hy is
die een wat die
vervoer verskaf het en hy is die een wat, volgens die getuienis, wag
gehou het buite. Alhoewel hy nie fisies
bygedra het tot die roof en
die moord nie, maak dit egter nie sy bydrae tot die misdade minder
ernstig nie. Sy rol moet egter
in perspektief gesien word in ag
genome sy bydrae.
Beskuldigde
2 was heel emosioneel toe hy getuig het ter versagting van vonnis en
het verskoning gevra vir die dood van die oorledene.
Advokaat
Allie
het aangevoer dat die Hof wat vonnis betref selfs wat beskuldigde 2
betref, gedagtig moes wees aan die beginsel dat in gevalle
soos die
onderhawige, dat wat beskuldigde 1 en Beck fisies aan die oorledene
gedoen het, ook toegedig moet word aan beskuldigde
2 in die lig van
die gemeenskaplike oogmerk wat hulle almal gehad het by die pleeg
van die misdrywe.
Ek
neem kennis van haar betoe in die verband.
Beskuldigde
2 het verder getuig dat as hy nie gery het, sou dit nooit gebeur het
nie. Hy het egter volgehou dat as hy geweet het
wat Beck in sy
"mind", soos hy dit gestel het, gehad het, hy nooit sou
gery het nie.
Nieteenstaande
me
Allie
se sterk betoog dat beskuldigdes 1 en 2 swaarder vonnisse opgele
moet word dan Beck, is ek nie daarvan oortuig nie. Op die feite
en
die omstandighede van die saak is ek van mening dat beskuldigdes 1
en 2 se morele blaamwaardigheid ten opsigte van die pleeg
van die
misdrywe minder as die van Beck beskou moet word en gevolglik is ek
van mening dat die vonnis wat hulle opgele moet word,
minder behoort
te wees as die vonnisse wat Beck opgele was.
Ek
het egter besluit om beskuldigde 1 en 2 in die omstandighede van die
saak op 'n soortgelyke wyse te hanteer wat vonnis betref
en het ek
gevolglik dan nou ook besluit om hulle dieselfde vonnis op te le.
Soos
reeds gemeld, moet ernstige misdade swaar gestraf word. Die enigste
straf wat die Hof in die saak kan ople is inderdaad langtermyn
gevangenisstraf. Daar word egter nie met die straf beoog om
beskuldigdes totaal af te kraak met die vonnisse nie.
In
ag genome al die faktore wat 'n gepaste vonnis daarstel en die
regspraak in die verband, is die Hof van mening dat die volgende
'n
billike en regverdige straf is in die omstandighede van die saak:
Op
aanklag 1, moord, word die beskuldigdes elk gevonnis tot
AGTIEN
(18) JAAR GEVANGENISSTRAF
.
Op
aanklag 2, roof met verswarende omstandighede, word die beskuldigdes
elk gevonnis tot
TIEN
(10) JAAR GEVANGENISSTRAF
.
Ingevolge
die bepalings van artikel 280 van die Strafproseswet word gelas dat
die vonnis op aanklagte 2, dit wil se die aanklagte
van roof met
verswarende omstandighede, samelopend uitgedien word met die vonnis
opgele op aanklagte 1. Die effektiewe vonnis
is dus agtien (18) jaar
gevangenisstraf ten opsigte van elk van die beskuldigdes.
Beide
beskuldigdes word onbeyoeg verklaar om 'n
vuurwapenlisensie
te besit.
RILEY,
WnR