About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 416
|
|
Donnelly v S (A158/10) [2010] ZAWCHC 416 (4 June 2010)
IN DIE HOE HOF VAN
SUID-AFRIKA
(WES-KAAP
HOE HOF. KAAPSTAD)
SAAK
NO: A158/10
DATUM:
4 JUNIE 2010
In
die saak tussen:
CALWYN
DONNELLY
….............................................................................
Appellant
en
DIE
STAAT
…..........................................................................................
Respondent
UITSPRAAK
OLIVIER,
Wrn R
:
Die
appellant net in die streekhof te Bellville tereggestaan op
aanklagte van roof met verswarende omstandighede en poging tot
moord. Die appellant was deurgaans regsverteenwoordig en het
onskuldig gepleit op die ten laste gelegde aanklagte. Die appellant
is, na aanhoor van getuienis, op 15 Oktober 2009 skuldig bevind op
al die aanklagte en gevonnis tot 15 jaar gevangenisstraf ten
opsigte
van die gewapende roof en drie jaar gevangenisstraf met betrekking
tot die klagte van poging tot moord. Die Hof a
quo
het
gelas dat die vonnisse samelopend uitgedien moet word. Die appellant
kom nou in hoer beroep teen beide die skuldigbevindinge
en vonnisse.
Die Staat het vier
getuies geroep en die appellant net self getuig. Die roof het
plaasgevind by "n winkel bedryf deur mnr
Faziel Fazel Mamoet op
die hoek van Mark- en Delareystrate in Parow. Die klein winkeltjie
is vooraan "n huis gelee. Die
verweer van die appellant was dat
hy self Yi klant was en, nadat hy sy sigarette gekoop het en sy
kleingeld in sy sak gesit het,
het hy gehoor hoe mense die winkel
binnestorm en hulle aangesd het om plat te val, "Down, down,
down!"
Die appellant het
verduidelik dat hy Vi hou teen sy kop gekry het as gevolg waarvan hy
gesteier het en dat hy in 'n bukkende posisie
uit die winkel
geskarrel het. Hy het "n harde knalgeluid gehoor wat soos 'n
vuurwapenskoot geklink het. Buite die winkel
het hy neergesak en
eers weer in die Tygerberg Hospitaal wakker geskrik. Hy was in die
linkerribbekas geskiet.
Die Staat het steun
geplaas op die getuienis van mnr Fadiel Hendricks, wie die appellant
ge'identifiseer het as een van die boewe
Mnr Hendricks woon in die
woning agter die winkel.
Die rooftog het
skemeraand op 21 Junie 2008 plaasgevind. Mnr Hendricks se hy het
gesluimer op Vi rusbank in die TV-kamer toe sy
wederhelf hom wakker
gemaak het. Sy het onraad in die winkel bemerk. Hy het sy vuurwapen
gegryp. In die winkel het hy Yi paar
mans bemerk wat besig was om
goed van die rakke at in sakke te gooi. Een van die mans het die
deur by mnr Hendricks oopgeruk
waarna hy "n skoot in die grond
geskiet het, waarop die groep by die hoofdeur uit beweeg het. Die
manspersone het weer teruggehardloop
en die een het 'n vuurwapen in
sy hand gehad. Die wapen was op mnr Hendricks gerig. Alhoewel hy die
sneller getrek het, het die
wapen nie gevuur nie.
Om te keer dat hulle sy
woning binnestorm, trek mnr Hendricks twee skote af, een waarvan die
aanvaller in die bors tref. Die getuie
het die appellant in die hof
uitgewys as die persoon wat die vuurwapen op horn gerig het.
Die verwonde man kon nie
binne-in die motor kom wat sy makkers gebruik het om te ontvlug nie,
alhoewel hulle horn aangemoedig
het om in te klim. Hierdie
laasgenoemde getuienis is objektiewe getuienis wat die appellant
herroeplik verbind aan die misdaad.
Sy makkers sou nie Vi onbekende
gewonde man aangemoedig het om in hul voertuig in te spring nie.
Mnr Hendricks het getuig
dat die appellant besig was om sigarette in die sak te gooi. Die sak
is op die toneel gevind
Die ring van mnr Mamoet
was ook in die nabyheid van die appellant op die toneel gevind.
Soos mnr Hendricks
uitgewys het, sou die appellant kwalik van voor verwond gewees het
indien hy besig was om weg te skarrel. Die
klere wat op die
polisiefoto's verskyn, is klere wat aan die appellant behoort het,
aldus mnr Hendricks. Dit is wel bekend, volgens
mnr Hendricks, dat
boewe verskeie verskillende kledingstukke dra om identifikasie te
bemoeilik.
Mnr Mamoet het getuig
dat dieselfde persoon wat sy ring gevat het, Yi vuurwapen gehad het.
Mnr Mamoet het ook getuig dat daar
slegs twee seuns buiten sy twee
vriende in die winkel aanwesig was.
Mnr
Theunissen
.
wie namens die appellant verskyn het, het aangevoer dat daar nie
genoegsame getuienis was om die appellant te identifiseer nie
en dat
die verhoorhof derhalwe fouteer het in die bevindinge wat hy gemaak
het ten aansien van identifikasie.
Soos alreeds hierbo
uitgewys, is dit nie slegs die identifikasie van die appellant deur
mnr Hendricks nie, maar ook die objektiewe
getuienis dat sy makkers
horn aangemoedig het om in hul voertuig te spring wat horn aan die
misdaad verbind. Die appellant se
verwonding druis ook in teen die
verduideliking wat hy aanbied.
In die vooropstelling is
ek die mening toegedaan dat die landdros nie fouteer het in die
bevindinge wat hy gemaak het nie en dat
die appel op die meriete nie
kan slaag nie.
Ten aansien van die
vonnis het die verhoorlanddros, na my mening. ook nie sy diskresie
op >i onbehoorlike of onredelike wyse
uttgeoefen nie. Die
verhoorlanddros het behoorlik aandag geskenk aan al die
omstandighede van die appellant en gevolglik moet
die appel teen die
vonnis ook misluk.
In
die vooropstelling sal ek die appel teen beide die meriete en die
vonnis, soos opgele,
VAN
DIE HAND WYS
OLIVER, WnR
LE GRANGE, R; Ek stem
saam en dit word dienooreenkomstig gelas.
LE GRANGE, R