Fikster v S (A132/10) [2010] ZAWCHC 126 (4 June 2010)

52 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Appeal against sentence — Appellant convicted of indecent assault on a five-year-old girl and sentenced to eight years' imprisonment — Appellant contended that the trial court misdirected itself by emphasizing the seriousness of the crime over personal circumstances — Previous convictions for similar offenses considered — Trial court exercised discretion appropriately, taking into account the nature of the crime, community interests, and the appellant's circumstances — Appeal against sentence dismissed as not shocking or inappropriate.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 126
|

|

Fikster v S (A132/10) [2010] ZAWCHC 126 (4 June 2010)

IN
DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP
HOE HOF. KAAPSTAD)
SAAK
NO:
A132/10
DATUM:
4
JUNIE 2010
In
die saak tussen:
NIKLAAS
FIKSTER
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
UITSPRAAK
LE GRANGE. R
:
Die
appellant was in die Streekhof te Atlantis op
'n
aanklag van onsedelike aanranding skuldig bevind en gevonnis tot agt
jaar gevangenisstraf. Die appellant, met verlof van die
verhoorhof,
kom nou in hoer beroep teen sy vonnis.
Advokaat
Theunissen
het namens die appellant in sy hoofde van argument aangevoer dat die
verhoorlanddros misgetas het deur die aard en erns van die
misdryf
oor te beklemtoon ten koste van appellant se persoonlike
omstandighede en dat die vonnis skokkend onvanpas is.
Die
appellant het in die Hof
a
quo
skuldig
gepleit en erken dat hy die klaagster,
'n
vyfjarige dogter, onsedelik aangerand het. Volgens sy
pleitverduideliking het hy die klaagster onder die voorwendsel dat
hy
vir haar lekkers gaan gee, geroep. Sy is toe saam met horn na
'n
bos waar hy sy vinger in haar vagina gedruk het.
Die
klaagster was, na die voorval, deur dr Van der Merwe ondersoek.
Volgens die regsmediese verslag was daar
'n
skeur by die klaagster se maagdevlies en was daar rooiheid en ligte
bloeding rondom haar vaginale opening waargeneem.
Die
misdryf waaraan die appellant skuldig bevind is, ressorteer onder
die bepalings van artikel 51(2)(b) van Wet 105 van 1997,
waarvoor
'n
minimum termyn van tien jaar gevangenisstraf vir
'n
eerste
oortreder voorgeskryf word. Vir
'n
tweede oortreder word 15 jaar en vir
'n
derde oortreding word 20 jaar gevangenisstraf voorgeskryf.
Die
appellant is nie
'n
eerste oortreder nie. Hy het verskeie vorige veroordelings, onder
andere, van oneerlikheid en geweld en is nie
'n
onbekende vir die gevangenislewe nie. In 1978 was hy skuldig bevind
aan onsedelike aanranding, dit was
'n
statutere oortreding, en was tot ses maande
gevangenisstraf gevonnis. Op dieselfde datum was hy ook skuldig
bevind
aan
'n
tweede aanklagte van verkragting en gevonnis tot twee jaar
gevangenisstraf. Daarna was hy verskeie keer skuldig bevind aan

diefstal, maar 'n verdere relevante oortreding was weer in 1984
gepleeg waar hy skuldig bevind was aan verkragting en tot ses jaar

gevangenisstraf gevonnis was.
Die
appellant was ten tye van die voorval 52 jaar oud. Hy is getroud en
het vier kinders wat onderskeidelik 12, 20, 24 en 26 jaar
oud is.
Die appellant het gevorder tot St.3 op skool en woon sy lewe lank in
die area van Malmesbury. Nadat hy die skool verlaat
het, het hy
algemene tuinwerk verrig.
Die
verhoorlanddros het bevind dat die appellant
'n
mate van berou getoon het deur skuldig te pleit. Dit was ook in ag
geneem dat die relevante vorige veroordelings van die appellant
baie
lank gelede gepleeg was, en dat die klaagster se beserings nie van
die ernstigste graad is nie. Die verhoorhof het die kumulatiewe

effek van hierdie faktore oorweeg en in die appellant se guns bevind
dat wesenlike en dwingende faktore teenwoordig is wat
'n
mindere vonnis regverdig as die voorgeskrewe minimum vonnis.
Met
betrekking tot die appel teen vonnis, is dit
'n
geykte beginsel dat vonnisoplegging berus by die diskresie van die
verhoorhof en sal
'n
hof van appel nie maklik ingryp en die vonnis van die verhoorhof
verander nie, tensy dit blyk dat die regtelike diskresie wat
aan die
verhoorhof toevertrou was, nie op
'n
behoorlike of redelike wyse uitgeoefen is nie.
In
S
v Malqas
2001(2) SASV 460 (HHA) op 478d-e het Marais, AR dit soos volg
gestel:
"A
court exercising appellate jurisdiction cannot, in the absence of
material misdirection by the trial court, approach the
question of
sentence as if it were the trial court and then substitute the
sentence arrived at by it simply because it prefers
it. To do so
would be to usurp the sentencing discretion of the trial
court...However, even in the absence of material misdirection,
an
appellate court may yet be justified in interfering with the
sentence imposed by the trial court. It may do so when the disparity

between the sentence of the trial court and the sentence which the
appellate Court would have imposed had it been the trial court
is so
marked that it can properly be described as 'shocking', 'startling'
or 'disturbingly inappropriate'."
Met
deurlees van die oorkonde stem ek met die benadering van die
verhoorlanddros na die soeke van
'n
gepaste vonnis saam. Die erkende beginsels by straftoemeting en
verskeie vonnisopsies was in ag geneem deur die verhoorhof en
was
daar ook deeglike oorweging geskenk aan die aard en erns van die
misdryf, die belange van die gemeenskap en die appellant
se
persoonlike omstandighede.
Daar
is ook geen growwe mistasting of onreelmatigheid aan die kant van
die verhoorlanddros begaan in die soeke na
'n
gepaste
vonnis nie en kon die appellant se regsverteenwoordiger ook nie
enige sodanige mistasting of onreelmatigheid op rekord
aan hierdie
Hof uitwys nie Myns insien, indien daar enige fout aan die kant van
die verhoorlanddros begaan was, was dit eerder
ten gunste van die
appellant en sy persoonlike omstandighede.
Die
misdryf waaraan die appellant homself skuldig gemaak het, is ernstig
van aard en verwag die gemeenskap dat die howe gepaste
vonnisse moet
ople. Die klaagster was ten tye van die voorval vyf jaar oud. Sy het
beserings by haar privaatdeel opgedoen en
moes hierdie ervaring haar
emosioneel aangetas het alhoewel daar geen getuienis oor hierdie
wesenlike aspek voor die Hof a
quo
geplaas
was nie. Die opgelegde vonnis is na my mening nie skokkend en
onvanpas nie en nog minder is dit buitensporig swaar.
Dit
volg dat die appel teen vonnis nie kan slaag nie en in die gevolg
word die volgende bevel gemaak:-
DIE
APPEL TEEN VONNIS WORD VAN DIE HAND GEWYS
.
KLOPPER.WnR:
Ek stem saam.
KLOPPER,
WnR
LE
GRANGE. R: Dit word so gelas.
LE
GRANGE. R