About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 412
|
|
S v Pietersen en Ander (SS105/08) [2010] ZAWCHC 412 (2 June 2010)
IN
DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP
HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER
SS105/08
DATUM
2
JUNIE 2010
DIE
STAAT
teen
1.
JOHN
PIETERSEN
2.
EBRAHIM
SALIE
UITSPRAAK
RILEY,
WnR
:
Die
beskuldigdes staan tereg op 'n aanklagte van moord en 'n tweede
aanklagte van roof met verswarende omstandighede.
Wat
die moordaanklag betref, beweer die staat dat die beskuldigdes tesame
met ene Nathmee Beck, 'n voormalige medebeskuldigde, gedurende
die
laatmiddag van Donderdag, 19 April 2007, en te Albertweg, Soutrivier,
Wes-Kaap, die oorledene, Clifford Robin Selfe, by sy
besigheidsperseel wederregtelik en opsetlik gedood en vermoor het
deur horn met 'n yster en/of soortgelyke stomp voorwerp te slaan
en
verskeie kere met messe en/of soortgelyke skerp voorwerpe te steek.
Wat
die tweede aanklag betref, word beweer dat die beskuldigdes
wederregtelik en met die opset om Clifford Robin Selfe tot
onderwerping
te dwing, geweld aangedoen het deur sy hande en voete
vas te bind en horn met 'n yster en/of 'n soortgelyke stomp voorwerp
te slaan
en verskeie kere met messe en/of soortgelyke skerp voorwerpe
te steek en wederregtelik en met die opset om te steel 'n Toyota
Stallion
motorvoertuig met registrasienommer CA424762, twee sellulere
selfone, 'n armhorlosie en ander elektriese kraggereedskap, soos
uiteengesit
in die Akte van Beskuldiging, wat die eiendom van
Clifford Robin Selfe was, dit geneem het en horn aldus beroof het.
Die
Hof word in die verrigtinge bygestaan deur assessore, mnr Wessel
Marais, 'n afgetrede streeklanddros, en mev Marion de Kock,
'n
afgetrede prokureur.
Beskuldigde
1 was aanvanklik verdedig deur advokaat P Colenzo van die Kaapse
Balie, en na hy deur die hof versoek is om te onttrek
van sy
verdediging van beskuldigde 1, as gevolg van 'n konflik van
instruksies, word hy verdedig deur advokaat
Badenhorst
.
Beskuldigde 2 word sedert die 2009 verrigtinge voor Maqhubela,
WnR, deur mnr
Buurman
van die plaaslike Balieraad verdedig.
Dit
dien gemeld te word dat die afhandeling van die saak vertraag is as
gevolg van die feit dat advokaat Colenzo vervang moes word
en as
gevolg daarvan moes getuies Beck en Swanson herroep word. Daarna is
mnr Beck op ten minste drie verdere geleenthede herroep
sodat beide
advokaat
Badenhorst
en mnr
Buurman
horn kon kruisverhoor sodat sekere aspekte oor wat
verdedigingsgetuies sou oor kom getuig het, aan horn gestel kon word.
In al
die bogemelde gevalle het die Hof bevind dat die herroep van
die getuies in die belang van geregtigheid was en in lyn was met die
beskuldigdes se reg op 'n billike verhoor.
Dit
is gemene saak en nie in geskil dat die oorledene, Clifford Robin
Selfe, die eienaar was van Brent's Electrical Contractors
te
Soutrivier en dat hy in die elektriese herstelwerk bedryf werk gedoen
het. Dat Nathmee Beck in sy diens was tot en met Maandag,
16 April
2007, op welke datum sy dienste beeindig is as gevolg van werkstekort
en dat hy deur die oorledene meegedeel is dat die
horn sou laat weet
indien hy sy dienste weer sou benodig.
Dit
is verder gemene saak dat die beskuldigdes, insluitend Nathmee Beck,
op 19 April 2007 in 'n Nissan bakkie wat aan beskuldigde
2 behoort,
na Soutrivier is; dat beskuldigde 2 en die ander verby die oorledene
gery het terwyl hy in die laatmiddag buite sy winkel
gestaan en praat
het met persone; dat beskuldigde 2 sy voertuig op Albertweg te
Soutrivier parkeer het op 'n plek verby die oorledene
se
besigheidspersele; dat die twee beskuldigdes insluitend Beck in
beskuldigde 2 se voertuig gewag het totdat die oorledene alleen
op sy
besigheidsperseel was; dat beskuldigde 1 en Beck op 'n stadium toe
die oorledene alleen was na die besigheidperseel is terwyl
beskuldigde 2 in sy voertuig bly sit het; dat terwyl beskuldigde 1 en
Beck saam met die oorledene was, Beck die oorledene meegedeel
het dat
hulle daar was om die plek te beroof; dat Beck met die oorledene
begin stoei het en horn geslaan het, dat Beck die oorledene
op sekere
stadium tydens die gebeure ten minste drie keer met 'n ysterstaaf,
wat in die hof beskryf is in lengte 97 sentimeter
en gewig 3.8
kilogram, onder andere, op sy lyf en kop geslaan het; dat beskuldigde
1 gehelp het om die oorledene se hande en voete
vas te bind met
elektriese koord en kleefband en dat Beck ook die oorledene se mond
met kleefband toegemaak het.
Foto's
van die oorledene op die misdaadtoneel dui aan dat daar ook kleefband
om die oorledene se nek gebind is. Verder dat Beck
en beskuldigde 1
die oorledene na 'n kombuis aan die agterkant van die besigheid
gesleep het; dat beskuldigde 1 en Beck die oorledene
se twee
sellulere fone en die elektriese gereedskap en goed, soos uiteengesit
in die Akte van Beskuldiging in die oorledene se
besigheidsvoertuig
gelaai het; dat beskuldigde 2, Beck en nommer 1 na 'n plek te
Maitland is waar die elektriese gereedskap van
die oorledene se
voertuig oorgelaai is na die voertuig van beskuldigde 2, waarna al
drie van hulle in beskuldigde 2 se voertuig
vertrek het na Heideveld.
By
Heideveld gekom, is die oorledene se Nokia 611, wat deur beskuldigde
1 by oorledene se besigheidsplek tydens die voormelde insidente
geneem is, aan 'n sekere Anthony Jacobs gegee in ruil vir sy selfoon.
Dat die effek van die ruil transaksie was dat beskuldigde
2 Jacobs se
selfoon gekry het en dat beskuldigde 1 beskuldigde 2 se selfoon gekry
het.
By
Heideveld is 'n elektriese boor aan Martin Dixon gegee. Daarna is die
beskuldigdes en Beck saam na Tafelsig, Mitchell's Plain,
waar van die
oorledene se elektriese gereedskap aan ene Edries George verkoop is.
Na die transaksie sou Beck vir beskuldigdes 1
en 2 onderskeidelik
R100 betaal het.
erge
hoofbeserings met 'n ingeduikte skedel fraktuur met onderliggende
brein en gepaardgaande subdurale en sub-arachnoidale bloeding;
en
'n
fraktuur aan die regterkant van die hyoid been wat ooreenstem met
die toediening van stomp trauma tot die nek;
dat
sy bevind het dat die oorsaak van die oorledene se dood, soos
aangetoon in die lykskouingsverslag erge stomp trauma aan die
kop
is.
Foto's
van die oorledene se liggaam tydens die lykskouing sowel as foto's
van die toneel, net na die pleeg van die misdade en foto's
van die
toneel waar die oorledene se voertuig te Maitland gevind is en ander
foto's van die voertuig self en bewysstukke waar daarna
verwys is, is
gedurende die verhoor by ooreenkoms tussen die partye as bewysstukke
by die Hof ingedien.
In
die saak is dit verder nie in geskil dat die ondersoekbeampte in die
loop van sy ondersoek van die saak op 'n paar bruin Caterpillar
stewels beslag gele het nie en dat dit aan superintendent J M Kock
oorhandig is vir forensiese ontleding. Dit word erken dat
superintendent
Kock 'n uitsnysel van die voormelde Cat skoen gemaak
het waarop vermoedelik bloed voorgekom het en dat hy dit behoorlik
verseel
het en hy dit later oorhandig het aan die forensiese
wetenskap laboratorium, Wes-Kaap (soos per Bewysstuk E). Dat kaptein
Ulrich
Koenze 'n forensiese analis by die Forensiese
Wetenskaplaboratorium, Wes-Kaap, bovermelde uitknipsel vergelyk het
met 'n swab bevattende
die bloed van die oorledene en gevind het dat
die bloed op die uitknipsel, gemerk AA2, ooreenstem met die oorledene
se bloed. Sy
bevindinge in die verband is aanvaar as korrek, soos
vervat in 'n verslag deur horn wat dien as Bewysstuk F voor die Hof.
Beide
die beskuldigdes het skuldig gepleit op beide aanklagtes. Alhoewel
beskuldigde 1 aanvanklik sy swygreg uitgeoefen het, het
hy later
sekere formele erkennings ingevolge artikel 220 van die
Strafproseswet gemaak, soos hierbo uiteengesit en het dit later
geblyk dat sy verweer daarop neerkom dat hy nie deel was van enige
beplanning om die oorledene te roof of te moor nie; dat hy slegs
deur
Beck gevra is om horn na Soutrivier te vergesel om daar, soos hy dit
stel, Beck se "tools" by sy werkgewer te gaan
haal; dat hy
onbewus was dat Beck die oorledene gaan beroof en dat hy eers bewus
geword het van wat besig is om te gebeur toe Beck
die oorledene
vertel dat, soos hy dit meld, "hulle daar is om die plek uit te
dra".
Beskuldigde
2 het in sy artikel 115 verklaring, wat in die rekord ingelees is,
aangevoer dat hy slegs gevra is om die bakkie te
ry op Donderdag, 19
April2007. Ook in sy geval het dit later deur kruisverhoor en ander
getuienis geblyk dat hy ontken dat hy die
roof en moord saam met Beck
en beskuldigde 1 beplan het en dat hy slegs vir Beck en beskuldigde 1
na Soutrivier vergesel het, waar
hy in die voertuig gewag het.
Die
Hof is nie van voorneme om al die getuies se getuienis weer in die
detail te herhaal nie, na my mening is baie van die getuienis
wat
voor die Hof afgele is, gemene saak en nie in geskil nie. Die
hoofgeskilpunte in die saak is, na my mening, die volgende: (1)
Eerstens, of beskuldigde 1 en 2 saam met Beck beplan het om die
oorledene te roof en te vermoor; en, (2) tweedens, wat beskuldigde
1
se bydrae was tydens die roof en moord van die oorledene.
Die
belangrikste en enigste ooggetuie namens die Staat is Nathmee Beck.
Dit is gemene saak dat toe Beck in die saak getuig het,
dat hy reeds
op 20 April 2009 na 'n pleit- en vonnisooreenkoms gevonnis is tot 'n
effektiewe 23 jaar gevangenisstraf vir sy aandeel
in die roof en
moord op die oorledene. Dit dien gemeld te word dat die gebeure,
soos
Beck
dit beskryf in sy getuienis, grotendeels nie in geskil is behalwe die
kardinale aspekte wat as geskilpunte aangedui is.
Dit
is nie in geskil dat Beck en beskuldigde 2 bevriend is nie. Hy het
voor beskuldigde 2, wie veel ouer as hy is, grootgeword.
Hy, tesame
met beskuldigde 1 en ander jong mense, het gereeld daar by
beskuldigde 2 aan huis gegaan en dwelmmiddels gebruik asook
alkohol
daar gedrink. Beck, beskuldigde 1 en beskuldigde 2 woon in dieselfde
straat en in dieselfde woonbuurt binne kort loopafstand
van mekaar.
Beck en beskuldigde 1 het inderdaad saam grootgeword. Volgens die
aanvaarde getuienis was daar geen probleme tussen
die drie van hulle
nie. Hulle was bevriend en het saam gekuier. Daar is geen sprake dat
daar tussen hulle enige kwade gevoelens
teenoor mekaar gekoester was
voor die voorval plaasgevind het nie. Inteendeel was dit die Hof se
indruk dat Beck en beskuldigde
1 respek vir beskuldigde 2 gehad het.
Volgens
Beck het hy, ongeveer 'n week na hy ophou werk het, by beskuldigde 2
aan huis gegaan. Gedurende sy gesels met beskuldigde
2 oor, onder
andere, of hy nog werk by Brent's Electrical, het beskuldigde 2
voorgestel dat hulle die plek beroof aangesien hy
(beskuldigde 2)
geld gesoek het. Op die geleentheid het beskuldigde 2 gese dat hy 'n
koper het vir sogenaamde "power tools",
dit wil se die tipe
gereedskap waarmee Beck daar by Brent's Electrical gewerk het. 'n Dag
of wat later, toe Beck weer by beskuldigde
2 kuier, het beskuldigde 2
weer met horn begin praat oor die voorstel om die oorledene te
beroof.
Volgens
Beck het hy toe ingestem dat hulle die oorledene sou beroof, maar
daar is toe gese dat hulle nog 'n persoon sou makeer.
Die plan was
dat hulle beskuldigde 2 se voertuig sou gebruik om na die oorledene
se besigheidsperseel te gaan en dat Beck en die
ander persoon die
oorledene sou beroof terwyl beskuldigde 2 in die motor sou waghou. As
gevolg van die gesprekke tussen hulle,
het Beck, beskuldigde 1
genader en is hy ook betrek by die roof op die oorledene se
besigheid. Volgens die plan tussen beskuldigde
1, 2 en Beck, sou Beck
toegang kry tot die oorledene se besigheid; beskuldigde 1 laat inkom,
dat hy en beskuldigde 1 die oorledene
sou oorweldig, horn beroof en
horn dan sou doodmaak om te verhoed dat hulle later aan die man
gebring sou word.
Volgens
die getuienis is die drie eers na Manenberg waar beskuldigde 2 die
voertuig waaraan hy gewerk het aan sy vrou gegee het,
waarna hulle
met beskuldigde 2 se Nissan bakkie na Soutrivier na die oorledene se
besigheid is. Hulle drie het toe vir 'n tyd in
beskuldigde 2 se
voertuig gesit en wag totdat hulle tevrede was dat die oorledene
alleen was. In die tyd het beskuldigde 2 uit
die voertuig geklim en
verby die oorledene se besigheidsplek gestap om seker te maak of die
oorledene alleen was. Beck en beskuldigde
1 is toe na die oorledene
se besigheidsplek terwyl beskuldigde 2 by die voertuig agtergebly
het.
Die
sekuriteitshek is deur die oorledene oopgemaak van waar hy gesit het
toe hy Beck herken, nadat Beck die klokkie gedruk het.
Beskuldigde 1
is saam in en het horn versteek agter 'n afskorting wat baie naby die
deur gelee is. Beck en oorledene mekaar tegemoet
geloop het in die
omgewing van die deur en dat die oorledene onraad gemerk het toe hy
beskuldigde 1, verskuil sien sit agter die
afskorting. Toe die
oorledene aan Beck vra waarom beskuldigde 1 daar is of wat hy daar
maak, dat Beck toe die oorledene meegedeel
het dat hulle daar is om
die plek te beroof en/of "uit te dra", wat se terme ons ook
wil gebruik.
Volgens
Beck het hy die oorledene toe vasgegryp en begin slaan en skop.
Beskuldigde 1 het meegedoen aan die aanranding op die oorledene.
Die
oorledene is geslaan totdat hy op die vloer neergeval het. Toe die
oorledene probeer wegkruip en wegkom van hulle, het hulle
horn verder
geslaan en geskop op sy liggaam. In die proses van die aanranding het
Beck ook die oorledene met die ysterstaaf geslaan.
Terwyl
hy die oorledene vashou, het beskuldigde 1 die oorledene se hande en
voete vasgebind met koord en geel kleefband. Daar is
ook geel
kleefband gebruik om die oorledene se mond toe te plak, wat tot
gevolg gehad het dat die oorledene nie vir hulp kon skree
nie. So is
daar ook kleefband om die oorledene se nek gedraai. Die oorledene het
probeer skop en het horn verset toe hy gesleep
word na die kombuis.
Oorledene is toe verder aangerand in die kombuis met die ysterstaaf.
Nadat
die oorledene in die kombuis gelos is, het Beck kratte vol gepak met
elektriese gereedskap wat in die besigheidsperseel was
en dit is toe
in die oorledene se Toyota Stallion ingelaai. Voordat hulle daar weg
is, het Beck aan beskuldigde 1 gese hy moet
agter na die kombuis gaan
en gaan klaarmaak daar agter, met verwysing na, dat beskuldigde 1
moet seker maak dat die oorledene dood
is.
Terwyl
hulle by die Stallion was, het beskuldigde 2 na hulle gekom en gese
dat hulle horn moes volg. Omdat daar te veel mense was
by die parkeer
area te Koeberg waar hulle stilgehou het, het hulle horn toe gevolg
na 'n plek te Maitland waar die geroofde goed
toe vanaf die oorledene
se voertuig na beskuldigde 2 se bakkie oorgelaai is deur Beck en
beskuldigde
1.
Die battery van die Toyota Stallion wat beskuldigde 2 wou he, is nie
van die oorledene se voertuig geneem nie. Die oorledene
se voertuig
word daar geabandoneer en die drie vertrek toe na 'n vriend van Beck
wie te Heideveld woon.
By
Heideveld het hulle by Martin Dixon, Beck se vriend se huis,
aangegaan. Aldaar het hulle dwelms gebruik en dit is ook waar Beck
gesien het dat beskuldigde 1 een van die oorledene se selfone by horn
het. Dit is ook op die geleentheid wat die selfoon wat beskuldigde
1
by die perseel geneem het, in die ruiltransaksie aan Beck se vriend
gegee is. Beskuldigde 2 het in ruil Beck se vriend se selfoon
gekry
en beskuldigde 1 beskuldigde 2 se selfoon. Beck self het die
oorledene se Samsung selfoon gehou.
Beck
het ook op daardie stadium 'n elektriese boor aan Dixon gegee wat by
die oorledene geroof is. Na hulle klaar dwelms gebruik
het, is hulle
na Mitchell's Plain. Beskuldigde 2 het gese dat hulle reguit moet ry
na die koper te Kilimanjaro straat. By die huis
van die koper het
beskuldigde 2 uitgeklim en na die koper George se huis gegaan. Die
koper het uitgekom. Beskuldigde 2 het met
die koper onderhandel en
daar is 'n krat gevul met oorledene se elektriese gereedskap aan
George verkoop vir R350. Hulle het elkeen
R100 gekry van die verkoop
van die opbrengs van die items en die oorblywende R50 is gebruik
om "tik" te koop wat
by beskuldigde 2 se huis gerook is na
hulle weg is van die koper.
Volgens
Beck is in die daaropvolgende dae die res van die geroofde artikels,
onder andere, by Cash Crusaders, Cash Converters en
Yi koper te
Heideveld verkoop. Hy het die geld wat hy gekry het op homself
gespandeer terwyl hy se beskuldigde 2 sy opbrengs op
sy huis
gespandeer het.
Volgens
Beck was die roof en die moord op die wyse beplan want hy self het
nie kans gesien om die oorledene op sy eie te oorrompel
nie. Hy het
aanvanklik getuig dat hy die oorledene slegs een keer met die yster
teen die lyf geslaan het om horn onder bedwang
te bring. Hy het egter
later bygevoeg dat hy die oorledene twee houe teen die kop met die
yster geslaan het nadat hulle die oorledene
na die kombuis gesleep
het. Volgens horn, het die oorledene van die houe met die yster teen
sy kop, gebloei.
Die
verwere van beskuldigdes 1 en 2, soos geopenbaar deur kruisverhoor,
kom neer op 'n ontkenning dat daar 'n beplanning was om
die oorledene
te roof en te moor. Hierop het Beck gese dat die beplanning begin het
toe hy by beskuldigde 2 se plek was; dat dit
voortgesit is in die
voertuig toe hulle op pad is na Manenberg en selfs verder toe hulle
na Soutrivier ry.
Beck
het volgehou dat beide beskuldigdes 1 en 2 ten voile bewus was dat
hulle na die oorledene se besigheidsperseel gaan om die
oorledene te
beroof en dat die oorledene vermoor moes word, aangesien hy horn sou
kon identifiseer wat tot gevolg sou he dat hy
noodwendig vir
beskuldigde 1 en 2 sou moes impliseer in die saak.
Hy
het beklemtoon dat die idee vir die roof sy oorsprong gehad het by
beskuldigde 2 wat geld gesoek het vir huislike sake. Hy het
beskuldigde 2 se weergawe heftig ontken dat die slegs saam is omdat
hy sy gereedskap sou gaan haal en vervoer. Hy het verder ontken
dat
beskuldigde 1 slegs bewus geword het van die roof toe hy (Beck) na
bewering die oorledene in die winkel toegetakel het.
Beck
het in antwoord op die verskille in sy getuienis wat hy in 2009 voor
Maqhubela WnR afgele het en wat hy nou getuig, gese dat
die rede vir
die verskille gelee is in die feit dat die vrae gedurende die
verrigtinge op verskillende wyses aan horn gevra is.
Dit se hy, onder
andere, met verwysing na waar en op watter stadium hy en die ander
gepraat het oor die beplanning van die roof
en die moord. Dit blyk
asof hy, volgens horn, in 2010 in meer diepte uitgevra is.
Hy
het verder 'n stelling van beskuldigde 1 se vorige advokaat ontken
dat daar slegs beplan was om die oorledene se besigheid te
beroof en
ook dat beskuldigde 1 sou verstaan het dat dit nie eintlik 'n roof
sou wees nie, maar inderdaad 'n stelery. Hy het verder
ontken dat die
rede vir die diefstal was, soos gestel aan horn, dat hy (Beck)
ongelukkig was omdat sy werkgewer horn afgedank het.
Hy het ook
ontken dat hulle na die oorledene gegaan het om goed te kry vir geld
wat die oorledene horn skuld.
Dit
is aan Beck gestel deur beskuldigde 1 se advokaat dat hy (beskuldigde
1) buite by beskuldigde 2 gewag het en dat Beck alleen
die plek in
is. Dat hy (beskuldigde 1) ingegaan het eers nadat Beck met die
oorledene gepraat het. Dat Beck met die oorledene begin
baklei het en
dat hy (beskuldigde 1) toe ook deelneem aan die bakleiery. Hierop het
Beck geantwoord deur te se dat beskuldigde
1 op enige stadium kon
uitgegaan het indien hy nie deel van die bakleiery of indien hy nie
deel van die roof sou wou wees nie.
Hy
het volgehou dat indien die oorledene nie gedood sou word nie, dat
hulle na die roof aan die man gebring sou word. Op 'n stelling
dat
beskuldigde 1 sou se dat hy slegs die oorledene gegryp en vasgehou
het, maar nie die oorledene op enige wyse aangerand het
nie, het Beck
gese dat beskuldigde 1 inderdaad betrokke was en meegedoen het in die
aanranding. Hy het getuig dat beskuldigde 1
bewus was van die feit
dat hulle die oorledene geweld sou aandoen, aangesien dit alles deel
van die plan was. Hy het volgehou dat
beskuldigde 1 inderdaad
agtertoe is na die oorledene met die doel om seker te maak dat die
oorledene dood is. Hy het egter erken
dat hy die oorledene drie houe
met die metaalstaaf geslaan het en dat hy deelgeneem het aan die
moord op die oorledene.
Beck
se weergawe oor wat gebeur het en wat hy gedoen het, skep ruimte vir
die bevinding dat beskuldigde 1 'n mes of 'n skerp voorwerp
moes
gebruik het asook die oorledene 'n derde hou met die ysterstaaf
toegedien het.
Op
'n stelling dat beskuldigde 1 se dat die oppervlakkige wonde - en ek
moet se dit was toe advokaat Colenso namens beskuldigde
1 opgetree
het - op die oorledene se liggaam ook deur horn (Beck) veroorsaak is,
toe Beck die oorledene met die haakgedeelte van
die ysterstaaf
geslaan het, het hy gese dat dit nie so kon wees nie. Hy volstaan by
sy getuienis dat beskuldigde 1 teenwoordig
was op al die geleenthede
wat hy die oorledene met die ysterstaaf geslaan het.
Gedurende
kruisverhoor deur beskuldigde 2 se advokaat, het hy weereens
verduidelik dat die beplanning van die moord en die roof
by
beskuldigde 2 se huis begin het en dat hulle dit verder bespreek het,
soos ek voorheen gemeld het. Toe dit aan hom gestel word
dat
beskuldigde 2 sou ontken dat hy ooit met Beck gepraat het oor die
koper vir "power tools", het Beck volgehou dat
dit wel so
was. Beck het ontken dat hy self vir Edries George geken het en het
getuig dat die rede waarom hulle juis na George
is, was omdat
beskuldigde 2 vir George ken. Hy is die een wat uitgeklim het, hy is
die een wat na die woning van George is; hy
is die een wat die
transaksie beklink het.
Dit
is voorts aan Beck gestel dat dit sy idee was om die gesteelde goed
in die Toyota Stallion te laai. Hierop het Beck gese dat
dit
beskuldigde 2 se idee was, aangesien beskuldigde 2 belang gestel het
in die battery wat in die Toyota Stallion was. Volgens
Beck was dit
nooit sy voorneme om die Toyota Stallion te steel nie omdat hy nie
van enige kopers geweet het wat dit sou kon koop
nie.
In
antwoord oor waarom Beck nie in 2009 spesifiek gepraat het oor
doodmaak nie, se hy dat die plan was dat die oorledene hulle nie
moes
kon uitken nie en dat die bedoeling inderdaad was om die oorledene
aan te rand en dood te maak. Hy het weereens beklemtoon
dat daar
bespreek is tussen hom en beskuldigde 2 dat daar 'n derde persoon
nodig was om hom te help met die dra werk en die vasmakery
en dat
beskuldigde 2 inderdaad geweet het dat hulle na die oorledene se
besigheid is om horn die oorledene te beroof. Dat beskuldigde
2 as 't
ware moes waghou. Hy het ontken dat beskuldigde 1 vir 20 minute in
beskuldigde 2 se bakkie gesit en gewag het vir horn
om uit te kom.
Beck
het op verdere stellings van beskuldigde 2 se advokaat gese, dat hy
deur nommer 2 gese is om horn te agtervolg aangesien beskuldigde
2
geweet het van 'n stilplek waar die oorlaaiery vanaf die Stallion na
beskuldigde 2 se bakkie kon plaasvind. Hy het weereens bevestig
dat
dit beskuldigde 2 se voorstel was dat hulle na Edries George is
aangesien beskuldigde 2, George ken. Hy en beskuldigde 1 het
nie vir
George geken nie. Hy het weereens erken dat hy die oorledene met die
staaf geslaan het voor en agter in die besigheidsperseel.
Op
verdere vrae van mnr
Colenso
het hy sy vorige getuienis herhaal deur te se dat beskuldigde 1
teenwoordig was voor in die besigheidsperseel en agter in die kombuis
toe hy die oorledene met die ysterstaaf geslaan het.
Gedurende
herverhoor het hy getuig dat die rede waarom hy oorledene met die
ysterstaaf in die voorkant van die besigheid geslaan
het, was om hom
onder bedwang te bring sodat hulle hom kon vasmaak. Hy het verder
getuig dat dinge verkeerd sou geloop het indien
beskuldigde 1 nie van
die plan bewus was nie. Volgens hom, het beskuldigde 2 ook nooit
bevraagteken oor waarom die goed op sy voertuig
gelaai word nie.
Volgens Beck het beskuldigde 2 ook nooit gevra wat binne die
besigheidspersele gebeur het nie.
Na
Beck herroep is, nadat advokaat
Badenhorst
beskuldigde 1 se verdediging oorgeneem het, het Beck saamgestem dat
hy vir beskuldigde 1 aangese het om te gaan seker maak of alles
reg
is agter. Hierdie was 'n opvallende wysiging in beskuldigde 1 se
weergawe dat hy nou 'n tweede maal na agter is. Hy het ontken
dat hy
vir 20 minute alleen met die oorledene in die winkel agtergebly het
nadat beskuldigde 1 uit is. Volgens hom is hulle saam
die plek uit.
Hy het gese dat "toe hy beskuldigde 1 stuur na agter om te gaan
klaarmaak, het beskuldigde 1 'n lekker lang
tyd by die oorledene
gebly" en dit het hy gese aangesien beskuldigde 1 geweet het dat
hy die oorledene moes doodmaak.
Toe
hy gekonfronteer word met die feit dat hy in sy pleit- en
vonnisooreenkoms erken het dat hy oorledene met 'n mes gesteek het,
het hy dit ontken. Sy advokaat, so se hy, het nie die inhoud van die
ooreenkoms aan hom voorgelees nie. Hy ontken nie dat die
oorledene
gesteek was nie, maar ontken dat hy die steekwerk gedoen het. Volgens
horn het hy geweet dat hy pleit skuldig op die
moord en dat hy meer
belang gestel het in die jare gevangenisstraf wat hy sou moes
uitdien. In die verband dien dit vermeld te
word dat die pleit- en
vonnisooreenkoms, soos deur Beck aangegaan, spreek van 'n
gemeenskaplike optrede tussen horn en die beskuldigdes
wat dan nou
logies ook die messtekery sou insluit.
Hy
het pertinent ontken dat beskuldigde 1 slegs agtertoe is om te kyk of
die deur tot die kombuis nog gesluit is en ontken dat hy
onmiddellik
teruggekom het. Dit was sy getuienis.
Kaptein
Althea Japhta was op 20 April 2007 aan diens toe sy tussen agtuur en
nege-uur na die moordtoneel gegaan het. Sy het getuig
dat sy die
oorledene aldaar gevind het. Sy het die oorledene in die kombuis
agter in die besigheidsperseel aangetref, waar hy gele
het met sy
gesig in 'n plas bloed op die vloer. Daar is aan haar gerapporteer
dat die oorledene se Stallion bakkie vermis word.
Sy het aan die hand
van foto's wat van die toneel geneem is, sekere observasies van wat
sy op die toneel gemaak het, verduidelik.
Haar getuienis het egter
niks nuuts opgelewer nie.
Kaptein
Adolph Johannes Jonker het getuig oor die uitkenningsparade wat op 5
Julie 2007 gehou was, op welke geleentheid beskuldigde
2 positief
deur Edries George, die koper, uitgewys is as die persoon wat van die
oorledene se krag gereedskap aan hom verkoop het.
Die Hof is tevrede
dat sy getuienis
in
toto
aanvaar
kan word aangesien dit nie in geskil is nie.
Edries
George, die koper of "buyer", soos daar na hom verwys is,
het getuig dat hy het na sonsak met sy familie tuis was
te 46
Kilimanjaro straat, Tafelsig, Mitchell's Plain, toe beskuldigde 2
daar aankom en hom van die elektriese kraggereedskap van
die
oorledene aanbied om te koop. Volgens hom het beskuldigde 2 aan hom
gese dat hy nie meer die gereedskap vir sy werk nodig gehad
nie.
Volgens hom was daar twee ander persone met beskuldigde 2, maar dat
hulle die heeltyd in die voertuig waarmee die drie gekom
het, gesit
het. Hulle het ooreengekom dat hy slegs sekere van die gereedskap sou
neem waarvoor hy R350 aan beskuldigde 2 betaal
het. Volgens hom, het
beskuldigde 2 die gereedskap by sy huis ingedra en het hy hom daarna
betaal. Hy het nie voor die geleentheid
beskuldigde 2 geken nie. Hy
staaf die getuienis van kaptein Adolph Jonker van hoe die beskuldigde
by die uitkenningsparade uitgeken
is in materiele opsigte.
Hy
getuig dat hy voor die geleentheid wel by Woodstock Suid-Afrikaanse
Polisiestasie was om 'n verklaring aan die polisie af te
le oor die
verkoop van die kraggereedskap aan horn deur beskuldigde 2. Dit is
verder nie in geskil dat die polisie gedurende hulle
ondersoek van
die saak op van die oorledene se kraggereedskap op beslag gele het by
sy woning nie.
Gedurende
kruisverhoor het hy volgehou dat hy slegs beskuldigde 2 ken van die
aand toe die gereedskap aan horn verkoop is. Hy het
heftig ontken dat
beskuldigde 2 al op vorige geleenthede goed aan horn kom verkoop het
en gese dat hy geensins voorheen kontak
met horn gehad het nie. Toe
dit aan horn gestel word dat beskuldigde 2 sou se dat Beck agter by
die bakkie gestaan het, toe die
kooptransaksie plaasgevind het, het
hy dit ontken. Hy het verder ontken dat sy seun die gereedskap
ingedra het omdat, so se hy,
hy glad nie 'n groot seun het wat dit
kon gedoen het nie. Hy het volgehou dat hy met niemand anders as
beskuldigde 2 onderhandel
het nie.
Stellings
dat hy beskuldigde 2 op twee geleenthede by Woodstock polisiestasie
in die selle besoek het en met horn daar gepraat het,
het hy ontken.
Hy het getuig dat op die geleenthede wat hy wel by Woodstock
polisiestasie was, hy nooit in die werf van
die
Suid-Afrikaanse Polisiestasie geparkeer het nie, maar op die
hoofstraat buite die polisiestasie.
Hy
se dat omdat beskuldigde 2 'n ouerige persoon was, het hy hom vertrou
en was hy derhalwe gemaklik om die kooptransaksie met hom
aan te
gaan.
Die
getuie het glad nie van sy getuienis in hoof afgewyk nie. Die Hof
aanvaar sy getuienis dat beskuldigde 2 die persoon was wat
hom
genader het en dat beskuldigde 2 die een was wat die kooptransaksie
en onderhandelinge met hom aangegaan het. Die Hof is tevrede
in die
omstandighede dat sy getuienis geloofwaardig en betroubaar is en het
geen rede om dit in twyfel te trek nie.
Die
getuienis van superintendent Liza Potgieter ten opsigte van
beskuldigde 1 en die maak van die sogenaamde bekentenis is nie in
geskil nie en word aanvaar as korrek.
By
ooreenkoms tussen die Staat en die verdediging is die getuienis van
mev Selfe, die oorledene se eggenote, erken en toegelaat
as
getuienis.
Konstabel
Eugine Valentino Swanson, die ondersoekbeampte in die saak, het
getuig dat hy die moordtoneel besoek het op
20
April 2007 waar hy die oorledene se liggaam in die agterste gedeelte
van die besigheidsperseel, dit wil se die kombuis, aangetref
het. Die
oorledene was vasgemaak op sy maag in soos hy dit beskryf het, '"n
dam bloed gele". Volgens horn was daar verskeie
wonde aan die
oorledene se kop, bloed op sy klerasie; die oorledene se hande was
agter sy rug vasgemaak en sy voete was ook vasgemaak.
Daar was ook
kleefband om die oorledene se nek vasgemaak. Die oorledene was reeds
dood en is so gesertifiseer op die toneel.
Hy
het ook beslag gele op 'n ysterstaaf, waarna reeds verwys is. Dit is
gemene saak dat die ysterstaaf, waaroor Beck reeds getuig
het, wat
ook later as bewysstuk in die saak in gehandig is, inderdaad die
moordwapen is.
Van
groot belang in sy getuienis is dat hy getuig oor die bloedplas
waarin die oorledene gele het, die feit dat daar bloedspatsels
teen
die muur was en teen die wasbak wat, na my mening, stawing bied vir
die feit dat die oorledene ook in die kombuisgedeelte
aangerand is
deur sy aanvallers. Daar is geen verdere leidrade op die toneel
gevind wat kon help met die ondersoek nie. Hy het
wel bevestig hoe en
waar die oorledene se Stallion bakkie opgespoor is, maar dit het nie
die ondersoek en die saak enigsins verder
geneem nie.
As
gevolg van 'n anonieme oproep op 5 Junie 2007 het hy Beck op of
omtrent 7 Junie gearresteer. As gevolg van inligting wat hy ontvang
het van Beck oor die moord op die oorledene, is beskuldigdes 1 en 2
kort daarna gearresteer. Dit is nie in geskil wanneer en waar
beskuldigdes 1 en 2 gearresteer is nie, wat wel van belang is, is dat
Swanson tydens die arrestasie van beskuldigde 1 vir hom ondervra
het
oor wat hy (beskuldigde 1) aangehad het op die datum wat die moord
plaasgevind het. Volgens hom het beskuldigde 1 gese dat
hy dieselfde
klere aangehad het as wat hy tydens sy arrestasie aangehad het. Hy
het verder beslag gele op drie paar stewels, naamlik
Levi, gewone
werk stewels en die Caterpillar stewels of Cats soos daarna verwys
is. Volgens hom het beskuldigde 1 die Caterpillar
stewels aangehad en
met sy aankoms te Woodstock polisiestasie, het hy die stewels by
beskuldigde 1 geneem. Dit is as 'n bewysstuk
ingehandig.
Sou
sy getuienis dat die Caterpillars aan beskuldigde 1 behoort, aanvaar
word dien dit as verdere stawing vir die ander getuienis
dat
beskuldigde op een of ander stadium kontak moes gehad het met die
oorledene se bloed. Beskuldigde 1 se ontkenning dat dit nie
sy
stewels is nie, maak glad nie sin nie. As ons aanvaar dat hy op die
moordtoneel was, dan moet dit tog wees dat hy op een of
ander wyse op
'n stadium kontak met die oorledene se bloed gehad het. Op sy eie
weergawe hoort die feit dat daar bloed op sy stewels
gevind is, nie
enige verskil te maak op wat hy se daar gebeur het nie. Die enigste
afleiding wat hieroor gemaak kan word, is dat
beskuldigde 1 in die
verband horn so ver as moontlik van die oorledene se bloed probeer
distansieer het. Die waarskynlikhede, soos
ek later weer sal meld,
dui daarop dat beskuldigde 1 in die bloed van die oorledene moes
getrap het.
Gedurende
kruisverhoor het Swanson volgehou dat beskuldigde 1 wel die
Caterpillar stewels aangehad het tydens sy arres en dat hy
die
Caterpillars by horn afgeneem het by Woodstock polisiestasie.
Die
Hof is tevrede dat in die geheel gesien, Swanson by sy weergawe gehou
het en dat sy getuienis geloofwaardig en betroubaar is.
Die Hof het
nie die indruk gekry dat hy enige van die beskuldigdes en/of Beck
valslik wou inkrimineer in die saak nie.
Die
getuienis van dr Itumeleng Jacobeth Molefe, die staatspatoloog is,
soos reeds gemeld, nie in geskil nie. Wat verder van belang
is vanuit
haar getuienis is dat die veelvuldige steekwonde wat die oorledene
toegedien is, nie sy dood veroorsaak het nie.
Sy was ook
oortuigend in haar deskundige opinie dat die steekwonde aan die
liggaam toegedien is deur 'n Okapi mes of soortgelyke
skerp voorwerp.
Volgens haar was daar tekens van verwurging waar te neem by die
oorledene se nek en dit het sy ook opgemerk as
gevolg van observasies
by sy tong. In die verband verwys die Hof na die stawende getuienis,
soos uitgebeeld deur die foto's, Beck
se getuienis en die getuienis
van beskuldigde 1 wat daarop dui dat daar koord en kleefband om die
oorledene se mond en nek vasgebind
was.
Die
kneusings en abrasies het sy bevestig kon toegedien gewees het deur
die slanery, skoppery en die gesleep van die oorledene.
Na haar
mening, kon die ysterstaaf wat die oorledene se dood veroorsaak het,
nie die sogenaamde "incised wounds" en/of
"sharp
trauma)" veroorsaak het nie. In haar getuienis het sy duidelik
die verskil in voorkoms van die wonde, soos toegedien
deur die
ysterstaaf, in vergelyking met die mes of 'n soortgelyke voorwerp aan
die Hof verduidelik. Volgens haar mening, het dit
geblyk dat die
veelvuldige steekwonde wat die oorledene toegedien is, grootliks
onnodig was aangesien, soos ons weet, die oorledene
se dood
veroorsaak is as gevolg van die stomp trauma op sy kop.
Die
Hof aanvaar haar getuienis
in
toto.
Die
teorie wat beskuldigde 1 se advokaat (dit is sy eerste advokaat),
probeer ontwikkel het, dat die steekwonde deur die yster veroorsaak
is en dat Beck derhalwe ook daarvoor verantwoordelik was en dat
beskuldigde 1 om die rede nie vir die oorledene kon gesteek het
word
verwerp.
Dit
het die staatsaak gesluit.
Beskuldigde
1, wie huidiglik 27 jaar oud is en standerd 8 op skool gehaal het,
het 'n deels verontskuldigende weergawe aan die Hof
voorgele. Dat
Beck hom op straat gekry het op die dag van die gebeure. Dat Beck hom
gevra het om hom te vergesel na sy vorige werksplek,
sodat Beck daar
sy gereedskap kon gaan haal. Dat hulle na beskuldigde 2 se huis is
waarna hulle uiteindelik met beskuldigde 2 se
bakkie na oorledene se
besigheid is. Dat beskuldigde 2 'n entjie verby die oorledene se
besigheidsperseel parkeer het. Dat Beck
na verloop van tyd na die
oorledene se besigheid is en na tien minute teruggekeer het en hom
kom roep het. Dat hy saam met Beck
na die perseel is, waar hy deur
Beck gese is om hom aan die voorkant van die winkel agter 'n skerm te
versteek. Dat die oorledene
hom daar opgemerk het, toe hy na Beck kom
en wou weet waarom hy hom nou daar versteek en wat aangaan. Dat Beck
die oorledene gese
het dat hulle daar is om die winkel "uit te
dra", dit wil se te beroof. Dat die Beck die oorledene begin
slaan het en
geskop het tot hy op die vloer is en dat Beck horn
opdrag gegee het om die oorledene se hande en voete vas te bind, wat
hy toe
gedoen het. Hy het gebruik gemaak van die geel kleefband en
elektriese koord.
Dat
hy en Beck die oorledene daarna agter na die kombuis gesleep het.
Dat, volgens horn, die oorledene, se mond en neus toe al gebloei
het,
maar dat die oorledene toe nog nie met voorwerpe gesteek of geslaan
was nie en dat die oorledene nog gelewe het.
In
opdrag van Beck het hy later seker gemaak dat die agterdeur van die
kombuis vertrek toe is. Op die stadium toe is hy reeds lankal
bewus
dat hulle besig was met 'n roof. Hy self het in die loop van die
gebeure en met die uitdra van die kratte en gereedskap,
een van die
oorledene se selfone gevat wat daar in die perseel was. Hy het Beck
gehelp om die kratte gereedskap uit te dra en op
die Stallion bakkie
te laai wat voor Brent's Electrical in Albertweg geparkeer was.
Volgens horn is Beck terug in die besigheidsperseel
en het hy na 20
minute teruggekom en aan horn gerapporteer dat die oorledene
losgeraak het en dat hy weer met oorledene baklei
het.
Hulle
is daarna uiteindelik na Maitland waar die kratte vanaf oorledene se
voertuig op beskuldigde 2 se voertuig oorgelaai is.
Hy het Beck se
getuienis oor hoe hulle na Heideveld toe was waar die selfone
uitgeruil is en waar daar "tik" gerook
is, in wese gestaaf.
Hy
het ook getuig hoe hulle vanaf Heideveld na George se huis toe is
waar die gereedskap verkoop is aan George en hoe hulle daarna
by
beskuldigde 2 se huis dwelms gebruik het en bier gedrink het. Voorts
getuig hy hoe hulle die volgende dag bymekaar gekom het
en verder van
die oorledene se eiendom sou verkoop het.
In
verband met die stellings wat aan Beck gemaak is en wat betref
beskuldigde 1 se getuienis, is dit belangrik om op te merk dat
daar
wesenlike verskille is van wat beskuldigde 1 getuig het en wat later
gedurende kruisverhoor van beskuldigde 1 na vore gekom
het. Die Hof
merk op in die verband dat dit nie so duidelik is welke van die
teenstrydighede te wyte is aan swak kommunikasie tussen
advokaat
Colenso
en beskuldigde 1 nie. Daar sal egter onthou word dat die Hof
aangedring het dat advokaat
Colenso
byvoorbeeld
sy kruisverhoor in Engels doen en dat daar van 'n tolk gebruik gemaak
word om enige misverstand en kommunikasie probleme
uit die weg te
ruim. Die Hof het verder in belang van beskuldigde 1 versoek dat
advokaat
Colenso
onttrek as beskuldigde 1 se regsverteenwoordiger, toe dit blyk dat
daar 'n konflik tussen hom en advokaat
Colenso
was oor presies wat sy instruksies en/of mandaat aan Colenso
was
oor 'n spesifieke aspek van beskuldigde 1 se verweer in die saak.
Die
konflik het eers na vore gekom toe beskuldigde reeds getuig het en
toe hy deur die Staat onder kruisverhoor geneem is. Beskuldigde
1 se
hele weergawe is egter deurspek van teenstrydighede en
onwaarskynlikhede. Daar is, met respek, feitlik nie een aspek van die
feite-relaas wat hy verskaf, waarby hy konsekwent gebly het sedert 10
Julie 2007 nie.
Die
Hof gaan na slegs enkele voorbeelde verwys. 'n Deurlees van die
oorkonde wat sy getuienis betref, spreek vanself. Sy getuienis
oor
die verloop van die gebeure oor wat gebeur het na hy die winkel in is
tot en met die aanval op die oorledene, soos deur horn
beskryf in die
2009 verrigtinge, verskil van wat die Hof nou aangehoor het.
Beskuldigde 1 het by herhaling verwys na sy weergawe
wat hy gedurende
die verrigtinge in 2009 gegee het as verkeerd in sekere opsigte. Hy
kon nie die verskille verduidelik nie. Hy
het volgehou dat die 2010
weergawe wat hy gegee het, die korrekte weergawe is. Dit is natuurlik
uiters vreemd en onverklaarbaar
aangesien die 2009 weergawe baie
nader aan die insident was toe die gebeure ook nog vars in sy geheue
moes wees. 'n Mens sou dus
verwag dat hy eerder by die 2009 weergawe
sou hou.
In
2009 het hy getuig dat Beck hom gedreig het om hom aan te rand sou hy
nie deelneem nie. Sy 2010 weergawe meld hy glad nie die
aanranding
nie en se hy hy het vergeet daarvan. Die Hof is van mening dat die
dreigement van die aanranding kardinaal was tot sy
verweer en dat dit
hoogs onwaarskynlik is dat hy so iets sou kon vergeet. Dit is meer
waarskynlik dat sy getuienis oor die dreigement
van die aanranding 'n
versinsel en fabrikasie is. Gevolglik word sy verduideliking dat hy
daarvan vergeet het, verwerp as vals
en leuenagtig. Dit is dan
duidelik ook die rede waarom advokaat
Badenhorst
nie voortgegaan het om staat te maak op die verweer nie.
In
2009 getuig hy dat Beck en die oorledene stoei met mekaar en dat Beck
die oorledene stoot en dat die oorledene val. In 2010 getuig
hy dat
Beck en die oorledene stoei, dat Beck die oorledene se voete onder
hom uitskop en dat die oorledene toe val.
Volgens
beskuldigde 1 se hy dat hy dele van sy weergawe of van die weergawes
vergeet het. Dit is, met respek, onsin. Dit sou meer
logies wees dat
hy alles wat gebeur het, sou onthou wat daar plaasgevind het,
aangesien dit die eerste keer is wat hy volgens hom
in so iets
betrokke is in sy lewe en 'n mens sou dus verwag dat hy die gebeure
wat daar plaasgevind het, beslis sou onthou.
Gedurende
2009 het hy getuig dat die oorledene se een hand onder sy, sy was en
dat hy die oorledene moes oor rol om by sy hande
uit te kom sodat hy
dit agter sy rug kon vasmaak. In 2010 getuig hy dat die oorledene se
hande reeds agter sy rug was.
Toe
die staatsadvokaat horn uitvra oor die menige verskille in sy
getuienis, kan hy geen verduideliking gee nie en toe daar aan
horn
gestel word dat die rede vir die verskille toe te skryf is aan die
feit dat hy leuens vertel, se hy dat hy nie kan se of hy
Meg of nie
Meg nie.
Volgens
beskuldigde 1 wou hy twee keer uit die perseel probeer kom. Die deur
was egter gesluit. Soos ons weet is daar getuienis
van die
sekuriteitsmaatreel wat vanaf 'n afstand 'n gekontroleerde elektriese
knoppie beheer gebruik maak om die deur oop te maak.
Volgens sy eie
weergawe het hy die geleentheid gehad terwyl hy die oorledene vasbind
om die knoppie te druk en die deur oop te
maak. Toe hy hieroor gevra
word, se hy aanvanklik dat hy nie daaraan gedink het nie en daarna se
hy, hy het tog gedink daaraan
maar hy het nie geweet wat Beck sou se
nie.
In
verband met die pak van die gereedskap in kratte, getuig hy in 2009
dat hy nie vir Beck daarmee gehelp het nie. In 2010 getuig
hy, hy het
wel gehelp daarmee.
In
verband met die verkoop van die gereedskap aan George getuig hy in
2009 dat Beck die een was wat uitgeklim het om vir George
te gaan
haal. In 2010 getuig hy dit was nommer 2 wie George gaan haal het.
Dit dien gemeld te word dat laasgenoemde weergawe van
beskuldigde 1
rym met Beck se getuienis dat dit beskuldigde 2 was wat die koper
geken het en en wie hulle na die koper geneem het.
Beskuldigde
1 se verduideliking vir die verskil, is eers dat hy jammer is en
later se hy eenvoudig dat hy geen verduideliking daarvoor
het nie. In
2010 getuig hy dat Beck met George staan en gesels het aan die
agterkant van die bakkie en dat hy hulle kon hoor deur
die oop
geskuifde agter ruit van die bakkie. Die getuienis was heel duidelik
'n fabrikasie en versinsel aan sy kant. Die foto's
van die Nissan
bakkie, soos op Bewysstuk H3 en H4, toon duidelik dat daar nie so 'n
skuifruit is nie. Dit is ook so deur advokaat
Badenhorst
toegegee.
In
2009 se hy dat Beck R300 vir die verkoop van die gereedskap by George
gekry het. In 2010 getuig hy dat dit R350 was. Sy weergawe
oor
wanneer hy in besit gekom het van die oorledene se selfoon, verskil
ook in 2009 van die in 2010.
Wat
sy getuienis betref oor die dra van die Caterpillar stewels, is die
Hof bo redelike twyfel oortuig dat hy leuens vertel in die
verband.
Die Hof is tevrede dat die Caterpillars aan beskuldigde 1 behoort en
dat hy inderdaad op die datum van die oorledene se
dood dit gedra het
en in alle waarskynlikheid, soos ek reeds gese het, in die plas bloed
van die oorledene moes getrap het of op
'n stadium toe die oorledene
aangerand was met die yster of kort daarna. Sy weergawe dat hy nie by
die oorledene was tydens die
aanranding met die yster in die kombuis,
kan derhalwe nie waar wees nie.
Die
verdere storie dat hy glad nie naby die oorledene was na die
oorledene in die kombuis agter 'n geslote deur was, kan ook nie
waar
wees nie.
Die
waarskynlikhede van die verloop van die gebeure dui oorweldigend op
die verloop van feite, soos uiteengesit deur Beck in sy
getuienis.
Beck moes aan beskuldigde 1 verduidelik het wat van horn verwag word.
Dit sou selfmoord gewees het om 'n onwillige
en oningeligte
mededader in die omstandighede te betrek. So 'n persoon sou alles die
dag verongeluk het en ook met katastrofiese
gevolge. Beskuldigde 1
gee toe, selfs in sy 2010 weergawe dat die oorledene hulle sou aangee
en laat vang indien hulle hom sou
laat oorleef het. Die ry met die
bakkie met die gereedskap, die waghou buite deur beskuldigde 2 terwyl
Beck en beskuldigde 1 ingaan;
die feit dat beskuldigde homself
verskuil; die feit dat Beck die oorledene onkant betrap en verras met
die roof na hy en beskuldigde
1 toegang verkry, dui glad nie op die
optrede van oningeligte of onwillige mededaders, maar eerder op
optrede wat deeglik beplan
is deur wie ook al betrokke was.
Beck
se dat hy geslaan en skop het en dat hy (Beck) die oorledene slegs
drie keer met die ysterstaaf geslaan het. Beck se dat hy
beskuldigde
1 agtertoe gestuur het om seker te maak dat die oorledene dood is.
Beskuldigde 1 bevestig dat hy agter toe gestuur
is, maar se dat dit
was slegs om toe te sien dat die deur toe was. Dit maak glad nie sin
vir die Hof dat Beck hom agtertoe sou
stuur om te gaan kyk of die
deur toegesluit is nie. Indien, soos beskuldigde 1 die Hof wil laat
glo, Beck die oorledene verder
wou aanrand, waarom stuur hy dan vir
beskuldigde 1 om die deur te gaan sluit of om seker te maak dat die
deur gesluit is. Die
weergawe maak glad nie sin nie en bots erg met
die waarskynlikhede. Dit word gevolglik verwerp vera! waar dit nie
strook met die
weergawe wat Beck gee oor die gedeelte van die
getuienis nie.
Dit
is so dat die oorledene, benewens die houe wat Beck horn toegedien
het, ekstensief aangerand is en veelvuldige steekwonde toegedien
is.
Volgens Beck het beskuldigde 1 aan horn gese dat beskuldigde 1 net na
die terugkom vanaf die oorledene, "dat die daad
gepleeg of
uitgevoer was" of woorde tot daardie effek.
Die
waarskynlikhede in ag geneem, die bloed op sy skoen en Beck se
getuienis dui daarop dat beskuldigde 1 baie meer betrokke was
met die
doodmaak van die oorledene as wat hy wil toegee.
Die
volgende verdere aspekte word na verwys: As Beck slegs "tools"
wou gaan haal, het hy nie hulp nodig gehad om dit te
doen nie. Beck
was slegs 'n geleentheidswerker, nie gekwalifiseerd nie. Dit is hoogs
onwaarskynlik dat Beck soveel gereedskap by
sy werkgewer sou he. Die
feit dat daar gewag was tot die oorledene alleen was, is aanduidend
van 'n bewustheid van onwettigheid
tussen die drie beskuldigdes. Die
saamgaan en wegkruip van beskuldigde 1, dui op 'n bewustheid van sy
betrokkenheid by die misdade
wat gepleeg sou word. Volgens sy eie
weergawe het beskuldigde 1 meer as genoegsame tyd gehad om hom uit
die onwettige optrede te
onttrek en te verwyder van die toneel as hy
dan, soos hy se, nie wou saamwerk nie. Dit moet gesien word teenoor
die waarskynlikheid
dat beskuldigde 1 slegs saamgewerk het as gevolg
van 'n dreigement deur sy vriend Beck.
As
beskuldigde 1 geen aanranding op die oorledene wou gepleeg het nie en
in ag genome die feit dat hy bewus was van die feit dat
oorledene
hulle sou uitken, waarom vra hy nooit agterna wat Beck met die
oorledene gedoen het nie. Op sy weergawe wou hy nie eintlik
die
oorledene styf vasmaak en/of laat beseer nie.
Dit
is derhalwe hoogs onwaarskynlik dat hy eers twee maande later sou
hoor dat die oorledene dood is. As Beck hom so mislei het
oor wat
daar sou gebeur het, waarom distansieer hy homself nie en waarom
vertel hy nie Salie agterna van die absolute en skokkende
onvoorsiene
situasie waarin Beck hom geplaas het nie. Dit sou seer sekerlik ook
die effek gehad het dat hy vir Salie beskerm en
hy en Salie kon dan
ten minste die toneel verlaat het voordat Beck, volgens sy getuienis
wat toe daar by die oorledene was, weer
uit die oorledene se persele
gekom het.
Beskuldigde
1 se meedoening na die insident by Brent's Electrical, die vasmaak
van die oorledene, die sleep na agter, die steel
van die selfoon, die
hulpverlening met die pakkery en die laai van die buit, die
oorlaaiery in Salie se voertuig, die meedoen met
die verkoop van die
goed, deel in die opbrengs op die dag van die voorval asook die
volgende dag se meedoen aan die verkoop, is
aanduidings van 'n
voortsetting van sy gemeenskaplike doel by die pleeg van die misdade.
Die
Hof is gedagtig daaraan dat die Hof nie oormatige gewig moet heg aan
die houding of "demeanour" van 'n beskuldigde
as hy getuig
nie. Dit speel tog egter 'n rol by die evalueringsproses. Beskuldigde
1 was 'n uiters swak getuie. Die getuienis moes
as 't ware letterlik
uit horn getrek word. In die getuiebank was die verskeie stilswyes
aan sy kant opmerklik en die aarselings
en dit het met reelmaat
voorgekom. Die verduidelikings oor die etlike weersprekings in sy
weergawe was, onder andere, "wel,
ek is jammer, ek het vergeet,
ek weet nie, ek is nie seker nie". Sy stemtoon was deurentyd sag
en hy was by tye onhoorbaar
gewees. Soos ek se "demeanour is a
tricky horse to ride", maar die Hof noem dit slegs sodat daar
van kennis geneem word.
Opsommenderwys
moet gese word dat beskuldigde 1 se getuienis van sodanige swak
gehalte was dat sy weergawe, waar dit verskil met
die van Beck en
Swanson se getuienis, verwerp moet word as vals en leuenagtig.
Ebrahim
Salie, beskuldigde 2, is 'n 50-jarige getroude pa van vyf kinders. Hy
het hom bekwaam as 'n auto-electrician en het die
werk by sy huis
verrig. Sy huis is 'n gewilde kuierplek. Hy bevestig dat hy, Beck en
beskuldigde 1 goed ken. Hy het getuig dat
Beck die Maandag by hom
opgedaag het. Dat hulle gesels het en dat Beck hom vertel het dat hy
nie meer sy werk het nie. Hy ontken
dat hy die gesprek oor die roof
op die oorledene geTnisieer het omdat hy geldelike probleme sou gehad
het en omdat hy na bewering
'n "buyer" gehad het vir "power
tools". Hy bevestig dat Beck weer die Donderdag by hom was
terwyl hy aan 'n
motor werk; dat hy en Beck toe gesels het; dat Beck
so teen 15:00 tot 15:30 weer daar by hom aangekom het en gese het dat
die oorledene
hom gebel het om te se hy moet sy "tools" kom
haal wat hy agtergelaat het by oorledene se besigheid.
Hy
kon aanvanklik nie beskuldigde 1 uithelp nie omdat hy nie vervoer
gehad het nie. Later toe sy vrou egter probleme ondervind met
sy
Nissan bakkie te Manenberg, het hy tesame met Beck en beskuldigde 1
na Manenberg gegaan en toe hy tevrede is dat sy vrou en
familie
uitgesorteer is, het hy en beskuldigde 1 en Beck na Soutrivier
vertrek.
Dit
dien gemeld te word dat Beck horn gese het dat hy voor 17:30 die aand
by die oorledene se perseel moet wees aangesien dit die
tyd is wat
die oorledene sluit vir die dag. Na hy te Manenberg petrol in sy
bakkie gesit het, het hulle na Soutrivier vertrek.
Op daardie stadium
het hy net R10 oorgehad en was hy bewus dat die petrol in die bakkie
nie genoeg sou wees om hulle terug na Mitchell's
Plain te neem nie.
Volgens horn het hy nooit die aspek met Beck bespreek nie, maar het
hy geweet dat hy die geld by Beck sou kry.
Toe hulle by Soutrivier
opdaag, wys Beck die oorledene aan horn uit waar die oorledene buite
sy besigheid op die sypaadjie staan,
besig om met mense te praat. Hy
ry egter verby die besigheid en gaan parkeer so 100 meter weg van
waar die oorledene se persele
is.
Die
Hof moet onmiddellik meld dat die versuim om die petrol probleem met
Beck te bespreek, baie snaaks is en glad nie waarskynlik
is nie. Seer
sekerlik sou dit normaal gewees het om die kwessie van betaling met
Beck te bespreek om sodoende te verseker dat hulle
genoeg petrol sou
he om by die huis uit te kom. Beskuldigde 2 se weergawe in die
verband maak derhalwe nie sin nie. Gesien die
tydsfaktor en dat
oorledene 17:30 vertrek en dat Beck slegs sy "tools" kom
afhaal, maak dit verder nie sin dat beskuldigde
2 nie by oorledene
stilhou waar hy daar buite staan nie. Hy laat ook nie vir Beck
uitklim en die "tools" onmiddellik
laat gaan haal nie en
laat ook nie toe dat die "tools" onmiddellik in die
voertuig gelaai word nie. Dit is tog wat 'n
normale aanvaarbare
menslike gedragsnorme sou wees gesien die omstandighede.
Beskuldigde
2, volgens sy eie weergawe, weet ook nie hoeveel "tools" of
wat die aard en omvang daarvan is nie, tog gaan
hy en hy parkeer 100
meter weg verby die persele van die oorledene. Nieteenstaande die
tydsfaktor, klim beskuldigde 2 uit die bakkie
uit, daar is geen haas
van sy kant af nie. Hy spreek nie eintlik Beck aan oor wanneer hy sy
"tools" gaan haal nie. Hy
maak eerder doodluiters sy
enjinkap vas en volgens hom stap hy eers by straat af om samoosas te
gaan koop met die laaste R10 wat
hy het. Dit is interessant dat hy
die samoosas koop sonder dat hy weet of Beck en/of beskuldigde 1
enige geld het vir petrol vir
sy bakkie.
Verdere
tyd word in beslag geneem deurdat toe hy nie die samoosas by die
eerste plek kry nie, hy daarna by 'n ander plek moes gaan
kyk het.
Dit is gemene saak dat toe hy die samoosas gaan koop, dat hy verby,
volgens hom, die oorledene se perseel gestap het.
Toe hy terugkom met
die samoosas, sit hulle al drie dan rustig in die voertuig en
samoosas eet. Alhoewel hy getuig het dat hy
met sy terugkeer met die
samoesas aan Beck gevra het wanneer hy ingaan, dit wil se na die
oorledene, en Beck aan horn se dat hy
maar eers sy samoosas gaan eet,
vind hy beskuldigde 2 dit glad nie snaaks nie.
Op
die stadium toe hy terugkeer en Beck vra of hy ingaan, weet hy ook
nie of Beck reeds by die oorledene was nie. Wat inderdaad
gebeur, is
dat hulle al drie rustig in die voertuig sit en samoosas eet vir
omtrent tien minute. Volgens horn is Beck eers daarna
op sy eie na
die oorledene se persele.
Die
Hof bevind dat die verby ry van die oorledene, die stilhou weg van
die oorledene se persele, die uitklim en verbystap van die
oorledene
se persele om sodoende seker te maak dat hy alleen is, alles
aanduidend is van die
modus
operandi
wat
voor die tyd tussen die drie van hulle uitgewerk was. Die optrede van
die drie dui nie op 'n situasie, soos beskuldigde te kenne
gee, dat
die uitsluitlike doel die haal van "tools" was nie. Die Hof
is tevrede dat die drie se optrede totaal indruis
teen die
waarskynlikhede. Dit is op die weergawe soos deur beskuldigde 2
gegee.
Volgens
beskuldigde 2, het Beck, nadat hy inderdaad na die oorledene se
besigheidspersele is, na tien minute teruggekeer en beskuldigde
1
geroep om horn te vergesel. Hy wat beskuldigde 2 is, bly agter en sit
weereens rustig in die bakkie en koerant lees. Volgens
horn het hy
selfs half aan die slaap geraak, maar hy kan wel se dat Beck en
beskuldigde 1 vir omtrent 20 tot 30 minute weg was
voordat
beskuldigde 1 weer by om in die bakkie aangesluit het. In die verband
meld die Hof dat Beck se getuienis oor die manier
hoe die misdade
gepleeg sal word, dit wil se dat beskuldigde 2 die vervoer sou
verskaf en wag sou gehou het terwyl hy (Beck) en
beskuldigde 1 binne
besig was met die oorledene, op die grotere waarskynlikhede sterk
deurskemer.
Wat
verder glad nie sin maak op beskuldigde 2 se weergawe nie, is dat na
beskuldigde 1 terugkeer na die voertuig, hy glad nie vir
beskuldigde
1 vra waar Beck is of waar die "tools" is nie. Of wat nou
aangaan nie. Volgens horn, sit hulle net daar in
die voertuig vir so
20 tot 15 minute sonder dat daar 'n woord gepraat word oor die mees
belangrike rede waarom hulle daar gekom
het en dit is die haal van
die "tools". Hy vra glad nie vir beskuldigde 1 wat daar
binne gebeur het nie. Die weergawe
is so onwaarskynlik dat die Hof
dit moet verwerp.
Na
die verloop van die 15 tot 20 minute, se hy, kom Beck terug na die
bakkie en vra dan vir beskuldigde 1 om saam met horn te kom.
Beskuldigde 1 vra nog steeds nie wat nou aangaan nie. Hy klim ook nie
uit sy bakkie nie. Hy volg nie vir Beck en beskuldigde
1 om vas te
stel wat nou aangaan nie. Hy aanvaar maar gedwee wat daar plaasvind.
'n Mens sou ten minste verwag het dat hy ten minste
teen hierdie tyd
al vir Beck sou gevra het wat nou aangaan, waar Beck se "tools"
is en of daar enige probleme is. Hy
vra nie eers waar Beck en
beskuldigde nou gaan nie. Hy gaan slegs voort om koerant te lees. Die
optrede maak glad nie sin nie en
dui op 'n verdere onwaarskynlikheid
in sy storie. Dit dui eerder op die optrede van 'n persoon wat
presies geweet het wat daar
aangaan en dat dit om die rede is dat
daar geen rede was om vrae te vra nie.
Na
so vyf minute, so getuig hy, hoor hy net die geblaas van 'n toeter
van 'n motor langs hom. Beck en beskuldigde 1 is in die firma
se
Stallion bakkie en Beck wys hom hy moet volg. Hy volg dan vir Beck
sonder om vrae te vra of om onraad te merk tot by die parkeer
area.
Daar gekom se Beck vir hom dat daar te veel mense is (dit is nou by
die parkeerarea te Koeberg) en dat hulle nie daar kan
staan nie. Hy
vra nog steeds nie vir Beck wat aangaan nie en volg hom weereens
gedwee na die straat daar te Maitland, waar Beck
en beskuldigde 1 nou
die kratte vanaf die Stallion bakkie na sy bakkie oorlaai. Terwyl
hulle die oorlaaiery doen, vra hy ook glad
nie waarom hulle daar die
goed oorlaai nie. Slegs na beide beskuldigde 1 en
Beck
in die voertuig is, vra hy vir Beck maar wat dan nou van die Stallion
bakkie van die oorledene. Hierop se hy Beck het vir horn
gese dat
iemand dit sou kom haal. In die terugrit vra hy geen vrae oor die
vertraging oor waarom hulle al die ompaaie gery het
en waarom dit
nodig was om die Stallion te gebruik om die goed in te laai en of
daar te ry net om dit uiteindelik daar te abandoneer.
Dit se die Hof
in die lig van die feit dat die rede waarom hy daar saam was, was
juis om die "tools" te gaan haal.
Toe
beskuldigde 2 hieroor gekruisverhoor word, se hy dat hy maar gedink
het dat Beck die eienaar se bakkie vir horn wou wegneem.
Die
verduideliking strook egter glad nie met beskuldigde 2 se weergawe
dat hulle slegs na Brent's Electrical is om Beck se "tools"
te gaan haal nie.
Op
pad huis toe, het die bakkie sonder brandstof gaan staan. Volgens
beskuldigde 2 se hy vir Beck hy het nie meer geld nie. Beck
haal toe
geld uit wat hy na bewering by sy baas gekry het. Petrol word toe
ingegooi en op Beck se versoek is hulle na Beck se vriend
daar te
Heideveld. Op 'n stadium daar te Heideveld, het Martin en Beck die
Wendy Huis waar hulle gesit het, verlaat en was beskuldigdes
1 en 2
alleen saam met ene Anthony. Terwyl hulle daar is, gee Martin ook vir
Beck 'n trui om die werksbaadjie wat hy van die oorledene
se
besigheid gedra het, te vervang. Die moontlikheid is natuurlik dat
Beck die werksbaadjie by die oorledene se plek aangetrek
het om nie
suspisie te skep met die gebruik van die werksvoertuig nie.
Op
'n stadium, terwyl beskuldigdes 1 en 2 alleen met Anthony is, het
beskuldigde 1 'n selfoon uitgehaal. Beskuldigde 2 vra toe waar
hy
daaraan kom. Beskuldigde 1 se dat hy dit by Brent's Electrical geneem
het. Beskuldigde 2 is geensins verbaas hieroor nie. Hy
neem die
selfoon by nommer 1 welwetende dat die selfoon gesteel was te Brent's
Electrical. Toe Beck en Martin terugkeer met "tik"
het Beck
die selfoon geneem en dit aan Martin oorhandig en dit is op die
stadium wat die omruilery van die selfone plaasvind, soos
ek vroeer
verduidelik het.
Oor
hoe die omruil van die selfone plaasgevind het, gee beskuldigde 2 ook
verskillende weergawes. Hy was nie in 'n posisie om 'n
redelike
verduideliking te gee vir die verskillende weergawes nie. Sy weergawe
wat hy by die verhoor gegee het oor die ruil van
die selfone, verskil
ook met die weergawe wat beskuldigde 1 in die verband verskaf. Wat
egter soos 'n paal bo water staan, is dat
hy sonder om te blik of te
bloos weereens betrokke raak in die omruil van 'n selfoon wat hy weet
van die oorledene gesteel is.
Volgens hom, het hulle eers "tik"
gebruik en bier gedrink en toe vanaf Heideveld vertrek na Mitchell's
Plain. Op pad
het Beck gevra of hy 'n "buyer" ken. Al
getuig hy dat hy nie geweet het waarom die "buyer" nodig
was nie of
vir wat nie, se hy vir Beck dat Beck die "buyer"
ken en hy ry toe na die getuie Edries George se huis. Daar se hy, het
hy George aanvanklik genader en na hy Beck en George bymekaar gebring
het, het hy na beskuldigde 1 in die bakkie teruggekeer. Beck
en
George onderhandel toe verder. Op daardie stadium, so getuig hy, weet
hy nog steeds nie wat Beck aan George verkoop nie. Volgens
horn, het
hy nie eers daaroor gedink nie. Dit is opmerklik dat hy in 2009
getuig het dat hy inderdaad geweet het waaroor die transaksie
gaan.
Hy kon weereens nie sy verskillende weergawes in die verband
verduidelik nie.
Na
die transaksie tussen George en Beck, is hulle op pad na sy huis, toe
Beck R100 aan horn gee. By sy huis het hulle weer "tik"
gebruik en bier gedrink waarna beskuldigde 1 en beskuldigde 2 huis
toe is. Dit is gemene saak dat Beck gese het dat die gereedskap
moet
daar by beskuldigde 2 se huis op die bakkie bly.
Wat
interessant is, is dat beskuldigde 2 dit glad nie snaaks of abnormaal
vind dat Beck nou klaarblyklik sy gereedskap, waarmee
hy 'n lewe
maak, verkoop nie. Hy kon ook nie verduidelik waarom, indien Beck
binne loopafstand van sy huis bly, die res van die
"tools"
nie net een keer by Beck se huis afgelaai is nie. Die getuienis wys
inderdaad dat in die daaropvolgende dae,
alhoewel hy vele geleenthede
gehad het om dit te doen, hy nie die "tools" by Beck
afgelaai het nie. Die getuienis dui
verder daarop dat behalwe die een
stuk gereedskap wat aan Beck se vriend gegee is, al die ander
gereedskap van die oorledene verkoop
is. Die verloop van die gebeure
oor hoe daar met die oorledene se gereedskap na die roof gehandel is
en beskuldigde 2 se optrede
in die verband, dui alles daarop dat
beskuldigde 2 uit die staanspoor geweet het dat die "tools"
nie Beck se eiendom
is nie.
Die
gevolgtrekking word verder versterk deur sy eie getuienis dat die res
van die gereedskap die volgende dag met die hulp van Martin
te
Heideveld verkoop is. Hy het ook tydens die verkoop, geld van Beck
gekry.
Beskuldigde
2 kon nie verduidelik hoe beskuldigde 1 geweet het van die besoek na
Martin die volgende dag nie, aangesien Beck eers
in die middag van
die volgende dag vir hom gevra het om hom na Martin te neem. Die feit
dat beskuldigde 2 vir Beck en nommer 1
inderdaad na George (as koper)
geneem het, dien as stawing vir Beck se getuienis, soos ek reeds
gemeld het, dat beskuldigde 2 die
optrede geTnisieer het deur heel
aan die begin van die besprekings vorendag te kom met die voorstel
van 'n roof, aangesien hy,
beskuldigde 2, inderdaad 'n "buyer"
vir "power tools" het. Dit is ook opmerklik dat hy op
verskeie geleenthede
na sy arrestasie Beck gevra het wat gebeur het,
maar dat Beck horn net gese het hy moet horn nie daaroor bekommer
nie.
Wat
verder van belang is by die beoordeling van sy getuienis, is dat sy
weergawe in verskeie opsigte feitlik verskil van die van
beskuldigde
1. Die Hof verwys na enkele aspekte. Beskuldigde 1 het getuig dat
hulle die samoosas voor in die bakkie sit en eet
het terwyl nommer 2
se dat beskuldigde 1 buite gehurk gesit het. Beskuldigde 1 het getuig
dat hy op die dag (van die roof en moord)
so 6:00 namiddag by die
huis moes terug wees, terwyl beskuldigde 2 die indruk skep dat daar
geen haas was nie. In 2009 het hy getuig
dat hy en beskuldigde 1 R100
gekry het vir die verkoop van die gereedskap. In 2010 skep hy die
indruk dat die R100 wat hy gekry
het, is as gevolg an die feit dat hy
nou betaal word vir petrolgeld.
Beskuldigde
2 weerspreek horn ook oor wie die gereedskap by George se woning
uitgedra het. Gedurende kruisverhoor word dit aan George
gestel dat
sy seun die dra werk gedoen het. Beskuldigde 2 wysig later deur te se
dat Beck en George sou terug geloop het na die
huis.
Beskuldigde
2 het ook glad nie be'indruk as 'n getuie nie. Ook wat hom betref
moes antwoorde by tye letterlik by hom uitgetrek word.
Op menige
geleenthede kon hy glad nie verduidelikings gee vir sy optrede nie.
Die Hof bevind dat die getuienis in die geheel gesien,
in ag genome
die inherente onwaarskynlikhede en probleme met sy weergawe, daarop
dui dat beskuldigde 2 inderdaad bewus was dat
daar 'n roof sou
plaasvind en dat die slagoffer nie lewendig daaruit kon kom nie.
Beskuldigde
2 het ook op 'n laat stadium in die verhoor twee getuies geroep in 'n
poging om die geloofwaardigheid van Beck af te
kraak. Die persone,
Faizel Afrika en Moegamat (Magmoet) Samuels, sou
mede-verhoorafwagtendes gewees het wie saam met Beck 'n enkelsel
te
Pollsmoor gedeel het tydens hulle aanhouding aldaar. Hulle het getuig
oor wat Beck na bewering aan hulle sou gese het aangaande
die pleeg
van die moord en die roof op die oorledene.
Beck
is twee keer herroep sodat die getuienis en weergawes aan hom gestel
kon word. Beck het ontken dat hy enigsins die saak met
hulle bespreek
het, behalwe as om te meld op watter klagtes hy in aanhouding voor
was. Hy het egter volgens hom nie verdere detail
aan hulle verskaf
nie. Die
Hof
is nie van voorneme om hulle getuienis ten voile te herhaal nie. Wat
egter duidelik is, is dat die twee getuies se getuienis
oor wat Beck
na bewering aan hulle sou vertel het, in wesenlike opsigte van mekaar
verskil. Hulle getuienis is inderdaad teenstrydig
met aspekte in die
saak wat glad nie in geskil is nie.
Die
Hof is tevrede dat die staatsadvokaat beide se getuienis met gemak
gediskrediteer het met deurtastende en effektiewe kruisverhoor.
Wat
die getuie Afrika betref, het die Hof die indruk gekry dat indien hy
nie weer per toeval in die gevangenis opgeneem is, nou
terwyl die
verrigtinge nou besig was en toe ons besig was met die
verdedigingsaak nie, dat hy nooit vorentoe sou gekom het as hy
nie by
die tronk opgespoor was nie. Dit is ongelooflik dat hy oor die
belangrike getuienis beskik, maar dat hy geen poging aangewend
het om
beskuldigdes se familie en/of die polisie en/of die vir die advokate
in die hande te kry nie. Hy was ten minste ses maande
buite nadat die
inligting tot sy kennis gekom het. Sy optrede is, om die minste te
se, "bizarre".
In
die geheel was die Hof glad nie beindruk met Afrika se getuienis nie.
Hy het beide in sy getuienis in hoof en selfs weer in
kruisverhoor
swak vertoon. Sy getuienis is vol teenstrydighede. Hy kon glad nie
verduidelik waarom sy getuienis oor wat Beck na
bewering aan hom
vertel het, teenstrydig is met die weergawes van Beck en beskuldigde
1 nie.
Uit
sy getuienis blyk dit ook asof hy sy lojaliteit baie gou kan verander
en ook soos dit hom pas. Aanvanklik skaar hy hom by Beck
in
omstandighede waar hy sou toelaat dat beskuldigde 1 en beskuldigde 2
onskuldiglik tronk toe gaan en dan later verander hy skielik
en skaar
hom nou by beskuldigde 1 en 2. Na my mening, is hy 'n uiters
gevaarlike getuie wie se geloofwaardigheid sterk in twyfel
getrek
moet word.
Dit
is gemene saak dat Beck kort na sy arrestasie 'n verklaring aan die
ondersoekbeampte gemaak het waarin hy sy betrokkenheid by
die moord
en die roof uiteensit. In dieselfde verklaring impliseer hy
beskuldigde 1 en 2 in die saak. In sy pleit- en vonnisooreenkoms
skets hy die gebeure op die basis dat die roof en die moord beplan
was en word die roof en moord verduidelik op die basis dat die
deelnemers met 'n gemeenskaplike doel opgetree het. Beck se nerens in
enige van sy verklarings spesifiek dat beskuldigde 1 die
oorledene
gesteek het nie. As hy (Beck) beskuldigde 1 valslik wou beskuldig,
dan kon hy al uit die staanspoor so gedoen het.
Selfs
in sy getuienis voor die Hof maak hy nie pertinent melding dat hy
gesien het hoe beskuldigde 1 die oorledene gesteek het nie.
Op
die getuienis van die verdedigingsgetuies sou Beck gese het dat hy
sou die saak op beskuldigde 1 sit wat die stekery betref.
Die Hof is
tevrede dat Beck se relaas oor die gebeure vanaf die tyd wat hy die
verklaring aan die ondersoekbeampte gemaak het tot
en met sy
getuienis in die hof konstant gebly het. Dit maak gevolglik glad nie
sin dat, nadat hy reeds aanspreeklikheid vir die
moord aanvaar het,
dat hy nou die fabelagtige weergawe aan Samuels sou vertel nie.
Bygevolg
moet die Hof die getuienis van die verdedigingsgetuies ignoreer
vanwee die menige teenstrydighede in die getuienis, die
feit dat die
getuienis bots met algemene aanvaarde getuienis wat glad nie in
geskil is nie, die feit dat die getuienis glad nie
sin maak nie en
dat die getuienis totaal indruis teen die waarskynlikhede.
Die
Hof is aandagtig aan die beginsel dat 'n beskuldigde se weergawe in
'n strafsaak slegs redelik moontlik waar hoef te wees om
horn
sodoende die voordeel van die twyfel te gee en gevolglik vryspraak.
By die evaluering van sy weergawe, moet die Hof kyk na
die kwaliteit
en kwantiteit van die direkte weerleggende getuienis wat deur die
Staat aangebied is. Die beskuldigdes se weergawes
word ook beoordeel
met inagneming van die teenstrydighede, waarskynlikhede en
onwaarskynlikhede wat daarin gevind word.
Al
die weergawes soos deur Beck voorgehou in die saak, spreek van
beplanning en 'n gemeenskaplike oogmerk tussen horn, beskuldigde
1 en
beskuldigde 2. By die evaluering van Beck se getuienis is die Hof
terdee daarvan bewus dat Beck 'n enkelgetuie is en ook 'n
mededader
was by die pleeg van die roof en die moord van die oorledene.
Die
Hof is verder bewus dat om die rede die Hof sy getuienis
met die
nodige versigtigheid moet benader. Die Hof bevind
egter dat Beck
se weergawe op 'n sinvolle, logiese wyse afgele
is en dat hy 'n
helder uiteensetting gee van die roof en die
moord op die
oorledene.
Beck
is aan intensiewe en
deurtastende
kruisverhoor onderwerp gedurende die verhoor. Die Hof bevind dat waar
daar inderdaad afwykings, byvoegings of verskille
in sy getuienis is,
is die Hof van mening dat dit nie ten opsigte van materiele aspekte
is nie. Die Hof is tevrede met die verduidelikings
wat hy aangevoer
het vir die verskille wat daar teenwoordig mag wees. Die Hof het op
geen stadium die indruk gekry dat hy onseker
was oor sy weergawe nie.
Die algehele indruk is dat hy konstant gehou het by sy weergawe in
beide 2009 en 2010 verrigtinge. Die
Hof het nooit die indruk gekry
dat hy doelbewus leuens vertel nie.
Die
Hof is tevrede dat die Hof kan bevind dat hy 'n eerlike en betroubare
getuie is. Beck het uit die staanspoor uit oop kaarte
gespeel. Hy het
met die polisie saamgewerk. Hy maak feitlik onmiddellik na sy aires
'n verklaring aan die polisie, waarin hy sy
betrokkenheid in die
moord en roof van die oorledene erken. In sy verdere pleit- en
vonnisooreenkoms speel hy weereens oop kaarte
en erken daarin dat hy
saam met die beskuldigdes beplan het om die oorledene te beroof en
erken hy verder die feit dat daar 'n
gemeenskaplike oogmerk was toe
die oorledene geroof en gemoor is. Alhoewel hy ontken dat hy die
oorledene gesteek het tydens die
moord, is hy heel openlik en aanvaar
hy en neem hy verantwoordelikheid vir sy bydrae in die roof en die
moord op die oorledene.
Die
Hof het op geen stadium die indruk gekry dat hy beskuldigde 1 of 2
doelbewus wou impliseer in die roof en moord nie. Indien
hy wou, soos
ek reeds gese het, kon hy byvoorbeeld gese het dat hy gesien het hoe
beskuldigde 1 die oorledene gesteek of geslaan
het. Al wat hy egter
doen, is om die deelnemers, dit wil se beskuldigde 1 en 2, se
onderskeie rolle in die roof en die moord te
beskryf.
Die
Hof verwerp gevolglik die bewering dat hy beskuldigde 1 sou valslik
inkrimineer het by die stekery. Die getuienis wat hieroor
gelei is,
soos ek reeds genoem het, maak nie sin nie en dit druis in teen die
waarskynlikhede. Op sy weergawe van die gebeure,
maak alles sin en
strook alles met waaroor hy getuig met die waarskynlikhede en dit is
dat die oorledene Beck geken het en horn
later sou kon uitken. Dat
dit derhalwe nodig was dat die oorledene gedood moes word. Dat Beck
geweet het dat hy die oorledene nie
alleen sou kon oorweldig nie. Dat
dit nodig was om hulp te kry om die oorledene tot onderwerping te
dwing om horn sodoende te roof
en te moor; en dat beskuldigde 2 se
hulp nodig was om die geroofde artikels te vervoer en ook omdat hy 'n
koper gehad het om van
die geroofde goed ontslae te raak en te laat
verkoop.
Die
nodige voorsorgmaatreels moes derhalwe getref word om die plan ten
voile tot uitvoering te bring. Soos ek reeds gemeld het,
'n mens
betrek nie onwillige en oningeligte mense in 'n roof en moord van die
aard soos hier voor die Hof beskryf is nie.
Die
Hof is tevrede dat met inagneming van die nodige versigtigheidsreels
dat Beck sy getuienis op 'n bevredigende, betroubare en
geloofwaardige wyse afgele het. Die Hof bevind ook verder waarborge
vir die betroubaarheid van sy getuienis in die ander getuies
se
getuienis wat in die saak aangebied is wat sy getuienis in materiele
opsigte staaf.
Op
Beck se getuienis bevind die Hof dat die beskuldigdes saam met Beck
die roof en die moord beplan het en deur gevoer het waartydens
elkeen
van hulle sy onderskeie rol gespeel het. Beskuldigdes 1 en 2 se
weergawes word verwerp, nie alleenlik op die basis dat dit
hoogs
onwaarskynlik is nie, maar verder op die basis dat die weergawes
leuenagtig en vals is.
Bygevolg
is hulle weergawes nie redelik moontlik waar nie. Die Hof is tevrede
dat die Staat bo redelike twyfel bewys het dat beide
die beskuldigdes
skuldig is aan beide die aanklagtes hulle ten laste gele, hulle word
gevolglik so
SKULDIG
bevind.
Dit
is die eenparige besluit van die Hof.
RILEY,
WnR