S v Vermaak (SS70/2010) [2011] ZAGPJHC 162 (4 October 2011)

30 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Appeal — Application for leave to appeal against life sentence for murder — Accused contended that trial court erred in drawing negative inferences regarding truthfulness and remorse — Court found no reasonable prospects of success on appeal — Leave to appeal refused.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: South Gauteng High Court, Johannesburg
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: South Gauteng High Court, Johannesburg
>>
2011
>>
[2011] ZAGPJHC 162
|

|

S v Vermaak (SS70/2010) [2011] ZAGPJHC 162 (4 October 2011)

NOT REPORTABLE
SUID GAUTENG HOOGGEREGSHOF
JOHANNESBURG
SAAK NO
:SS70/20100
DATUM
:04/10/2011
In die saak tussen
DIE STAAT
en
CHRISTIAN FRANS
VERMAAK
..................................................................
Beskuldigde
U I T S P R A A K
(Verlof tot Appél)
VAN OOSTEN R
:
Hierdie is 'n aansoek om verlof tot appél teen vonnis en dan
veral die vonnis van lewenslange gevangenisstraf wat die beskuldigde

opgelê is op die aanklag van moord.
Ter ondersteuning van die aansoek om verlof tot
appêl is dit betoog dat ek fouteer het deur die mees negatiewe
afleiding
teen die beskuldigde te maak veral wat betref die bevinding
dat die volle waarheid nie deur die beskuldigde aan hierdie hof
geopenbaar
is nie. Daarbenewens is kritiek uitgespreek teen my
bevinding dat die optrede van die beskuldigde ná die pleging
van die
misdrywe, inderdaad opregte berou weerspreek.
By heroorweging van al hierdie aspekte is ek
steeds van mening dat die maksimum straf, in die omstandighede van
hierdie saak, die
gepaste vonnis daarstel en is ek nie tevrede gestel
dat 'n ander hof redelikerwys 'n mindere vonnis sal oplê nie.
Gevolglik
bevind ek dat daar geen redelike vooruitsigte op ‘n
suksesvolle appél aangetoon is nie.
Bygevolg word verlof om te appélleer
geweier.
000//000