Rabie v S (JAP2010/0578) [2011] ZAGPJHC 67 (27 July 2011)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Rape — Appeal against conviction — Appellant convicted of raping a minor — Evidence of complainant inconsistent and contradictory — Trial court's acceptance of complainant's testimony over that of appellant and medical witnesses questioned — Appellant's conviction set aside on appeal due to lack of corroborative evidence and procedural irregularities during trial — Appellant found not guilty and discharged.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: South Gauteng High Court, Johannesburg
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: South Gauteng High Court, Johannesburg
>>
2011
>>
[2011] ZAGPJHC 67
|

|

Rabie v S (JAP2010/0578) [2011] ZAGPJHC 67 (27 July 2011)

SAFLII
Note:
Certain
personal/private details of parties or witnesses have been
redacted from this document in compliance with the law
and
SAFLII
Policy
IN DIE SUID GAUTENG HOË
HOF, JOHANNESBURG
(REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA)
JAP2010/0578
DATE:27/07/2011
In die saak
van:
RABIE, HERMAN WILLEM
Appellant
teen
DIE STAAT
Respondent
REDES VIR UITSPRAAK
KOLBE,
WR
:
By die
aanhoor van hierdie appèl op 19 Mei 2011, is gelas dat die
appèl slaag, dat die Hof
a quo
se skuldigbevinding van die Appellant op 17 Desember 2009 tersyde
gestel en vervang word met
“Onskuldig
en Ontslaan”
en dat redes later
verstrek sou word. Hier volg die redes.
Die Appellant het in die
Streekhof Krugersdorp tereg gestaan op ’n aanklag van
verkragting deurdat hy op 1 Desember 2005 vir
AB, toe 15 jaar en 8
maande oud, verkrag het. Hy is op 17 Desember 2009 skuldig bevind
soos aangekla en op 25 Februarie 2010,
gevonnis tot 18 jaar
gevangenisstraf.

n Aansoek om verlof tot
appèl is op 23 Maart 2010 deur die geleerde Streeklanddros van
die hand gewys asook ’n latere
aansoek om borg hangende ’n
petisie na die Regter-President.
Op 15 Oktober 2010 het twee
Regters van hierdie Hof, verlof tot appèl teen sowel die
skuldigbevinding as vonnis toegestaan
en op 28 Oktober 2010 is borg
hangende appèl, ook deur hierdie Hof toegestaan.
DIE AGTERGRONDSFEITE
Dit blyk uit die getuienis,
waarna ek later in meer detail verwys, dat die Appellant en die
klaagster se stiefpa, Mnr. Koekemoer,
werkskollegas was by die
Honde-eenheid van Korrektiewe Dienste. Die Appellant was Mnr.
Koekemoer se toesighouer. Hulle was ook
jarelank huisvriende wat oor
en weer gekuier het. Mnr. Koekemoer is op ’n stadium met die
klaagster se biologiese ma getroud
en sy en haar twee kinders uit ’n
vorige huwelik, dit is die klaagster en haar ouer broer, het toe deel
van die vriendekring
geword.
Voor die Desember skoolvakansie
in 2005, het die Appellant dit terloops aan Mnr. Koekemoer genoem dat
hy na iemand soek om sy twee
kinders gedurende die vakansie op te
pas. Mnr. Koekemoer stel toe die klaagster voor en dit is toe ook so
tussen hulle gereël.
Op die oggend van 1 Desember
2005 het die Appellant sy twee kinders by Mnr. Koekemoer se huis
afgelaai. Later gedurende die dag
het die kinders gevra of die
klaagster die aand saam met hulle na hulle Kerspartytjie kon gaan en
by hulle kon oorslaap. Om ongeveer
14:00 het die Appellant die
klaagster en sy twee kinders opgelaai en na sy meenthuis geneem waar
die beweerde verkragting later
die middag so skuins voor 16:00 sou
plaasgevind het.
Daardie aand, na die beweerde
verkragting, is die klaagster saam met die Appellant en sy vrou asook
die twee kinders na hulle Kerspartytjie
by die skool en sy het ook
die aand by die Appellant se huis oorgeslaap. Sy het in die sitkamer,
saam met die kinders, op ’n
opblaasmatras geslaap.
Die volgende
oggend het die Appellant die klaagster en die twee kinders w
eer
na die klaagster se huis geneem waar sy die kinders verder opgepas
het. Van daardie stadium af het haar gedrag, volgens die
getuienis
van Mnr. Koekemoer en sy vrou, totaal teenoor hulle en haar broer
verander. Sy het egter voortgegaan om die Appellant
se kinders op te
pas.
Die klaagster se weerbarstige
gedrag was so ontwrigtend dat dit tot onmin tussen Mnr. en Mev.
Koekemoer gelei het en het so onhoudbaar
geword dat Mnr. Koekemoer
teen 7 Januarie 2006, vir die klaagster gesê dat hy die
bakleiery nie meer kon verduur nie en dat
hy haar koshuis toe gaan
stuur.
Die klaagster het begin huil en
is na haar kamer toe. Volgens haar het Mnr. Koekemoer vir haar gesê
om te “f..off”
na haar kamer toe. Sy het toe teruggekom
en gesê dat sy iets het om te sê maar dat Mnr. Koekemoer
sy werk sou verloor
en die welsyn haar sou wegvat. Sy het toe gesê
dat sy verkrag is deur die Appellant op 1 Desember 2005.
Volgens
Mnr.
Koekemoer, het hy, van 2 Desember 2005 af, voortdurend vir die
klaagster gesê het dat hy vermoed dat die Appellant haar

verkrag het wat sy ontken het. Volgens hom het hy op 7 Januarie 2006
toe gehoor wat hy wou gehoor het en hy en sy vrou en die
klaagster is
polisiestasie toe.
Die klaagster
is later die aand deur
Dr. van der Merwe
ondersoek wat geen konklusiewe bewys kon vind van ’n
verkragting op 1 Desember 2005 nie. Die klaagster se
verklaring wat
sy daardie aand afgelê het is later herneem en sy is ook op 26
Januarie 2006 vir ʼn tweede mediese ondersoek
geneem na Dr.
Riester, wat verbonde was aan die Teddy Bear Kliniek en Women Against
Child Abuse. Dr. Riester vind toe, 57 dae na
die beweerde
verkragting, konklusiewe bewys van “forced penetration”
deur ʼn “erect penis”.
Volgens D
r.
Snyman, ʼn ginekoloog, wat die verslae van Dokters Van der Merwe
en Riester bestudeer het, moes die klaagster die besering
wat Dr.
Riester beskryf het as
“abrasions of posterior
fourchette”
nie langer as 3 dae voor 26
Januarie 2007 opgedoen het nie en kon dit geen verband gehou het met
die ou letsels op die maagdevlies
wat ook deur Dr. Riester waargeneem
is nie.
Die geleerde
Streeklanddros het die getuienis van die klaagster en Mnr. en Mev.
Koekemoer asook dié van Dr. Riester aanvaar
en die getuienis
van die Appellant, sy vrou en Dokters Van der Merwe en Snyman verwerp
as nie redelik moontlik waar nie.
By die
toestaan van verlof tot appel is onder andere gewys op ʼn
waarskynlikheid wat nie deur die geleerde Streeklanddros oorweeg
is
nie naamlik dat die klaagster vies en weerbarstig kon gewees het
omdat sy die Appellant se kinders moes opgepas het en ook dat
daar,
op die getuienis, geen rede skyn te wees om die getuienis van Dr.
Riester bo die van Dokters Van der Merwe en Snyman te verkies
nie
Dit is
derhalwe nodig om die getuienis te ontleed met verwysing na die
geleerde Streeklanddros se bevindings daaromtrent asook sy
optrede
tydens die verhoor, aangesien die Appellant ook aanvoer dat hy as
gevolg van sekere onreëlmatighede in die verrigtinge,
nie
ʼn
billike verhoor gehad het nie.
MEV. KOEKEMOER
Die eerste
getuie wat namens die Staat getuig het, was die biologiese ma van die
klaagster, Mev. Koekemoer. Haar getuienis in hoof
was kortliks dat
die Appellant op 1 Desember 2005 sy twee kinders by hulle h
uis
kom aflaai het en dat die klaagster hulle opgepas het. Gedurende die
dag het die kinders gevra of die klaagster by hulle kon
oornag wat
toe gebeur het. Vandat die klaagster die volgende oggend teruggekom
het, het haar houding verander. Sy was nie tranerig
nie, net
weerbarstig.
Uit
kruisondervraging
het dit geblyk dat sy
haar polisieverklaring weerspreek oor wanneer die klaagster die
kinders begin oppas het maar niks draai
na my mening daarom nie.
Haar getuienis was dat die
klaagster inderdaad die aand van 1 Desember 2005, na die kinders se
Kerspartytjie gegaan het en na die
tyd gesê het dat dit lekker
was. Hulle hele gesin, dws ook die klaagster, het op 9 Desember
2005, na die beweerde verkragting,
by die Appellant se huis gebraai
en sy het op daardie dag niks snaaks opgemerk nie.
Weens die wrywing tussen die
klaagster en Mnr. Koekemoer het hy gedreig om haar koshuis toe te
stuur. Die probleme tussen die klaagster
en Mnr. Koekemoer het ook
die verhouding tussen haar en Mnr. Koekemoer vertroebel.
Toe die klaagster met die
koshuis gedreig is het sy begin huil en is na haar kamer toe. Sy het
later teruggekom en gesê dat
wat sy te sê het gaan tot
gevolg hê dat haar pa sy werk verloor. Daarna is hulle
polisiestasie toe waar sy die eerste
keer gehoor het wat gebeur het.
Sy het eers daar gehoor dat die klaagster verkrag is. Voordat hulle
weg is het haar man slegs
gesê het dat daar iets gebeur het en
dat hulle polisiestasie toe moes gaan.
Toe die getuie gekruisondervra
word oor haar weergawe dat die klaagster haar nie vertel het wat
gebeur het nie help die geleerde
Streeklanddros haar uit met ’n
opmerking dat sy op daardie stadium uitgeloop het. Toe daar gepoog
word om aan haar te stel
dat haar getuienis verskil van haar
verklaring word die ondervraging deur die geleerde Streeklanddros
onderbreek met ’n opmerking
dat die getuie onverdedig was. Wat
die relevantheid van hierdie opmerking was, is nie duidelik nie.
Toe dit op ’n
later stadium weer aan haar gestel word dat haar getuienis verskil
van haar verklaring merk die geleerde Streeklanddros
op dat dit vir
die hof is om daaroor te besluit. Klaarblyklik verloor die geleerde
Streeklanddros hier uit die oog dat ’n
getuie ’n
geleentheid moet kry om ʼn weerspreking te probeer verduidelik en
dat ’n onvermoë om dit te doen
relevant is by die
beoordeling van die betroubaarheid van daardie getuie se getuienis.
Toe hierdie getuie verder
gekruisvra word oor die klaagster se mededeling dat sy die
Kerspartytjie geniet het, ’n onwaarskynlikheid
sou sy kort
tevore verkrag gewees het, pas sy haar weergawe aan en meld dat die
klaagster daardie aand van die Appellant se huis
af wou wegloop. Dit
was egter nie die klaagster weergawe nie en die geleerde
Streeklanddros handel hoegenaamd nie met hierdie weerspreking
in sy
uitspraak nie.
Die getuie is daarna gevra wat
sy weet van die rede waarom ene Anthony van die Teddy Bear Kliniek op
’n stadium sou aanbeveel
het dat ’n tweede mediese opinie
verkry word. Hierdie lyn van kruisondervraging is eenvoudig deur die
geleerde Streeklanddros
gestop met die opmerking dat die vraag vir
daardie getuie gelaat moet word. Anthony het natuurlik nooit getuig
nie.
Hierdie
optrede deur die geleerde Streeklanddros is duidelik onreëlma
tig.
Mev. Koekemoer se antwoord was hoogs relevant. Die klaagster se
verklaring is herneem en sy is ʼn tweede keer ondersoek
deur ʼn
dokter verbonde aan die Teddy Bear Kliniek omdat Mnr. en Mev.
Koekemoer, soos later uit die getuienis geblyk het, by
Kaptein
Pretorius gaan kla het dat hulle ontevrede was met hulle en die
klaagster se verklarings soos afgeneem op 7 Februarie 2006.
Die rede
vir Mnr. en Mev. Koekemoer se ontevredenheid met die stand van sake
en wat Mev. Koekemoer geweet het van Anthony se beweegredes
om ʼn
beter verslag van Dr. Riester te verkry was relevant by die
beoordeling van die betroubaarheid van die latere “beter”

getuienis.
Toe
dit
in kruisondervraging aan haar gestel word dat die klaagster op ’n
voorbehoedmiddel is, sê die geleerde Streeklanddros
dat die hof
gewaarsku moes word voordat ’n kontensieuse vraag gevra word.
Dit is nie duidelik waarom ’n hof vooraf
gewaarsku moet word
van enige moontlik vraag nie.
Volgens Mev. Koekemoer se
verklaring en getuienis, is hulle polisiestasie toe omdat die
klaagster gesê het dat sy geslagsgemeenskap
met die Appellant
gehad het. Volgens Mev. Koekemoer weet sy wat die verskil is tussen
geslagsgemeenskap met toestemming en verkragting
maar sy het geglo
dat dit sonder toestemming was en het ook geglo dat dit verkragting
was omdat die klaagster minderjarig was.
Totdat hulle by die
polisiestasie opgedaag het, was die probleem eenvoudig dat die
Appellant met die klaagster geslagsgemeenskap
gehad het en dit het
eers by die polisiestasie verkragting geword, toe haar man die klagte
gelê het.
Die geleerde Streeklanddros
handel nie in sy uitspraak met hierdie aspek van Mev. Koekemoer se
getuienis nie en ook nie met die
weerspreking in dié verband
tussen die weergawes van Mnr. en Mev. Koekemoer nie.
MNR. KOEKEMOER
Die volgende getuie was Mnr.
Koekemoer. Sy getuienis was dat toe die Appellant die oggend van 2
Desember 2005 die klaagster en sy
kinders by sy huis afgelaai het,
die klaagster hom nie eers gegroet nie. Sy het hom gewoonlik
gesoengroet. Hy het ook gesien
hoe die Appellant en die klaagster
betekenisvol vir mekaar kyk en dat die Appellant sy vingernaels kou.
Hy het daar en dan besluit
dat iets nie reg is nie.
Op 9 Desember
2005 en hy en sy gesin by die Appellant gaan braai en die klaagster
wou net wegkom van die Appellant se huis af.
Dit was egter nie die
klaagster se getuienis nie. Hy het gesien hoe die Appellant vir die
klaagster knik en hy kon nie sy hande
van haar afhou nie.
In
kruisonderv
raging is hy gevra waarom hy
begin vermoed het dat daar iets tussen die klaagster en die Appellant
gebeur het en hy het toe verwys
na die gedrag van die Appellant by
die braai, ’n voorval by die werk waar die Appellant oor ʼn
buite egtelike verhouding
uitgevra is, dat die Appellant op die
oggend van 2 Desember vir die klaagster gekyk het met ’n
“boodskap”
in die oë en hom altyd ’n verhoging belowe het wanneer
ander mense nie by was nie.
Volgens hom
h
y het uit die staanspoor gedink dat die
klaagster verkrag is en nie dat daar ’n seksuele verhouding
tussen die Appellant en
die klaagster was nie. Waarom hy dit sou
dink nadat hy gesien het hoe hulle
“betekenisvol”
vir mekaar kyk, is nie duidelik nie.
Toe
hy
gekruisvra word oor ’n insident op 9 Desember 2005, tydens die
braai, toe die klaagster sou gevra dat hy, Mnr. Koekemoer,
saamstap
swembad toe omdat sy bang was vir seuns, kortwiek die geleerde
Streeklanddros die kruisondervraging en laat nie vrae
toe wat daarop
bereken was om aan te dui dat die klaagster nie bang was vir die
Appellant nie.

n
Verdere vraag in kruisondervraging wat daarop bereken was om aan te
toon dat die klaagster ’n ontluikende volwassene was
wat
moontlik behep kon gewees het met geslagsomgang (of moontlik met die
Appellant soos blyk uit
ʼn
voorvonnisverslag) word hierdie vrae ook nie toegelaat nie.
Van belang in
sy getuienis is dat hy volgens hom gereeld vir die klaagster gesê
het dat die Appellant haar verkrag het en
dat sy dit by herhaling
ontken het. Volgens hom het hulle die hele Desember oor die Appellant
gepraat en hy het die hele tyd vir
haar gesê dat sy die
Appellant beskerm.
Op 7 Januarie
2006 het hy ’n argument met Mev. Koekemoer gehad oor die
klaagster se gedrag en hy het gesê dat iets met
die klaagster
gebeur het.
Die klaagster is na haar kamer
toe en het teruggekom en gesê dat sy iets het om te vertel maar
dat die welsyn haar sou wegvat,
dat haar pa sy werk sou verloor en
dat hulle weer arm sou wees. Sy het toe gesê dat sy deur die
Appellant verkrag is.
Volgens Mnr.
Koekemoer het hy toe gehoor wat hy wou gehoor het, sy vrou geroep en
gesê dat hulle polisiestasie toe moes gaan
want die klaagster
het gesê dat sy deur die Appellant verkrag is.
Soos reeds
vermeld word hierdie duidelike weerspreking tussen sy weergawe en die
weergawe van Mev. Koekemoer hoegenaamd nie na verwys
in die geleerde
Streeklanddros se uitspraak nie asook nie na die relevantheid van sy
getuienis dat
hy gehoor het wat hy wou hoor
nie. ’n Behoorlike oorweging van hierdie getuienis by die
beoordeling van die betroubaarheid
van die klaagster se getuienis was
uiters belangrik.
ME. MAKHUBELA
Die
getuienis van Me Makhubele is daarna aangebied om die grondslag te lê
vir ’n bevel dat die klaagster deur ’n
tussenganger
getuig.
Haar getuienis dat die klaagster
deur die Appellant geïntimideer word, was gebaseer op een
onderhoud met die klaagster op 22
Februarie 2006 en is nie in lyn met
die objektiewe feite soos blyk uit die getuienis van haar ouers nie.
Ten spyte
daarvan dat hierdie getuie se getuienis betwis is en
daar
heftige beswaar gemaak is teen die gebruik van ’n
tussenganger, is gelas dat die klaagster deur ʼn tussenganger

getuig. Een van die gronde van appel is dat dit ʼn
onreëlmatigheid daarstel. Dit is nie nodig om hierdie punt te
beslis
nie.
DIE KLAAGSTER
AB
Een van die
gronde van appèl is dat die geleerde Streeklanddros die
klaagster moes ingesweer het en nie bloot moes gewaarsku
het om die
waarheid te praat nie. Indien die geleerde Streeklanddros hier
fouteer het sou dit beteken dat die klaagster se getuienis
nie
getuienis is nie. In die lig van die my gevolgtrekking oor die
betroubaarheid van haar ge
tuienis is dit
nie nodig om ʼn bevinding in hierdie verband te maak nie.
Die klaagster
het getuig dat toe sy en die Appellant se kinders by sy meenthuis
opgedaag het gedurende die middag van 1 Desember
2005, sy en die
kinders hulle swemklere aangetrek en gaan swem het. Die Appellant het
later by hulle aangesluit. Die manier waarop
die Appellant na haar
gekyk het, het haar ongemaklik laat voel en sy het ʼn verskoning
uitgedink dat sy koud kry, uitgeklim
en ’n handdoek om haar
gedraai. Daarna het sy langs die
Appellant
op die gras gaan sit vir 10 tot 15 minute sonder om met hom te praat.
Hulle is later terug na die
Appellant se meenthuis, waar sy en die kinders gestort het, die
Appellant hulle swemklere opgehang
het en sy uiteindelik in die
Appellant se slaapkamer beland het.
Die
slaapkamer van die Appellant was op ʼn tussenvloer wat beskryf is
as ʼn
“loft”.
Daar was nie ʼn deur nie, slegs reëlings aan die voorkant
vanwaar ’n mens kon afkyk in die sitkamer en kombuis.
Nadat die
Appellant haar na sy slaapkamer toe genooi het en een van die
dogtertjies se hare uitgekam het, het die Appellant vir
die twee
kinders gesê om buite te gaan speel want hy en die klaagster
wou hulle Kersgeskenke toedraai.
Die dogtertjies is toe uit en sy
het gehoor hoe die Appellant afgaan en die skuifdeur sluit.
Sy getuig dat
die Appellant teruggekom het en haar op haar mond gesoen het soos ’n
kêrel mens soen en sy het hom weggedruk.
Hy druk haar toe
terug tot op die bed en lê bo-op haar en soen haar. Sy sê
die heeltyd vir hom hy moet ophou maar
al wat hy sê is dat sy
moet
“relax”
.
Nadat hy seker gemaak het dat sy nie kan opkom nie trek hy toe haar
hemp uit en hy maak haar bra los. Daarna trek hy toe haar
broekie af
en gaan staan by die voetenent van die bed en trek sy broek uit. Dit
is toe dat sy haar boeglam skrik. Hy kom lê
toe bo-op haar en
verkrag haar. Sy het die heeltyd vir hom gesê om op te hou en
hy sê maar net dat sy moet kalmeer.
Dit was baie seer.
Toe die
Appellant klaar was het hy ’n swemhanddoek oor haar lyf gegooi
en sy het langs hom op die bed gelê. Op daardie
stadium sê
die Appellant vir haar om vir niemand te vertel nie want die welsyn
sal haar wegvat en haar pa sal sy werk verloor
en hulle sal
“armgate”
wees. Die Appellant het haar toe aangesê om te gaan stort en
sy het haar klere gevat en gaan stort in Chante se stort.
Op daardie
stadium sien sy hoe bloed by haar bene afloop. Later in haar
getuienis het sy verduidelik hoe sy ’n bloedkol
bo-op die
beddegoed gesien het en ook dat sy, van waar sy was, gehoor het hoe
die Appellant die beddegoed afhaal en in die wasmasjien
sit. Daarna
het die Appellant se vrou opgedaag van die werk af en hulle is almal
na die kinders se Kerspartytjie toe.
Sy het geweldig gebloei soos
wanneer ’n vrou menstrueer en die bloeding het aangehou totdat
sy die volgende oggend deur die
Appellant huis toe geneem is waar sy
onmiddellik na haar kamer toe is om ’n tampon te soek wat sy
kon gebruik.
Die voormelde weergawe van die
klaagster bevat na my mening ’n verskeidenheid van
onwaarskynlikhede en weersprekings. Eerstens
het die Appellant, wat
op daardie stadium ’n probleem gehad het met toesig oor sy
kinders vir die hele vakansie, die persoon
verkrag wat sy kinders
moes oppas. Deur met die klaagster geslagsgemeenskap te hou teen haar
sin kon hy sy kinderpoppaster kwyt
gewees het,
Verder is
die weergawe van hoe sy platgedruk is onwaarskynlik omdat sy geen
poging aangewend het om te skreeu
, te krap,
te skop of om selfs op te spring toe die Appellant aan die voetenent
van die bed gestaan het nie. In hierdie verband
is dit ook belangrik
om daarop te let dat sy later in kruisondervraging haar weergawe oor
hoe die soenery plaasgevind het verander
het. Aanvanklik is sy op die
mond gesoen. Na ʼn verdaging van die verrigtinge getuig sy dat sy
op die wang gesoen is en toe
al gesien het daar kom moeilikheid.
Alhoewel sy te geskok was om te
skop te slaan of weg te hardloop dink sy tog daaraan om vir hom te se
om te stop en om hom te probeer
weg druk.
H
aar
weergawe van hoe die verkragting begin het verskil van haar weergawe
in haar polisieverklaring waarvolgens die Appellant bo-op
haar sou
gelê het, haar heup platgedruk het en so daarin geslaag het om
haar te verkrag. In die hof was haar weergawe dat
hy sy broek
uitgetrek het en met sy knieë op die voetenent van die bed gesit
het voordat hy haar verkrag het. Sy probeer natuurlik
ook nie op
daardie stadium wegkom nie.
Benewens die voorgaande het
hierdie verkragting plaasgevind in ’n vertrek wat oop was.
Enige persoon kon enige oomblik daar
inkom. Die Appellant se vrou kon
enige oomblik opdaag. As die klaagster geskreeu het sou sy sekerlik
gehoor gewees het. Die klaagster
het in ieder geval haar
polisieverklaring weerspreek in verband met die sluit van die
skuifdeur.
Die klaagster het ook melding
gemaak van die kleur van die beskuldigde se skaamhare. Dit is
onwaarskynlik dat ’n verkragtingslagoffer
sou oplet wat die
kleur van haar aanvaller se skaamhare is.

n
Aspek wat nie in die getuienis opgeklaar is nie is die geweldige
bloeding wat die klaagster beleef het na die verkragting
wat
aangehou het tot die volgende oggend. Indien dit so was dan sou dit
vir die klaagster ’n probleem veroorsaak het by die

Kerspartytjie asook gedurende die nag. Dit was haar getuienis dat sy
onmiddellik toe sy by die huis kom, ’n tampon moes
gaan soek en
gebruik het om die bloeding te beheer. Daar is geen verduideliking
hoe sy die bloeding beheer het vanaf ongeveer
16:00 op 1 Desember
2005 tot die volgende oggend 08:00 toe sy huis toe geneem is nie.
Die klaagster
is gekruisvra oor haar houding teenoor en verhouding met die
Appellant na die verkragting. In hierdie verband het
sy getuig dat
sy na die Kerspartytjie toe gegaan het omdat sy gedreig was en dat sy
daarna die heeltyd vir
Mnr. Koekemoer gesê
het dat sy nie na die Appellant toe wou gaan nie. Dit sou natuurlik
insluit die braai by die Appellant
se huis op 9 Desember 2005.
Hierdie weergawe is nie in ooreenstemming met Mnr. of Mev. Koekemoer
se getuienis nie, ’n verdere
weerspreking waarmee die geleerde
Streeklanddros nie in sy uitspraak handel nie.
Mev.
Koekemoer se weergawe was dat die klaagster die aand na die
verkragting van die Appellant se huis af wou wegloop. Nie alleen
weerspreek dit die klaagster se getuienis nie maar Mev. Koekemoer was
nie in staat om te verduidelik hoekom die klaagster nie reeds
van die
Kerspartytjie af sou wou wegloop nie.
Mnr.
Koekemoer se weergawe was dat hy vanaf 2 Desember 2005, voortdurend
vir die klaagster
gesê dat sy die
Appellant beskerm en dat hy haar verkrag het wat sy ontken het.
Indien dit so is dat die klaagster voortdurend
vir Mnr. Koekemoer sou
gesê het dat sy nie na die Appellant toe wou gaan nie en Mnr.
Koekemoer vermoed het dat die Appellant
die klaagster verkrag het,
sou mens verwag het dat Mnr. Koekemoer na hierdie optrede van die
klaagster sou verwys as een van die
redes waarom hy vermoed het dat
die Appellant iets aan die klaagster gedoen het. Hy rep egter geen
woord hiervan nie.

n
Verdere eienaardigheid in die getuienis van die klaagster is dat,
volgens haar, Mnr. Koekemoer, by die braai op 9 Desember 2005,
sou
gesien het hoe die Appellant vir haar soentjies gooi, vir haar knik
en openlik nie sy hande van haar kon afhou nie. Indien
dit gebeur
het is dit
optrede wat nie versoenbaar is
met ʼn vroeëre verkragting nie.
Hoe sy
geweet
het dat Mnr. Koekemoer dit gesien het is ook nooit in die getuienis
opgeklaar nie.Die getuienis van die klaagster en haar
ouers laat die
indruk dat hulle, hulle getuienis met mekaar bespreek het.
Wat van
uiterste belang is in die klaagster se getuienis is dat
volgens
haar, hulle huis soos ’n
“malhuis”
was en dat as sy nie sou sê wat tussen haar en die Appellant
gebeur het nie, Mnr. Koekemoer haar koshuis toe so gestuur het.Dit
is
ook van belang dat Mnr. Koekemoer voor die onthulling vir haar sou
gesê het dat hy haar nie weer wou sien nie en moes
“f-off”
na haar kamer toe. Hierdie getuienis moes deur die geleerde
Streeklanddros in ag geneem gewees het in samehang met die getuienis

van Mnr. Koekemoer dat hy dit voortdurend aan die klaagster
gesuggereer het dat die Appellant haar verkrag het, by die
beoordeling
van die betroubaarheid van die klaagster se onthulling op
7 Januarie 2006. Dit het hy nie gedoen het nie.
Die geleerde Streeklanddros het
verder, verkeerdelik na my mening, by die beoordeling van die feite,
bevind en in ag geneem dat
die Appellant nie kon aandui waarom die
klaagster ’n vals klagte teen hom sou gelê het nie.
Daar is voor-die-hand-liggende
redes waarom die klaagster valslik kon beweer het dat sy verkrag is.
Mnr. Koekemoer het druk op die
klaagster geplaas om te erken dat sy
verkrag is. Deur vir hom te se wat hy al weke lank wou hoor, raak sy
nie alleen van daardie
druk ontslae nie, sy weer ook die
koshuistoeganery af. Volgens Mev. Koekemoer wou die klaagster van
kleins af nie koshuis toe gaan
nie. Dit is opvallend dat die
klaagster net gehuil het toe sy met die koshuis gedreig is en nie toe
die verkragting aan haar gesuggereer
is nie.
Hierdie
mededeling deur die klaagster het nou ook eensklaps die
verhoudingsprobleme in die huis verklaar op ʼn wyse wat vir
almal
aanvaarbaar was want geeneen in die huishouding was nou
verantwoordelik daarvoor nie – m.a.w dit was die Appellant
se
skuld.
Dit is
interessant dat die kla
agster, soos blyk
uit ʼn voorvonnisverslag wat deur die geleerde Streeklanddros
aangevra is, ’n
“crush”
op die Appellant gehad het wat toe 29 jaar oud was. ʼn Hof van
Appel kan natuurlik getuienis in ag neem wat na skuldigbevinding

aangebied is.
(Sien
S v Carter
2007
(2) SACR 415
SCA)
.
Mnr.
Simpson, wat namens die Staat in hierdie Hof verskyn het, het betoog
dat dit hoorsê getuienis is en nie inaggeneem behoort
te word
nie. Hierdie “getuienis” moet met ’n groot mate van
versigtigheid benader word maar dit strook met die
getuienis van Mnr.
Koekemoer dat die klaagster en die Appellant “betekenisvol”
vir mekaar gekyk het op 2 Desember 2005
asook die klaagster se
getuienis omtrent wat, volgens haar, by die braai op 9 Desember
plaasgevind het.
Verder
kan die weerbarstige optrede van die klaagster vanaf 2 Desember
moontlik toegeskryf word aan die feit dat sy die Appellant se kinders

moes oppas. ʼn Vyftienjarige word gedurende die vakansie by haar
huis vasgekluister met twee laerskoolkinders na wie sy moes
omsien
omdat Mnr. Koekemoer namens haar so besluit het.

n Belangrike aspek in die
getuienis van die klaagster waarna die geleerde Streeklanddros nie
verwys in sy uitspraak nie is dat volgens
die Appellant, die
klaagster op 2 Desember vir hom sou gesê het dat daar ’n
geweldige uitval tussen haar en Mnr. Koekemoer
was omdat sy op die
verkeerde tyd by die skool opgedaag het om haar rapport af te haal.
Die klaagster het dit ontken en gesê
dat daar onenigheid tussen
haar en Mnr. Koekemoer was as gevolg van die knikkery deur die
Appellant by die braai op 9 Desember
. Die klaagster se getuienis
verduidelik egter nie hoe die Appellant geweet het dat sy op die
verkeerde tyd by die skool opgedaag
het om haar rapport af te haal
nie. Dit was haar eie getuienis dat sy later haar rapport per pos
ontvang het. Dit is duidelik
dat die klaagster hier ’n
blatante leun vertel het en hierdie leuen hou direk verband met die
rede of redes waarom daar wrywing
tussen haar en Mnr. Koekemoer was.
Alhoewel die klaagster so bang
was vir die Appellant en sy dreigemente en daarom nie haar ouers
vertel het van die verkragting nie
sien sy haar weg oop om tog van
die verkragting te vertel toe sy gedreig word met die koshuis. Dit
maak hoegenaamd geen sin nie.
Die geleerde Streeklanddros behoort
hierdie onwaarskynlikheid in die klaagster se getuienis in ag te
geneem het by die beoordeling
van haar getuienis wat hy nie gedoen
het nie.
D
ie
kruisondervraging van die klaagster is voortdurend deur die geleerde
Streeklanddros gekortwiek en dit is nie moontlik om te bepaal
hoe
haar getuienis daar sou uitgesien het indien behoorlike
kruisondervraging toegelaat sou gewees het nie.
Wanneer die
klaagster gevra word of sy weet dat ’n mens nie mag vals sweer
nie, wil die geleerde Streeklanddros, sonder enige
vooraf beswaar
deur die aanklaer weet wat die relevantheid van die vraag is. Die
relevantheid van hierdie vraag is voor die hand
liggend.
Na ’n debat wat oor vier
bladsye van die oorkonde strek, laat die geleerde Streeklanddros nie
vrae hieroor toe nie. Daarna
poog die advokaat vir die Appellant om
die klaagster te vra of sy haar polisieverklaring onder eed afgelê
het. Eers val die
geleerde Streeklanddros hom in die rede en vra toe
vir die aanklaer of sy iets te sê het. Op hierdie stadium
verander die
tussenganger die vraag oor die eed en na ’n
verdere lang debat wat strek oor nog sewe bladsye van die oorkonde,

die klaagster dat sy nie die vraag verstaan nie. Op daardie
stadium besef die klaagster al wat sy moes antwoord.
Toe dit aan
haar gestel word d
at sy nie bevestig het om
die waarheid te praat of die eed geneem het toe sy haar verklaring
afgelê het nie word hierdie ondervraging
in geheel gestop maar
nie sonder ʼn redevoering wat weer oor sewe bladsye van die
oorkonde strek nie.

n
Duidelik toelaat
bare vraag aan die
klaagster, naamlik of sy kan onthou wat sy in haar verklaring gesê
het, word eenvoudig nie deur die geleerde
Streeklanddros toegelaat
nie.
Toe dit aan die klaagster gevra
word of daar enigiets snaaks gebeur het in die lang periode toe sy
die Appellant se kinders opgepas
het in Desember 2005 en hy daagliks
sy kinders by die klaagster afgelaai het, onderbreek die geleerde
Streeklanddros die kruisondervraer
en wil weet wat beteken “snaaks”.
Uiteraard val die klaagster hierby in en sê dat sy nie weet
nie.
Op ’n stadium was die
Appellant se advokaat so moedeloos met al die onderbrekings deur die
geleerde Streeklanddros dat hy
dit op rekord plaas dat sy
kruisondervraging belemmer word en dat hy sekere vrae bloot moet laat
vaar.
Die Appellant
het na my mening nie ’n billike verhoor gehad nie. In die lig
van die gevolgtrekking waartoe ek gekom het oor
die betroubaarheid
van die klaagster se getuienis, is dit egter nie nodig om te beslis
oor die effek daarvan op die bevindings
van die hof
a
quo
nie. Twee van die vele onreëlmatighede
in die verhoor verdien egter vermelding.
Op 24 Julie 2007 begin die
advokaat vir die Appellant om ’n basis te lê vir
kruisondervraging van die klaagster oor
die inhoud van haar tweede
polisie verklaring. Die klaagster bevestig toe dat die verklaring in
haar eie taal afgeneem is, dat
sy op haar gemak was en dat sy die
verklaring onderteken het. Sy word toe gevra of sy die verklaring na
die tyd gelees het en
of dit aan haar teruggelees is waarop haar
antwoord ontkennend was. Sy word toe gevra of sy die verklaring
deurgelees het voor
sy getuig het waarop haar antwoord ook ontkennend
was.
Na nog ’n paar vrae, vra
die advokaat toe dat die verklaring aan die klaagster getoon word
sodat sy die verklaring kon identifiseer
as die verklaring wat sy
gemaak het aan Kaptein Pretorius. Die klaagster bevestig toe dat dit
die verklaring was en dat sy elke
bladsy geteken het. Sy word toe
gevra om die verklaring deur te lees om te kyk of dit ’n
getroue weergawe was van wat sy
vir Kaptein Pretorius gesê het.
Hierdie vraag is natuurlik gevra omdat sy gesê dat die
verklaring nie aan haar teruggelees
is nie.
Op hierdie
stadium val die geleerde Streeklanddros die advokaat in die rede met
die volgende opmerking:
“Mnr. La
Grange, moet u nie hier ’n behoorlike basis lê voordat u
die getuie kan vra oor die inhoud van die verklaring
nie. Ek hou
niks daarvan om bewysmateriaal toelaatbaar te maak deur die agterdeur
nie. Ek versoek dat prokureurs en advokate
die regte prosedure
gebruik om dit te doen.”
Hierdie
opmerking is duidelik onvanpas aangesien daar nog nie ’n enkele
vraag oor die inhoud van die verklaring gevra is
nie.
Die geleerde Streeklanddros dui
daarna aan dat die advokaat hom moes toespreek oor die korrekte
prosedure en vra ook vir die aanklaer
of sy iets te sê het.
Die aanklaer val natuurlik toe by die geleerde Streeklanddros in met
die volgende beswaar wat ek volledig,
sonder wysiging, aanhaal:

Dit is
baie duidelik Edelagbare dat as die klaagster dan nou op hierdie
stadium dan deur die verklaring gaan en sy sê vir
die hof ja,
maar dit is ’n getroue weergawe, dan is dit nou nie meer nodig
om voort te gaan om ’n basis te lê
nie want dan het sy
mos nou die verklaring gelees. Dit is my submissie Edelagbare dat
dit belangrik is dat sy vir die hof aangedui
het dat dit nie aan haar
teruggelees is op die stadium wat Kaptein Pretorius dit geskryf het
nie en sy dit geteken het nie, en
dat sy dit nie weer gelees het nie
Edelagbare. Dit is my respekvolle submissie Edelagbare dat dit juis
niks anders is as om te
probeer om bewysmateriaal waarvoor daar op
hierdie stadium nog nie ’n basis gelê is nie, te probeer
inkruip.
Ek
gaan vir u dit voorhou Edelagbare dat dit hoogs onwaarskynlik of
onreëlmatig is Edelagbare en ek gaan u versoek om dit nie
toe te
laat nie.”
Die aanklaer se beswaar is na my
mening onvanpas. Die doel van kruisondervraging is om erkennings te
ontlok om sodoende die aanbied
van getuienis uit te skakel. Die
advokaat vir die Appellant was geregtig daarop om te vra of die
verklaring, wat die getuie op
daardie stadium reeds erken het sy
onderteken het, ’n getroue weergawe was van wat sy gesê
het. Ek moet hier meld
dat die klaagster se getuienis dat sy nie
haar geheue uit die verklaring verfris het voordat sy getuig het nie
hoogs onwaarskynlik
is.
Die advokaat vir die Appellant
vra toe die volgende vir die geleerde Streeklanddros :

Met ander woorde dan is
die posisie dit, as ’n verklaring nie teruggelees is nie of as
’n getuie sê dit is nie
teruggelees nie, dit is een van
die vereistes wat die Agbare Hof stel en dan kan ek dit nie inkry
nie? Hof : Nee.”
Die geleerde Streeklanddros se
verdere antwoord was dat hy nie die advokaat sou toelaat om hom, die
Landdros, te probeer uitvang
nie en laat eenvoudig nie ondervraging
oor die inhoud van die verklaring toe nie omdat hy van oordeel was
dat geen behoorlike basis
daarvoor gelê is nie.
Die geleerde Streeklanddros het
homself, na my mening, hier wanvoorgelig maar hy stel tog die verhoor
uit na die volgende dag, 25
Julie 2007, sodat die partye hom verder
kon toespreek.
Op 25 Julie 2007 en 26 Julie
2007 kon die verhoor nie voortgaan nie en op 1 Oktober 2007 is die
geleerde Streeklanddros, uiteindelik
volledig toegespreek oor die
wyse waarop ’n behoorlike basis gelê word vir
ondervraging van ’n getuie oor die
inhoud van ’n vroeëre
skriftelike verklaring.
Die aanklaer het betoog dat ’n
sogenaamde “verhoor-binne-’n-verhoor” gehou moes
word en dit is so gelas
deur die geleerde Streeklanddros. Die
aanklaer vra daarna vir uitstel ten einde haar in staat te stel om
eers met verskeie getuies
te konsulteer. Die verhoor is toe verdaag
na 2 Oktober 2007, 8 Oktober 2007 en 7 November 2007, op welke datum
die verhoor-binne-’n-verhoor
in aanvang geneem het met die
aanklaer wat begin deur die getuienis van die klaagster aan te
aanbied.
Die klaagster se getuienis was
dat sy die verklaring onderteken het maar dat dit nie aan haar
teruggelees is nie. Die verdediging
het die getuienis van Kaptein
Pretorius aangebied wat getuig het dat hy inderdaad die verklaring
aan die klaagster teruggelees
het. Na sy kruisondervraging vra die
advokaat vir die getuie om die verklaring aan die hof uit te lees
maar die geleerde Streeklanddros
laat dit nie toe nie sonder dat daar
’n beswaar was deur die aanklaer. Eers daarna word die
aanklaer deur die geleerde Streeklanddros
uitgenooi om hom toe te
spreek en sy maak natuurlik toe beswaar daarteen.
Die verhoor is daarna verdaag
tot 3 Desember 2007 op welke datum die geleerde Streeklanddros
eenvoudig reël dat kruisondervraging
oor die inhoud van die
verklaring toegelaat word sonder om aan te dui waarom hy op daardie
stadium tevrede was dat ’n behoorlike
basis daarvoor gelê
is. Hy het aanvanklik aangedui dat die rede waarom hy van mening was
dat ’n behoorlike basis nie
gelê is nie, nie was omdat
die klaagster ontken het dat die verklaring aan haar teruggelees is
nie. Dit is egter waaroor
die binneverhoor gegaan het. Hy sê
ook nie wie se getuienis hy in die binneverhoor aanvaar het nie.
Die prosedure
deur die geleerde Streeklanddros gevolg, naamlik om ’n
sogenaamde “verhoor-binne-’n-verhoor”
te hou ten
einde te bepaal of kruisondervraging oor die inhoud van die getuie se
vorige teenstrydige verklaring toegelaat kan word,
was onreëlmatig.
Hierdie prosedure word normaalweg gevolg waar die toelaatbaarheid van
getuienis teen ’n beskuldigde
in geskil is, aangesien ’n
beskuldigde daarop geregtig is om die toelaatbaarheid van getuienis
teen hom afsonderlik te laat
bereg. Getuienis aangebied tydens so ’n
“verhoor-binne-’verhoor” word dan nie in ag geneem
by die bepaling
van ’n beskuldigde se skuld nie. Dit is die
prosedure wat die Staat sou volg om byvoorbeeld te bewys dat ’n
verklaring
wat deur ’n
beskuldgide
gemaak is, vrywillig en ongedwonge gemaak is en derhalwe toelaatbare
getuienis teen hom is. (Sien
R v Barlin
1926 AD 459
op 462;
R
v Gumede and Another
1942 AD 398
op 412-3
en
S v De Vries
1989
(1) SA 228
(a) op 232G-233B
Hier wou die
verdediging bloot die klaagster se geloofwaardigheid aanval. Die wyse
waarop ’n getuie se geloofwaardigheid
aangeval mag word, word
gereël deur Artikel 190 van die Strafproseswet, Wet 51 van 1977
(“die Strafproseswet”)
wat as volg lees:

(1) ’n Party kan by
strafregtelike verrigtinge die geloofwaardigheid van ’n getuie
wat teen of ten behoewe van daardie
party opgeroep is, aanval of
steun op die wyse waarop en met enige getuienis waarmee die
geloofwaardigheid van so ’n getuie
op die 30ste dag van Mei
1961 deur bedoelde party aangeval of gesteun sou kon word.
(2) So ’n party wat ’n
getuie opgeroep het wat by bedoelde verrigtinge getuienis afgelê
het (hetsy daardie getuie,
na die oordeel van die hof, teenoor die
party wat hom opgeroep het vyandig gesind is aldan nie), kan, nadat
bedoelde party of die
hof die getuie gevra het of hy voorheen ’n
verklaring gemaak het aldan nie waarmee sy getuienis by bedoelde
verrigtinge onbestaanbaar
is, en nadat voldoende besonderhede van die
beweerde vorige verklaring aan die getuie verstrek is om die
geleentheid waarby dit
gemaak is, te bepaal, bewys dat hy voorheen ’n
verklaring gemaak waarmee bedoelde getuienis onbestaanbaar is.”
Sub-artikel 190(2) van die
Strafproseswet handel met die diskreditering deur ’n party van
sy eie getuie en is nie hier relevant
nie.
Sub-artikel
190(1) van die Strafproseswet handel met n uitsondering op die
algemene reël dat ’n getuie se antwoord in
verband met ’n
suiwer kollaterale aangeleentheid, soos geloofwaardigheid, finaal is,
en dat geen getuienis om die antwoord
te weerlê, aangebied mag
word nie. So is daar in
S v Damalis
1984
(2) SA 105
(T), op appèl bevind dat dit ’n
onreëlmatigheid was, om die verdediging in die hof
a
quo
toe te gelaat het om te bewys dat ’n
getuie se ontkenning dat sy getuienis vroeër deur ’n ander
hof verwerp is,
vals was. Sy Edele Regter Coetzee sê die
volgende op p. 110 C-E van die verslag.

All this was highly
irregular and was obviously due to a failure, all round, to
appreciate the effect of the well-established rule
that a witness’
reply under cross-examination in relation to a purely collateral
matter is conclusive and that the opposing
party is not permitted to
adduce evidence to contradict such reply. See S v
Sinkankanka
and Another
1963 (2) SA 531
(A) at 538-9.”
In
S
v Sinkankanka and Another
1963 (2) SA 531
(A) is beslis dat ’n getuie se antwoord tydens
kruisondervraging in verband met ’n kollaterale aangeleentheid
finaal
is en dat dit nie toelaatbaar is vir die teenparty om
getuienis aan te bied om die antwoord te weerspreek nie. Waar ’n
getuie
se antwoord egter relevant is tot die geskilpunte voor die hof
kan getuienis aangebied word om dit te weerlê.
Sub-artikel 190(1) van die
Strafproseswet, maak die Engelsregtelike beginsels soos dit gegeld
het op 31 Mei 1961 van toepassing
op die Suid-Afrikaanse
Strafprosesreg.
Artikels 4 en
5 van die Engelse
Criminal Procedure Act 1865 (28 and 29 Vict
c 18)
het op 13 Mei 1961 as volg gelees:

(4)
As
to proof of contradictory statements of adverse witness
If a witness, upon
cross-examination as to a former statement made by him relative to
the subject matter of the indictment or proceeding,
and inconsistent
with his present testimony, does not distinctly admit that he has
made such statement, proof may be given that
he did in fact make it;
but before such proof can be given the circumstances of the supposed
statement, sufficient to designate
the particular occasion, must be
mentioned to the witness, and he must be asked whether or not he has
made such statement.
Cross-examinations as to
previous statements in writing
A witness may be cross-examined
as to previous statements made by him in writing, or reduced into
writing, relative to the subject
matter of the indictment or
proceeding, without such writing being shown to him; but if it is
intended to contradict such witness
by the writing, his attention
must, before such contradictory proof can be given, be called to
those parts of the writing which
are to be used for the purpose of so
contradicting him; provided always, that it shall be competent for
the judge, at any time
during the trial, to require the production of
the writing for his inspection, and he may thereupon make such use of
it for the
purposes of the trial as he may think fit.”
In
R
v McLaren
(1901) 18 SC 470
, ʼn
aangeleentheid wat beslis is voordat die voorganger van Sub-artikel
190(1) van die Strafproseswet, naamlik Artikel 286
van die
Strafproseswet 56 van 1955 op die wetboek geplaas is, is die volgende
gesê oor die uitsondering op die algemene reël:

... Every witness in
proceedings, civil or criminal, may be asked in cross-examination
whether he has made any statement relevant
to the subject matter of
the action inconsistent with his present testimony, and if he denies
having done so, the fact may be proved.
... It was said that such
evidence was admissible in England under statute, but a similar
practice has been adopted here.”
Sub-artikel 190(1) van die
Strafproseswet bepaal dus dat waar ’n getuie ontken dat hy ’n
vorige teenstrydige verklaring
gemaak het wat relevant is tot die
geskilpunte, die maak van die verklaring op die voorgeskrewe wyse
bewys mag word asook dat ’n
getuie oor die inhoud van so ’n
verklaring gekruisondervra mag word op die wyse soos daarin
uiteengesit.

n Feit
kan natuurlik bewys word deur ’n erkenning te ontlok of deur
getuienis aan te bied. Dus, selfs al ontken ’n getuie
dat hy ’n
verklaring gemaak het, mag hy gekruisvra word ten einde aan te toon
dat hy inderdaad die verklaring gemaak het
al is die maak van die
verklaring nog nie op daardie stadium bewys nie. Sien
Van
Tonder v Kilian NO en ’n Ander
1991
(2) SASV 579 (T).
Getuienis om te bewys dat ’n
getuie ’n vorige teenstrydige verklaring gemaak het mag in
ieder geval nie aangebied word
tensy die getuie vooraf daaroor
gekruisvra is nie. (Sien Oosthuizen v Stanley
1938 AD 322
op 332 tot
333).
Uitsprake
soos dié in
S v Pitout
2005 (1) SASV 571 (BD)
handel in wese met
die gewig wat geheg kan word aan weersprekings tussen ’n getuie
se getuienis in ’n hof en ’n
vorige teenstrydige
verklaring waar die getuie nie gevra is om te bevestig dat die
verklaring korrek neergeskryf is ensovoorts
nie. Die reg om ’n
getuie te kruisondervra oor die inhoud van ’n vorige
teenstrydige verklaring word egter ontleen
aan die bepalings van
Sub-artikel 190 (1) van die Strafproseswet.
Dit wil
voorkom of die wyse waarop aan die bepalings van Sub-artikel 190 (1)
van die Strafproseswet voldoen word en die wyse waarop
’n hof
tevrede gestel kan word dat ’n verklaring inderdaad die van
die getuie is (deur bv vas te stel of die
verklaring vrywillig
afgele is, korrek neergeskryf is ens), in die praktyk verstrengel
geraak het en losweg na verwys word as ’n
“basis lê
vir kruisondervraging”. In hierdie verband het sekere
praktyksreëls al uitgekristaliseer en alhoewel
die prosedure
normaalweg geen probleme oplewer nie, is dit soms nodig, soos in die
onderhawige geval, om te besin oor die beginsels
wat die prosedure
onderlê.
Indien die
geleerde Streeklanddros in die onderhawige veval en die verhoorhof in
S v Manqaba
2005 (2) SASV 489 (W), ’n
uitspraak van hierdie Hof waarna ek later weer verwys, die voormelde
beginsels suiwer toegepas
het, sou die fout nie gemaak gewees het om
nie kruisondervraging toe te laat nie, omdat die getuie beweer dat
die verklaring nie
aan haar teruggelees is nie.
Daar was geen
rede hoegenaamd om ’n sogenaamde binneverhoor te hou nie. Die
prosedure was onvanpas om die geskilpunt, naamlik
of die verklaring
inderdaad die verklaring van die klaagster was, te besleg. Die
klaagster het beweer dat die verklaring nie aan
haar teruggelees is
nie. Dat dit wat neergeskryf is inderdaad deur die klaagster gesê
is en derhalwe haar verklaring was,
kon bewys word deur
kruisondervraging of die aanbied van die getuienis, (tydens die
verdedigingsaak), van die die persoon aan wie
die verklaring gemaak
is. (Mits natuurlik aan die vereistes van Subartikel 190(1) van die
Strafproseswet voldoen is)
Die geskilpunt was nie of die
verklaring toelaatbaar was as getuienis nie. Die inhoud van die
verklaring kan in ieder geval nooit
tot getuienis verhef word nie al
word dit as ’n bewysstuk gemerk. (Sien Schwikkard et al,
Principles of Evidence, Third Edition,
bladsye 454 en 461). Dikwels
word die verklaring nie eers ingehandig nie. Bewys dat ’n
getuie ’n vorige teenstrydige
verklaring gemaak het raak slegs
die geloofwaardigheid van die getuie. ( Sien R v Beukman 1950 (4) 261
(O) ).
Die prosedure
deur die geleerde Streeklanddros gevolg, was ook on
reëlmatig
omdat dit die geleentheid geskep het vir die aanklaer om met ’n
getuie wat onder kruisondervraging is te konsulteer
ten einde die
getuie se getuienis in die binneverhoor te kon aanbied. Mnr. Simpson
wat in hierdie Hof namens die Staat verskyn
het, het betoog dat daar
geen aanduiding is dat die aanklaer inderdaad met die klaagster
gekonsulteer het nie. Dit is inderdaad
so maar die verhoor is vir
daardie doel verdaag en die geleentheid is daarvoor geskep.
In
die
Hof
a quo
het die
aanklaer gesteun op ’n uitspraak van hierdie Hof in
S
v Manqaba
2005 (2) SASV 489 (W) (waarna ek
reeds hierbo verwys het), ’n aangeleentheid wat vir vonnis na
die Hooggeregshof verwys is
ingevolge artikel 51(1) van Wet 105 van
1997, as gesag vir die korrektheid van die hou van n binneverhoor ten
einde te bepaal of
’n getuie oor die inhoud van ’n vorige
teenstrydige verklaring gekruisondervra mag word. In daardie
aangeleentheid
het die verhoorhof nie kruisondervraging oor ’n
vorige teenstrydige verklaring toegelaat nie, onder andere omdat die
getuie
beweer het dat die verklaring nie aan haar teruggelees is nie.
Dit blyk uit die uitspraak dat die verhoorhof die hou van ’n

binneverhoor gelas het :
“to discuss the admissibility
of cross-examination of the statement”.
Dit is korrek
dat Haar Edele Regter Satchwell geen kritiek uitgespreek het oor die
binneverhoor-prosedure wat die verhoorhof gevolg
het nie maar dit was
nie die geskilpunt waaroor die hof moes beslis nie. Die beslissing
handel oor die noodsaaklikheid daarvan
om kruisondervraging oor die
inhoud van ’n vorige teenstrydige verklaring toe te laat. Dit
is verder duidelik uit die uitspraak
dat Haar Edele Regter Satchwell,
nie die voordeel van volledige argument gehad het oor die vele
aspekte in die verhoor wat haar
laat twyfel het of die verrigtinge
ooreenkonstig die reg was. Insoverre die aanklaer dus op hierdie
uitspraak gesteun het as gesag
vir die toepaslikheid van die hou van
’n binneverhoor ten einde te bepaal of ’n getuie oor die
inhoud van ’n
vorige teenstrydige verklaring gekruisondervra
mag word, was dit verkeerd.
Die geleerde
Streeklanddros het homself ook wanvoorgelig deur by die beoordeling
van die klaagster se getuienis te steun op die
bepalings van die
Regswysigingswet op Strafreg en Seksuele Misdrywe en Verwante
Aangeleenthede, Wet 32 van 2007 wat na die pleging
van die misdryf,
in werking getree het en derhalwe nie van toepassing was nie. Sien
in hierdie verband onder andere
Unitrans
Passenger (Pty) Limited t/a Greyhound Coach Lines v Chairman,
National Transport Commission, and Others; Transnet Limited
(Autonet
Division) v Chairman, National Transport Commission and Others
1999 (4) SA 1
,
Chairman, National Transport
Commission and Others v L C de Lange Transport (Pty) Limited
1983
(4) SA 670
(TPD);
Rex
v Silas
1959 (4) SA 305
(A) and
National
Director of Public Prosecutions v Karolis and Others
1999
(2) SASV 607 (HHA).
DR. VAN DER MERWE
Alhoewel Dr.
Van der Merwe namens die verdediging getuig het is dit sinvol om op
hierdie stadium na haar getuienis te verwys aangesien
sy die eerste
geneesheer was na wie die klaagster geneem is. Haar gevolgtrekking
was as volg
“no conclusive evidence
of forced penetration”
.
Dr. van der
Merwe is aan langdurige kruisondervraging onderwerp omdat sy nie in
haar verslag, die spasie vir “Hymen Configuration”

voltooi het nie. Sy het wel in haar verslag die maagdevlies beskryf
wat betref “swelling, tears, synechiae, bumps”
ens. Sy
het ook getuig dat sy randjies van ʼn maagdevlies gesien het. ’n
Onbevredigende aspek in haar getuienis, waarna
die geleerde
Streeklanddros ook verwys, is dat sy op ’n latere stadium na
langdurige kruisondervraging getuig het dat daar
geen maagdevlies was
nie. Ek is geneig om met Mnr. La Grange wat namens die Appellant in
hierdie hof verskyn het se standpunt
saam te stem dat dit ʼn
sarkastiese opmerking was want dit strook nie met haar verslag nie.
Dr Van der
Merwe se getuienis was egter duidelik dat daar hoegenaamd geen teken
van ’n aanranding was nie en dat die beserings
wat deur Dr.
Riester aangeteken is, nie teenwoordig was toe sy die klaagster
ondersoek het nie. Die herstelde skeure wat Dr. Riester
op die
maagdevlies waargeneem het, naamlik op drie, ses en nege uur, is in
ieder geval, tipiese letsels wat op ʼn maagdevlies
gesien word.
Wat van
belang is in
Dr. van der Merwe se getuienis
is dat die klaagster getraumatiseerd was toe sy na haar toe gebring
is en geweier het dat sy ondersoek
word. Dit moet onthou word dat die
beweerde verkragting op 1 Desember 2005 plaasgevind het en dat die
klaagster eers op 7 Januarie
2006 na Dr Van der Merwe geneem is. Die
klaagster se ouers was by en dit was duidelik dat hulle haar forseer
het om die ondersoek
te ondergaan. Sy het ook getuig dat die gebruik
van ’n tampon die maagdevlies kan skeur. Dit sal onthou word
dat die klaagster,
op haar eie weergawe, tamponne gebruik het.
Die geleerde
Streeklanddros het eenvoudig hierdie getuie se getuienis verwerp
as
nie redelik moontlik waar nie op grond van die wyse waarop sy haar
vorm voltooi het. Dit is na my mening geen behoorlike basis
om die
getuienis van ’n deskundige te “verwerp” nie. In
ieder geval, soos opgemerk in die redes vir die toestaan
van verlof
tot appèl kon die geleerde Streeklanddros net sowel die
getuienis van Dr. Riester “verwerp” het.
DR.
RIESTER
Dr. Riester
was verbonde aan die Teddy Bear Kliniek en Women Against Child Abuse
en is genader vir ’n tweede opinie na ’n
klagte deur die
klaagster se ouers. Dit is nie duidelik waarom op Dr. Riester
besluit is nie en dit is ʼn verontrustende leemte in die
Staatsaak dat niemand dit verduidelik het nie. Die klaagster het
ook
geweet dat die probleem met die uitslag haar eerste ondersoek was dat
daar geen beserings gevind is nie. Die uitslag van die
tweede
ondersoek is om hierdie rede alleen onbetroubaar. Die geleerde
Streeklanddros handel natuurlik glad nie met hierdie moontlikheid

nie.
Dr. Riester, wat die klaagster
eers op 26 Januarie 2006 ondersoek het vind toe: “Conclusive
evidence of rape, consistent with
child’s history” nadat
sy tot die gevolgtrekking gekom het dat daar “...Vaginal
penetration by erect penis;”
was.
Soos reeds
aangedui het Dr. Snyman, ʼn ginekoloog wat deur die verdediging
geroep is, getuig dat die skaafwond op die
“posterior
fourchette

, wat
deur Dr. Riester aangeteken is en beskryf is as “ red, tender”
nie ouer as drie dae kon gewees het nie en derhalwe
hoegenaamd nie
in verband gebring kon word met ’n verkragting op 1 Desember
2005 nie. Daarbenewens was haar bevinding dat
daar penetrasie deur
’n
“erect penis”
was onprofessioneel aangesien dit onmoontlik vir ’n dokter is
om so ’n bevinding te maak. Dr. Riester het dit ook toegegee.
Ek stem saam
met die geleerde Regters wat verlof tot appel toegestaan het dat daar
op die getuienis geen rede
skyn te wees om
die getuienis van Dr. Riester te verkies bo die van Drs. Van der
Merwe en Snyman nie.
DIE
VERDEDIGINGSAAK
Die Appellant het getuig en die
bewerings ontken asook dat hy sy beddegoed gewas het op 1 Desember
2005. Dit is ook deur sy vrou
ontken wat namens hom getuig het.
Die geleerde
Streeklanddros het in die fynste detail weersprekings tussen die
weergawes van die Appellant en sy vrou behandel veral
met betrekking
tot wat tydens sy arrestasie gebeur het (wat ookal die relevantheid
daarvan mag wees). Hy het ook gehandel met inherente

onwaarskynlikhede in hulle weergawes en bevind dat die Appellant nie
kon aantoon waarom die klaagster hom valslik van verkraging
sou
beskuldig het nie.
Die toets in
ʼn strafsaak is eenvoudig of by oorweging van die totaliteit van
die getuienis, ʼn beskuldigde se weergawe
redelik moontlik waar
kan wees. (Sien
S v Van der Meyden
1999 (2) SA 79
(W); 1999
(1) SASV 447 (W) waar Nugent R die belangrikheid beklemtoon dat daar
na die getuienis as geheel gekyk moet word, n beginsel
wat met
eerbied van toepassing is in ’n saak soos die onderhawige. Dié
uitspraak is deur die Hoogste Hof van Appél
gevolg. (Sien S v
Van Aswegen 2001 (2) SASV 97 (HHA) at 101a-f.) (Sien ook R v
Hlongwane
1959 (3) SA 337
(A) op 340H-341B; S v Hlapezula &
Others
1965 (4) SA 439
(A) op 442F; en S v Khumalo & Others
[1991] ZASCA 70
;
1991
(4) SA 310
(A) op 327H-I.)
Die toets is
nie of
’n beskuldigde geglo kan word,
bevredigend getuig het of bewys het waarom die klagte teen hom vals
is nie.
Die Appellant
en sy vrou se getuienis was nie perfek nie en dit is so, soos deur
die geleerde Streeklanddros opgemerk, dat belangrike
stellings nie
aan Staatsgetuies gemaak is nie. Daar was egter soveel inmenging deur
hom
met die kruisondervraging deur die
verdediging dat dit onmoontlik is om te bepaal of hierdie versuim
daarop dui dat die Appellant
sy weergawe aangepas het.
SLOTSOM
Na my mening
,
bestaan daar, op die totaliteit na die getuienis, vir die redes
hierbo vermeld ʼn redelike twyfel of die Appellant die klaagster

verkrag het. Die Staat het dus nie daarin geslaag om die Appellant
se skuld bo ’n redelike twyfel te bewys nie en die
skuldigbevinding in die Streekhof was verkeerdelik uitgebring.
Bygevolg is
op 19 Mei 2011 gelas dat die appèl slaag en dat die Hof
a
quo
se skuldigbevinding van die Appellant
vervang word met ’n bevel
“Onskuldig
en Ontslaan”
.
M. KOLBE
____________________
WAAARNEMENDE REGTER VAN DIE
HOOGGEREGSHOF
DATUM:_
Ek stem saam.
___________________
N.P. WILLIS
REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF
DATUM: