About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2016
>>
[2016] ZAWCHC 85
|
|
Van Gijsen v Van Der Merwe (14860/13) [2016] ZAWCHC 85 (24 June 2016)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAPSE
AFDELING, KAAPSTAD)
Saak
No:
14860/13
DATE:
24 JUNE 2016
In
die saak tussen:
NICOLAS
RENIER VAN
GIJSEN
..................................................................................................
Eiser
En
FRED
VAN DER
MERWE
...................................................................................................
Verweerder
UITSPRAAK
GELEWER OP 24 JUNIE 2016
RILEY,
WnR
[1]
Die eiser in die aksie is ‘n gesertifiseerde finansieële
beplanner met die professionele titel CFP. Volgens die aangebode
getuienis het hy die grade BA; B.A. Hons MA verwerf, asook die
Nagraadse Diploma in Finansieële Beplanning en ‘n
Gevorderde
Nagraadse Diploma in Finansieële Beplanning behaal.
[2]
Eiser is ‘n spesialis in finansieële risiko bestuur en
boedelbeplanning en is die besturende direkteur van Finlac
Risk and
Legal Mangement (EDMS) Bpk, die entiteit waarmee die eiser sy sake
bedrywighede bestuur. Die finansieële dienste
wat eiser aanbied,
sluit onder andere die volgende in, bv advies rakende boedels,
belasting, testament en bestorwe boedels.
[3]
Op 10 September 2013 het eiser ‘n aksie teen verweerder
ingestel gebaseer op twee e-posse wat verweerder onderskeidelik
op 20
Junie 2013 en 16 Julie 2013 aan eiser en aan verskeie persone en of
instansies aangestuur het.
[4]
Die verweerder, ‘n neurochirurg van beroep, was aanvanklik
verdedig deur prokureurs Edward Nathan Sonnenberg (“ENS”),
welke prokureurs op 30 Maart 2015 onttrek het as sy prokureur van
rekord. Dit is gemeensaak dat ENS onttrek het op ‘n stadium
nadat hulle verweerder reeds bygestaan het met die opstel en liasseer
van sy pleit in die geding. Op 28 May 2015 gee prokureurs
Knowles
Husain Lindsay Ingelyf kennis dat hulle aangestel is as prokureurs
van rekord. Op 12 Oktober 2015 onttrek laasgenoemde
prokureurs as
verweerder se prokureur van rekord. Verweerder behartig sedert die
datum sy eie verdediging.
[5]
Dit is nodig om te meld dat alhoewel die saak neergeplaas is vir die
verhoor om binne twee dae afgehandel te word en alhoewel
slegs eiser
en verweerder in die saak getuig het, die geallokeerde dae total
onrealisties en te min was vanweë die feit dat
die verweerder
onverdedig was en die feit dat sy gebrek aan kennis van die reg en
die regsproses tot ‘n groot mate veroorsaak
het dat die
afhandeling van die saak vertraag is.
AGTERGROND
EN GESKIEDENIS
[6]
Dit is nodig om die agtergrond en geskiedenis tot die saak te skets
sodat die laster aksie in konteks gesien kan word. Die agtergrond
en
geskiedenis word volledig in Mnr Marais se hoofde van betoog
uiteengesit en is tot in groot mate gemeensaak. Gerieflikheidshalwe
sal ek gevolglik na die hoofde van betoog verwys en gee ek toe dat
ek, veral waar die aspekte waarna verwys word, gemeensaak is,
sal ek
verbatim daarvan aanhaal. Ek maak ook op die stadium van die
geleentheid gebruik om Mnr Marais te bedank vir sy baie volledige
en
goeie hoofde van betoog wat van groot hulp was om die geskilpunte uit
te kristalliseer.
[7]
Die verweerder is die middelkind van vyf kinders. Sy vader was ‘n
onderwyser van beroep voor sy aftrede en sy moeder was
‘n
tuisteskepper. Die verweerder se oorlede vader en moeder het op die
plaas Onder Ongeluk gewoon en verweerder se pa het
ook geboer op die
plaas. Die verweerder het een jonger broer, Dr Ian van der Merwe
(“Ian”) en drie susters. Een van
die susters, Dr Lente
van der Merwe (“Lente”) het die verweerder moreel
bygestaan in die saak. Alhoewel verweerder
aanvanklik aangedui het
dat hy haar sou roep as ‘n getuie het hy haar egter nie geroep
nie. Die verweerder se ander twee
susters Almerie en Anina was nie
direk betrokke in die aangeleentheid nie, maar is daar wel in die
getuienis na hulle verwys.
[8]
Uit die aangebode getuienis blyk dit dat verweerder op die plaas
groot geword het en daarvandaan die plaaslike hoërskool
te
Posmasburg bygewoon het, terwyl sy jonger broer Ian, sy hoërskool
loopbaan te Grey Kollege, Bloemfontein voltooi het. Soos
blyk uit die
getuienis het die verweerder die feit teen sy jonger broer gehou.
[9]
Dit is gemeensaak dat in en gedurende 2007 die verweerder se vader
die eiser genader het vir finansieële advies en in besonder
raad
gesoek oor die beplanning van sy boedel. Tydens die konsultasie
tussen verweerder se vader en moeder, is sekere testamentere
wense
deur die vader met die eiser bespreek. Hierdie konsultasie is
opgevolg met ‘n vertroulike verslag wat eiser op 12 April
2007
vir verweerder se pa voorberei het waarin ‘n opsomming van sy
wense behandel is en die eiser formeel advies gegee het.
[10]
Op 30 Mei 2007 het die eiser geantwoord op ‘n reeks vrae wat
die verweerder en sy broer Ian aan hom gestel het. Die vrae
handel
grotendeels oor die toekoms van die plaas. Soos blyk uit die inhoud
van eiser se e-pos aan die broers, het hy onder andere
aspekte soos
belasting en die voortsetting van die boerdery op die plaas
aangespreek.
[11]
Op versoek van die verweerder se ouers het die eiser ‘n
gesamentlike testament laat opstel, welke testament deur die
ouers
geteken is. In die testament word voorsiening gemaak vir die skep van
‘n trust aan wie die plaas Onder Ongeluk, insluitend
al die
boerdery toerusting en boerdery gereedskap asook die losgoedere
bemaak is. In terme van die testament het die verweerder
se moeder
lewenslange vruggebruik van die plaas en die bates daarop verkry en
het die verweerder en sy broer Ian, die vruggebruik
van die plaas
verkry vir ‘n periode van twee jaar na die afsterwe van hul
moeder. Die restant van die vader se boedel is
in terme van die
testament aan sy vrou nagelaat. Ingevolge klousule 13 van die
testament word Finlac Trust as eksekuteur van die
afsonderlike
boedels aangestel asook as trustee van die testamentere trust.
[12]
Op 19 Julie 2007 sterf die verweerder se vader en op 21 November 2007
word Louise Danielz (“Danielz”) aangestel
as eksekuteur
van die pase boedel as genomineerde van Finlac Trust. Die verweerder
het getuig dat feitlik onmiddelik na hul pa
se dood, het Ian en sy
moeder begin vassit oor die plaas en die boerdery in die algemeen.
Volgens hom was daar ernstige verskille
en probleme tussen sy broer
aan die eenkant, en sy moeder en hom aan die anderkant, oor die
toekoms van die plaas en die voortsetting
van die boerdery.
[13]
In sy getuienis het die eiser die verskille en probleme bevestig en
het hy getuig dat hy op verskeie geleenthede probeer het
om die
geskille by te lê. Hy het ook van sy kant gepoog om die
verweerder se moeder se swak finansieële situasie aan
te spreek
met voorstelle wat hy aan haar en haar seuns gemaak het.
[14]
Op 14 Januarie 2008 het eiser ‘n e-pos aan verweerder gestuur
oor ‘n brief van sy broer se prokureurs oor die verweerder
se moeder. Op 22 April 2008 het die eiser weer ‘n e-pos aan die
verweerder, sy broer Ian en hul moeder gestuur, waarin hy
na sekere
gesprekke wat hy met hulle gehad het oor die vorige paar maande na
die afsterwe van hulle vader, verwys.
[15]
In die e-pos verwys hy na “die pad vorentoe” insluitend
hul moeder se finansieële situasie, die plaas en die
trust.
[16]
Volgens die getuienis het die eksekuteur en aangestelde amptenare in
diens van Finlac Trust, naamlik Me Celeste Fourie (“Fourie”)
en Mnr Shayne Randhani, (“Randhani”), begin met stappe om
die boedel te beredder en is pogings aangewend om die plaas
aan die
trust oor te dra.
[17]
Op 30 Julie 2009 stuur Randhani ‘n e-pos aan verweerder waarin
hy aan die verweerder ‘n konsep likwidasie en distribusie
rekening voorlê vir sy oorweging en insette. Randhani wys ook
in hierdie e-pos daarop dat daar ‘n kontant tekort in
die
boedel ontstaan het en dat daar voorsiening gemaak moet word vir
belasting en ander uitgawes.
[18]
Op 9 Augustus 2009 rig VGV Inc. prokureurs ‘n skrywe aan die
verweerder, sy broer en suster Lente, en aan die eiser waarin
daar na
‘n konsep huurooreenkoms verwys word en waarin gemeld word dat:
“
Hierdie huurooreenkoms tree eers
in werking wanneer die plaas in die naam van die trust oorgedra word.
Tot op daardie stadium huur
Dr Ian Van der Merwe streng gesproke die
plaas van die boedel. U is welkom om ooreen te kom dat dit op
dieselfde basis geskied.
”
[19]
Ek is tevrede dat op die getuienis die voortslepende twis tussen die
verweerder en sy broer egter verhoed het, dat daar konstruktiewe
vooruitgang met die oordrag van die plaas en ander aspekte van die
boedel bereik kon word. Van sy kant was eiser op daardie stadium
nog
gewillig om in sy persoonlike hoedanigheid die partye by te staan in
‘n poging om die situasie te help beredder.
[20]
Die eiser het getuig dat die onderlinge twis tussen die broers egter
nie deur hom bygelê kon word nie en gevolglik het
hy op 4
September 2009 ‘n e-pos gerig aan die verweerder en sy
prokureur Theuns Steyn (van ENS), sy broer Ian en die eksekuteur.
In
die e-pos sê die eiser onder andere dat:
“
Na
2 jaar se kleinlike gekibbel, oor en weer beskuldigings, dreigemente
en prokureursbriewe, versoek ek een en almal om my van jul
verspreidingslys af te haal. My enigste betrokkenheid was om ‘n
sterwende man te help om vir sy vrou voorsiening te maak
.”
[21]
Op 8 Oktober 2009 het Ian’s se prokureur ‘n brief aan
Randhani gerig waarin onder andere duidelik gestel
word dat Ian
onder geen omstandighede sal toe stem tot die verkoop van die plaas
nie.
[22]
Op 6 April 2010 rig Theuns Steyn ‘n skrywe aan die verweerder
waarin hy onder andere die verweerder raad gee aangaande
die trust.
[23]
Op 5 September 2012 stuur verweerder ‘n e-pos aan die Meester
van die Hoogeregshof, Mnr Craig Davids (“Davids”)
en
verskeie ander persone insluitend sy broer en sy suster Lente, die
eiser en die boedelbeamptes, met verwysing na sy vader se
boedel. In
hierdie e-pos verwys verweerder onder andere na die belasting
registrasie en die moontlike onderverdeling van die plaas.
In die
e-pos sê verweerder:
“
Ek
verlang asb afskrifte van registrasie dokumente en aanslagte om
verdere onderduimse bedrywighede te monitor.
”
[24]
Verweerder gaan voort en beweer dan dat sy broer agteraf konkel en
besig is met ‘n slenterslag. Hy maak dan die volgende
aantyging
teen sy broer:
“
Dr
Ian het van die begin af geweier om saam te werk en soos telkemale
uitgewys is, hom skuldig gemaak aan unilaterale besluite,
optredes en
vervreemding van boedelbates (steel), onwettige besigheidspraktyke
soos alreeds uitgewys aan alle partye.
”
[25]
Op 5 September 2012 en in ‘n e-pos gerig aan dieselfde partye
as sy broer se e-pos antwoord die verweerder se broer op
die
aantyging en noem hy onder ander die verweerder ‘n huigelaar.
Hy noem voorts dat as gevolg van die verweerder, hul moeder
en hul
suster Lente se “konkelry” sit hulle nou met ‘n
gemors. Hy eindig die e-pos deur te sê:
“
Hou
op om jou opgekropte emosies op my uit te haal aangesien ons weet dat
jy en Pappa nooit langs dieselfde vuur kon sit nie.
”
[26]
Op 12 November 2012 rig die verweerder ‘n e-pos aan sy broer en
rig dit ook aan verskeie ander persone asook Davids en
die eiser. Die
e-pos verwys na die onafgehandelde boedels van sy ouers en uitstaande
belastingregistrasie / klaringsbewys, as ook
die uitstaande
besigheidsdokumente van die boerderybedrywighede. Hy sê onder
andere:
“
Ek
wil dan weereens my ontevredenheid uitspreek met wyse waarop daar met
boedelbates en boerderybesigheid omgegaan word en ek distansieer
my
van die onwettige optredes / besigheidsprake van die nie-aanvaarbare
besigheidspraktyke soos deur Dr Ian gepleeg word.
”
[27]
In die skrywe beklemtoon verweerder verder dat hy geensins toestem
tot ‘n publieke veiling van die plaas nie en dat hy
dit sal
teenstaan met “gevolge”.
[28]
Op 13 November 2012 antwoord Ian met ‘n e-pos aan die
verweerder (wat ook aan Davids en die boedelbeamptes gerig is)
waarin
hy noem dat die “
boedelsake is
tans in die beste hande en die proses is aan die gang. Nie ek of jy
gaan enige iets regkry deur net eindelose eise
te stel nie.
Hy sluit af deur te sê
: “Ek
is seker almal tans betrokke is nou al keelvol vir jou aanhoudende
‘demands’.
”
[29]
In opvolg van hierdie e-pos stuur verweerder op 14 November 2012 ‘n
e-pos aan Davids, ‘n beampte by SARS en verskeie
ander persone
insluitend die eiser. Hy verwys na die onafgehandelde boedel van sy
vader en na vorige korrespondensie tussen hom
en sy broer. Hy noem
dat hy saamstem dat die “
saak in
die regte hande is en ek hoop dat die proses ASAP afgehandel kan
word. Hy versoek die Ontvanger van Inkomste om volledig
ondersoek in
te stel na “werkingswyse, belastingregistrasies en weiering van
registrasie deur verantwoordelike partye (eksekuteurs
/ trustee / Dr
Ian as besigheidsman, boer, dokter, transportryer).
”
[30]
Verweerder noem verder dat hy hom nie vereenselwig met sy broer se
onwettige optredes en praktyke nie en dat die eiser (by
name genoem),
as “
opsteller van testament,
direkteur van Finlac Trust maatskappy, asook en wat dan Finlac Trust
as eksekuteur en ook trustees van
Testamentêre Trust benoem
het
” kan bevestig dat hy hard
probeer het om samewerking van die begunstigdes te probeer verkry.
[31]
Verweerder sluit die e-pos af deur te sê dat, “
Dit
is my opinie dat daar nie enige vordering in die boedel gemaak word
nie aangesien Eksekuteurs / trustees nie administrasie /
beheer /
kontrole kan of wil uitoefen nie.
”
Verweerder versoek dan laastens die Meester om indringend te kyk na
die werkingswyse van die eksekuteurs. Op dieselfde dag
stuur die
verweerder ‘n brief aan VGV prokureurs waarin hy onder andere
sê:
“
Ek
wil U graag inlig dat U kliënt, Mnr Nico Van Gijsen, nie eerlik
is met U nie of andersins bewys
[maak]
van swak kommunikasie by Finlac Trust.
”
[32]
Op 27 Mei 2013 stuur die verweerder ‘n e-pos aan Davids en
ander persone, insluitend persone by die department van justisie,
die
boedelbeamptes en die eiser, met verwysing na onder andere die
onafgehandelde boedels en “
kwaadwillige
boerderypraktyke
”. Hy maak dit
duidelik dat hy weier om enige volmagte te onderteken en persoonlike
besonderhede te verskaf aan Finlac Trust
en VGV prokureurs “
met
duistere motiewe
” en weier hy
ondubbelsinnig om enige toestemming te gee vir enige oordragte.
[33]
In die e-pos beskuldig die verweerder verder dat VGV prokureurs die
sessievorms ten opsigte van ‘n voorgestelde sessie
van die
vruggebruik wat hulle aan verweerder verskaf het “
misleidend,
kwaadwilliglik, foutief en onaanvaarbaar en duidelik ‘n
slenterslag van Finlac Trust en nomineerdes in samespanning
met
sekere VGV prokureurs om verantwoordelikheid af te skuif en te
ontduik. Ek versoek dat MoHC dit moet verwerp met die minagting
wat
dit verdien.
”
[34]
Op 29 Mei 2013 rig die eksekuteur Danielz ‘n lang e-pos aan die
verweerder en sy broer wat ook aan ander boedelbeamptes
gerig word.
In hierdie e-pos sit sy volledig die situasie uiteen ten opsigte van
die redes waarom die boedel nog nie afgehandel
is nie en waar sy die
broers vra om hulle samewerking te gee sodat sy die boedel kan
probeer afhandel.
[35]
Ten spyte van die eksekuteur se verduidelikings en haar beroep op
samewerking deur die verweerder en sy broer, rig die verweerder
op 2
Junie 2013 ‘n e-pos aan die eiser en die eksekuteur wat ook
gerig word aan Davids en verskeie ander staatsamptenare
rakende die
onafgehandelde boedels. Die verweerder maak dit duidelik dat: “
Let
wel, afskrifte word aan MoHC en SARS / SAID deurgegee.
”
In die e-pos sê die verweerder onder andere dat: “
Dit
is duidelik dat ek nie hierdie gemanupulasie, ‘cooking of
books’ en haastig opstel van onvolledige inkomstestate
sal
aanvaar nie.
”
[36]
Op 17 Junie 2013 rig die verweerder se broer ‘n e-pos aan
Fourie (een van die boedelbeamptes wat met die boedel se bereddering
gemoeid is), waarin hy toestemming vra om speenkalwers te verkoop om
uitgawes op die plaas te dek aangesien daar nie genoegsame
fondse in
die rekening is nie. Fourie versoek hierna skriftelike toestemming
van die verweerder vir die verkoop van die speenkalwers.
Die
verweerder antwoord hierdie versoek op 20 Junie 2013 in ‘n
e-pos wat spesifiek gerig is aan Davids. Ander persone en
instansies
waarna die e-pos ook gerig word is: Mnre Van Rensburg en Walters
(altwee verbonde aan die Meesterskantoor); die sentrale
kantoor van
SARS; PWC ouditure en ‘n sekere Mnr Engelbrecht (‘n
prokureur en trustee van die trust).
[37]
Die onderwerp van die e-pos is “
Verkoop
van speenkalwers; Onafgehandelde boedels en Herverdelingsooreenkoms.
”
Die e-pos verwys eerstens na die feit dat daar “
Geen
geld meer oor
[is]
in
besigheidsrekening!!!
” Verweerder
gaan voort en maak dan die volgende stellings:
“
Gelukwense
aan mede-begunstigde Dr Ian (jnr) Van Der Merwe… en
Eksekuteurs: Finlac Trust Ltd …
met
suksesvolle plundering van die Boerdery-Besigheidsrekening en
vervreemding van boedel en trustbates
voordat enige belasting betaal is.
”
Verweerder beweer dan dat: “
Hierdie
was ‘n goed ge-orkestreerde poging tot samespanning maar soos
telke male uitgewys aan alle partye moet en sal die
‘law must
take its course’ en ‘justice will prevail’
.”
“
Wat
‘n ‘suksesvolle’ boer is Dr Ian nie. Sy ‘inflated’
boerderyuitgawes, verberging van inkomstes,
misbruik van VAT en
vruggebruik deur oa kontantverkope wat nie verklaar word nie, sal nie
aanvaar word nie. Hierdie is ooglopend
toegelaat deur Finlac
direkteur, Nico Van Gijsen en genomineerdes asook trustees tsv
ernstige besware
.” Die bewering
word voorts gemaak dat “
Dr Ian se
plundering, soos toegelaat deur Finlac Trust direkteure, nomineerdes
en trustees…
”
“
Die
feit is dat dr Ian as ‘suksesvolle’ boer
/vervoerkontrakteur/mediese praktisyn meer as ‘n miljoen rand
se
inkomste weggesteel het… soos ooglopend goedgekeur deur
Finlac, trustees.
”
“
Wie
gaan aanspreeklikheid aanvaar vir hierdie ooglopende bedrog, stelery,
samespanning tot VAT en Belastingontduiking en verduistering
soos
toegelaat deur professionele persone.”
[38]
Die verweerder verwys dan pertinent na die eiser wanneer hy sȇ:
“
Ek
is seker dat SARS en MoHC graag die volle prentjie sal wil verkry…
Dit wil voorkom asof wettige testament selektief gebruik
word vir
finansieële gewin van Eksekuteur / Finlac Trust met direkteur,
mnr Nico Van Gijsen en mede begunstigde, Dr Ian.
”
[39]
‘n Versoek word gerig aan die Ontvanger van Inkomste (SAID) dat
“’
n volle audit en
leefstylondersoek
” gedoen moet
word “…
aangesien
hier duidelike bewyse van bedrog, samespanning tot
belastingontduiking en totale roekelose en nalatige optredes deur
aangestelde beamptes is…
”
[40]
Hierna het die verweerder op 17 Julie 2013 ‘n e-pos aan Davids
en andere, insluitend beamptes van SARS gerig waarin hy
verwys na die
“
onwettige besigheidspraktyke en
wanadministrasie en nalatige wyses van Finlac eksekuteurs /
trustees.
” Die e-pos sluit af met
die volgende stelling:
“…
Louise
is genomineerde van Finlac, met direkteur Nico Van Gijsen wat
aangestel is as eksekuteur. Geen kontrole en beheer is uitgeoefen
nie
vanaf begin met bedrieglike modus operandi van Nico Van Gijsen.
”
[41]
Op 22 Julie 2013 het eiser se prokureurs ‘n brief gestuur aan
die verweerder waarin hy daarop gewys word dat sy uitlatings
in die
twee laas genoemde e-posse lasterlik was ten opsigte van die eiser en
hy gevra word om skriftelik apologie aan te teken
en hom te weerhou
om verdere lasterlike bewerings jeens die eiser te maak.
[42]
Op 8 August 2013 rig die verweerder ‘n brief aan eiser se
prokureurs waarin hy ontken dat die bewerings in die gemelde
e-posse
lasterlik was. Verweerder is verder nie bereid om ‘n apologie
te maak nie en is hy ook nie bereid om ‘n onderneming
te gee
dat hy nie die eiser sal belaster nie. Dit is gemeensaak dat die
eiser daarna die dagvaarding teen die verweerder uitgereik
het.
[43]
Dit is belangrik om ook die gebeure wat na die uitreiking en
bediening van die dagvaarding op die verweerder in oënskou
te
neem aangesien dit na my mening aanduidend is van die verweerder se
verdere onregmatige lasterlike optrede, veral teenoor die
eiser.
[44]
Op 10 Februarie 2014 stuur verweerder ‘n e-pos aan Davids, en
ander personeel van die Meesterskantoor in Kimberley, en
beamptes van
SARS asook boedelbeamptes van Finlac Trust. In die e-pos stel hy
Finlac Trust gelyk met die eksekuteurs van die boedel
en voer hy aan
dat sy broer se eis nr 1 teen die boedel is, wat sy vermoedens dat
dit “
hoogs verdag en onreelmatig
is
”, versterk. Hy noem dan die
eiser by name as direkteur, boedelbeplanner en opsteller van die
testament. Hy eindig die e-pos
af deur die volgende te stel:
“
Ek
versoek dat die MoHC en SARS asb ingryp en verdere stappe doen
aangesien hierdie Eksekuteurs nie in staat is nie en ek hulle
bevoegdheid, kundigheid en werkingswyse ernstig betwyfel en ek geen
vertroue in Eksekuteurs (Finlac Trust Ltd volgens testament,
met mnr
Nico Van Gijsen as direkteur / testamentopsteller / boedelbeplanner
van beide ouers se testamente) en hulle genomineerdes
het nie.”
[45]
Op 13 Februarie 2014 skryf eiser se prokureurs aan verweerder se
prokureurs en verwys na die lasterlike bewerings in laasgemelde
e-pos
en versoek dat verweerder skriftelik onderneem om hom te weerhou van
verdere lasterlike bewerings en dat tensy die onderneming
nie gegee
word nie dat ‘n aansoek om ‘n interdik teen verweerder
aangevra sal word.
[46]
Verweerder ontken deurmiddel van ‘n skrywe van sy prokureurs
dat hy enige lasterlike bewerings gemaak het, maar gee nietemin
‘n
onderneming dat hy nie lasterlike bewerings teenoor eiser sal maak
nie.
[47]
Op 28 Mei 2014 lȇ verweerder ‘n klag teen die eiser by
FISA. Die klag bevat ‘n aantal ernstige lasterlike
bewerings
sodanig dat eiser hom skuldig gemaak het aan verskeie stafregtelike
oortredings insluitende bedrog en belastingontduiking.
[48]
Op 27 Augustus 2014 rig verweerder ‘n e-pos aan die
Hoofmeester, Adv Basson, en ander personeel by die Meesterskantoor
te
Kimberley. Die e-pos word ook aangestuur aan beamptes van SARS, lede
van FSB asook verskeie ander persone wat betrokke is by
die boedel.
Die opskrif is “
Ernstige besware
deur
Dr Fred Van Der Merwe
…
” In die e-pos maak die
verweerder onder andere die volgende stellings:
“
Dit
bevestig weereens die
BEDRIEGLIKE
WYSES van FINLAC TRUST/NEDGROUP TRUST se NASIONALE BOEDELSHOOF.
Hierdie groep wil hulle VERANTWOORDELIKHEDE en
BELASTINGAANSPREEKLIKHEID
as Public Officer afskuif.
”
en verder “
Let wel hierdie
samespanning tussen Eksekuteursgroep en Dr Ian is alreeds uitgewys
aan Meesterkantore en SARS…
GEEN
LASTEREIS van mnr NICO van Gijsen sal aanvaar word nie asook geen
verdere dreigende interdikte deur sy prokureurgroep VGV –
prokureurs, met Franscois Van Gijsen wat ook direkteur van Finlac
Trust is asook konsultant by VGV prokureurs) om my stilswye te
verseker NIE.
”
[49]
Verweerder gaan verder en stel dit dat:
“
Mnr
Nico Van Gijsen (Finansieële[sic] adviseur en beplanner van
beide ouers en deskundige beplanner, boedelbeplanner,
testamentopsteller,
direkteur en sleutelpersoon van Finlac Trust) se
rol en misleiding van oorlede ouers oa rakende trusteeskap (Finlac
trust is tweeledig
aangestel volgens testament) is bekend en versoek
ek hom om soos hy in aangehegde persberig van afgelope week in
“RAPPORT”
om ook in sy eie FINLAC TRUST –
spieeltjie te kyk na “Geldhyiena”.
Let ook op dat klagtes alreeds ingedien is by FSB en FISA waarvan
betrokkenes (Mnr van Gijsen en Louise Danielz) lede is.”
Verweerder
vra verder “
Wanneer gaan hierdie
BEDRIEGLIKE WERKINGSWYSES van FINLAC en NEDGROUPTRUST be-eindig
word?
”
[50]
Die verweerder voer verder ook aan dat “
VATBEDROG
(sic) is uitgewys aan owerhede insluitende SARS
”
“
Dr
Fred het GEEN TOESTEMMING gegee wat … hierdie KLUG /
BEDROGSPUL direk of indirek magtig nie.
”
“
EK
versoek HOOFMEESTER, MEESTERSKANTORE EN SA INKOMSTEDIENS OM ERNSTIG
en DRINGEND aandag te gee aan hierdie BESWARE van myself
en leiding
te gee ter regverdige afhandeling van hierdie boedels.
”
[51]
Op 1 September 2014 rig die verweerder ‘n e-pos aan Davids en
verskeie ander persone in die staatsdiens en boedelbeamptes
waarin hy
verwys na die direkteure van Finlac Trust (N van Gijsen en J Gibson)
en sê dan:
“
Dit
bevestig slegs die TOTALE GEEN BEHEER EN KONTROLE asook die KORRUPTE
verhouding en samespanning met Dr Ian”
Verweerder
voer dan voorts aan dat:
“
Hierdie
kom neer op beplande doelbewuste bedrieglike ‘Steel’ van
boedelinkomste. FINLAC TRUST en sy genomineerde (FINLAC
TRUST en
NEDGROUP TRUST) nasionale hoof van boedels se werkingswyse is
Korrupt, ondeursigtig, deurspek met bedrieglike werkingswyses
en sal
publiek moet beskerm word teen hierdie Eksekuteursgroepe.
”
[52]
Twee weke later, op 15 September 2014, stuur die verweerder ‘n
e-pos aan ‘n reeks persone, insluitend die Hoofmeester
en ander
beamptes in die Meesterskantoor, asook SARS en persone wat betrokke
is by die bereddering van die boedel. In die e-pos
doen die
verweerder ‘n beroep op die “Eksekuteursgroep” en
voeg dan by:
“
U
volgehoue Wanvoorstellings, Verdraaings, Oogverblindery en suiwere
leuns is Onaanvaarbaar...
”
“
Ek
staan by die feite hierdie sg. ‘Openbare Veiling’ ‘n
bedrieglike Slenterslag is om U Verantwoordelikhede, Belasting
aanspreeklikheid en andere te probeer (sic) vermy en af te skuif.
”
“
Die
KORRUPTE VERHOUDING met dr Ian is verder bewys met indiening van
aanbiedinge tydens Private veiling...
”
“
Klagtes
by FISA is in hierdie stadium van DISSIPLINERE ONDERSOEK (sien
aangeheg maw wie (Eksekuteursgroep bestaan uit mense?) word
ondersoek
wat al hierdie verrykende besluite en vorms so vernuftig indien, na
my vele besware en versoeke tot TOTALE EKSEKUTEURSGROEP,
maw van
Boedelbeampte tot genomineerdes tot direkteure ASOOK Meesterkantoor.
”
[53]
Verweerder sluit die lang tirade af met die uiteensetting van sy
“
STANDPUNT
”:
“
1.
Bedrieglike Werkingswyses en EKSEKUTEURSGROEP op alle vlakke met
totale faling van ‘Fiduciary Duties’ met ernstige
gepaardgaande belastingprobleme.
2.
Bedrieglike wyses alreeds ontbloot met verkryging van
Eksekuteursfooie sonder toestemming, neem van NEASEA fooie,
wanvoorstellings
met Versekeringspolisse, etc... ook
waardasiemanipulasies
3.
Samespanning en Korrupte VERHOUDING MET DR Ian ...
4.
Hou VAN Openbare Veiling wat niks anders was a KLUGSPEL nie, soos bo
verduidelik.
5.
Intimidasie met sg Lastereise en dreigende interdikte deur
‘oordragprokureursgroep’ wat direkteure verteenwwordig
wat ook as Konsultant optree.
6.
Wanvoorstellings en Voorsiening van MEESTERKANTOOR met valse
inligting...
7.
Bedrieglike wyses ter verkryging van sg Endossering...”
[54]
Op 29 September 2014 het eiser ‘n dringende aansoek gebring in
hierdie Hof onder saaknommer 17249/14 vir ‘n interim
interdik,
hangende die afhandeling van die aksie in hierdie saak, om verweerder
te verbied om die goeie naam en reputasie van eiser
op enige wyse,
direk of indirek, aan te tas deur publikasie op enige wyse van
lasterlike beweings teen eiser.
[55]
Op 7 Oktober 2014 het verweerder sy opponerende eedsverklaring
geliaseer. Hy het in wese erken dat hy die e-posse waarna verwys
word
in die aansoek gestuur het maar het ontken dat hy die eiser belaster
het en dat die eiser derhalwe nie ‘n behoorlike
saak uitgemaak
het vir ‘n interim interdik nie.
[56]
In sy opponerende eedsverklaring het verweerder aangevoer dat hy op 1
Oktober 2014 (dws na die dringende aansoek geloods is),
op ‘n
dringende basis aansoek gedoen het in die Hooggeregshof, Noord-Kaapse
Afdeling, ingevolge waarvan hy ‘n interim
interdik aangevra het
teen die Eksekuteur van sy vader se boedel, hangende die beregting
van ‘n aansoek om die verkoop van
die plaas aan sy broer ter
syde te laat stel en nietig te verklaar. In die omstandighede het
verweerder die stukke van sy dringende
aansoekstukke in die
Hoogeregshof te Kimberley ingelyf by die eiser se dringende aansoek.
[57]
Op 14 Okober 2014 het Salie-Samuels WNR (soos sy toe was), ‘n
hofbevel uitgereik by ooreenkoms tussen eiser en verweerder
ingevolge
waarvan verweerder onderneem het om nie enige lasterlike bewerings
teenoor die eiser te maak nie. ‘n Bevel dat
die koste van die
dringende aansoek sal oorstaan vir beregting by die aanhoor van
hierdie aksie is ook gemaak.
GEBEURE
NA DIE TOESTAAN VAN DIE HOFBEVEL TEEN VERWEERDER
[58]
Op 12 Maart 2015 rig die verweerder ‘n e-pos aan prokureurs C&A
Friedlander (die eksekuteur se prokureurs) asook
verskeie ander
persone. Hy stel onder andere dat: “
Hierdie
is die kern van my probleem agv totale beplande faling van
Eksekuteurs en / of trustees wat u Kliente geprobeer regstel
het met
bedrieglike wyses
”.
[59]
Op 11 Mei 2015 stuur verweerder ‘n e-pos aan verskeie persone,
onder andere die Hoofmeester en beamptes by SARS, waarin
hy spesifiek
na die eiser verwys. Die algemene strekking van die e-pos is dat die
eiser, gesamentlik met die ander persone in die
“’
Eksekuteursgroep’,
skuldig is aan nalatige en onprofessionele optredes, bedrieglike
wyses van optrede, faling van ‘fudiciary
duties’ en
‘deelnemers is van hierde bedrogspul
’.
[60]
Op 18 Augustus 2015 rig verweerder weereens’n e-pos aan
verskeie persone onder andere die Hoofmeester Adv Basson, en
‘n
beampte by SARS. Verweerder verwys hierin spesifiek na ‘n
klagte wat teen eiser ingedien is by FISA en sê
hy die
volgende:
“
Soos
U verder bewus behoort te wees was daar klagte ingedien rakende
optrede van FINLAC FISA-LEDE wat alreeds verwys is na Dissiplinre
komitee vir ‘n Dissiplinere ‘process’ volgens die
Voorsittende beampte, mnr Jacobs. Tsv vele versoek kon ons
egter NIE
die amptelike brief wat mnr PA Venter (VGV Prokureurs namens sy
kliënt, Nico van Gijsen, ook toevallig ‘n
direkteur by
Finlac Trust Ltd en Finlac Risk and Legal Private Company) geskryf
het, Verkry NIE as deel van die dissiplinere proses.
Dit is egter
steurend dat FISA, met Fisa lid, mnr van Gijsen, weier om hierdie
brief beskikbaar te stel in lig daarvan dat ook
SAIT wel hierdie
misleidende brief van PA Venter aan SAIT, beskikbaar gestel het.
”
[61]
Op 21 Augustus 2015 (om 06h21) rig verweerder ‘n e-pos aan sy
prokureur Terrence Matzdorf en mnr Venter (eiser se prokureur
van
rekord). Hierin voer verweerder onder andere aan:
“
Soos
bekend is die hofuitspraak van die DRINGENDE HOFAANSOEK (SAAK
1637/2014) te Kimberley binnekort te wagte nadat hierdie SAAK
uiteindelik, wel volledig in die hof gedien het. Hierdie volg op die
bedrieglike Finale Verkoopkontrak (“
DUIDELIK
MET SLEGS EEN DOEL VOOR OE GEDOEN EN DIT IS OM DIE ONTVANGER VAN
INKOMSTE TE BEDRIEG”)
soos verkry vanaf Eksekuteurs. Duidelik is mnr Nico van Gijsen
betrokke as direkteur, sleutelpersoon, finansiele adviseur,
testamentopsteller,
FISA/FPI/SAIT-lid
”
[62]
Later op dieselfde dag gee die Hoogeregshof Kimberley by monde van
Olivier R uitpraak in die saak. Verweerder se aansoek word
van die
hand gewys met koste. In sy uitspraak sê die geleerde regter
die volgende oor die verweerder:
“
...
dalk gelukkig vir die applikant [het vierde respondent nie die
aansoek opponeer nie] en gevolglik is daar nie sprake van koste
aan
sy kant nie. Ek sê dat dit dalk gelukkig vir die applikant is,
want veral nadat vierde respondent ...’n eedsverklaring
geliaseer het, en dit duidelik nie was wat applikant wou hoor nie,
het die vierdie respondent ook nie die applikant se skerp tong
gespaar gebly nie.
”
Dit
is belangrik om hier aan te dui dat die geleerde regter die volgende
opmerking in die volgende voetnota maak:
“
Die
applikant se verklarings en korrespondensie is oor die algemeen
gekenmerk deur vernyn, beledigings en ernstige beskuldigings.
”
[63]
In sy uitspraak sê Olivier R verder die volgende oor verweerder
persoonlik:
“
Ek
vind die applikant se beledigende opmerking tot die effek dat die
vierde respondent [‘n prokureur en trustee van die trust]
nie
geskik is om te dien ‘as trustee van trust met begunstigdes wat
oor akademiese kwalifikasies beskik nie’ verwaand
en
aanmatigend. Dit is ‘n opmerking wat geen bydrae kan lewer tot
die beregting van hierdie aansoek nie en waarvan die doel
noodwendig
slegs kon gewees het om te beledig en te kwets.
”
[64]
Nieteenstaande die uitspraak van Olivier R en veral in die lig van
die persoonlike opmerkings van Olivier R, rig verweerder
op 7
September 2015 ‘n lang e-pos aan verskeie persone, insluitend
die Hoofmeester en SARS. Hierin verwys verweerder in die
verbygaan na
Olivier R se uitspraak en maak hy opmerkings oor sekere aspekte
daarvan. In die brief noem hy weereens eiser by name.
Hy verwys
afkeurend na eiser se “
Lastersaak
”
en interdik en beklemtoon dat FISA “
alreeds
aangedui het dat daar ‘n ‘disciplinary process’
teen ene mnr Nico van Gijsen in proses is deur Dissiplinere
Komitee.
”
Verweerder voeg onder andere by dat FINLAC TRUST is “
NOT
to be TRUSTED
”
[65]
Op 2 November 2015 stuur verweerder ‘n e-pos aan verskeie
persone. Die aanhef van die skrywe is: “
MET
SLEGS RESPEK aan die UITSONDERLIKE REGSGELEERDES
”.
Verweerder verwys ter opsomming na die “
onreelmatige
en bedrieglike veiling gehou ... in samewerking met Finlac...
”
Verweerder maak dit ook duidelik dat hy
“
hierdie skrywe ook aan
owerhede deurgegee gaan word asook dat ek,
[die]
Owerhede en SA Polisie graag sal
bystaan met die ontrafeling.
”
[66]
Hierna het verweerder ‘n string e-posse gestuur (9 November
2015; 15 November 2015; 17 November 2015; 22 November 2015;
30
November 2015) aan verskeie persone insluitend beamptes van die
Meesterskantoor en SARS waarin hy eiser onder andere beskuldig
van
bedrog. Hy beklemtoon dat: “
die
eksekuteurs is dus NIE net deelnemers nie maar die ARGITEKTE van die
BEDROG
”
RELEVANTE
REGSBEGINSELS
[67]
Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (108 van 1996), bepaal
in artikel 10 dat elkeen die ingebore waardigheid en
die reg het dat
daardie waardigheid gerespekteer en beskerm word. In terme van
artikel 7 (2) van die Grondwet, moet die Staat hierdie
regte
eerbiedig, beskerm, bevorder en verwesenlik. Voor die
inwerkingtreding van die Grondwet het die
corpus
van ons gemenereg (wat nog steeds van
toepassing is) die goeie naam of
fama
as
‘n selfstandige persoonlikheidsgoed in die Suid-Afrikaanse reg
erken en beskerm.
[68]
Die
actio iniuriarum
van
die Romeinse en Romeins-Hollandse reg is in ons reg oorgeneem as die
enigste aksie waarmee genoegdoening op grond van opsetlike
persoonlikheidskrenking verhaal kan word. Die voorvereiste vir die
onregmatige daad
iniuria
,
en derhalwe vir ‘n geslaagde beroep op die
actio
iniuriarum
, is die onregmatige en
opsetlike persoonlikheidskrenking deur die verweerder. Die
onderskeidende funksie van die
actio
iniuriarum
is daarin geleë dat dit
gerig is op beskerming van die persoonlikheid in sy fisiese en
geestelike integriteit. Die ontstaansrede
en aanleiding tot die
gemeenregtike en kontemporêre uitbreiding van die
actio
iniuriarum
is juis te vind in sy
funksie as enigste aksie wat direk op die beskerming van die
persoonlikheid teen onregmatige en opsetlike
aantasting gemik is. Die
actio iniuriarum
was
van meet af aan ‘n private strafaksie, ‘n
actio
vindictam spirans –
“...
dit is gerig nie op vergoeding van ‘n materiële
waardeerbare nadeel nie, maar op wraak, genoegdoening, vir
krenking
van die persoonlikheid”. Sien
Van
der Merwe en Olivier; Die onregmatige daad in die Suid Afrikaanse
reg;
3rde uitg. bl 223. Die skending
van ‘n person se reg op goeie naam of
fama
word in die Suid Afrikaanse reg beskryf
as “Laster” en gedefinieër as die onregmatige,
opsetlike publikasie van
woorde of gedrag aangaande ‘n bepaalde
person waardeur sy goeie naam, reputasie of aansien in die gemeenskap
aangetas word.
Sien
Van der Merwe en
Olivier supra
bl. 369. Neethling
beskryf dit as die onregmatige, opsetlike publikasie van woorde of
gedrag aangaande ‘n ander wat die strekking
het om sy aansien,
goeie naam en reputasie te ondermyn.
Neethling:
Persoonlikheidsreg
, 3rde uit. bl. 125.
[69]
Indien na die skrywers sowel as die gewysigdes gekyk word dan is die
elemente van die
injuria
,
laster die volgende:
1.
Die handeling – publikasie van woorde
of gedrag;
2.
‘
n Persoonlikheidskrenking –
lasterlikheid
van
die woorde of gedrag;
3.
Onregmatige aantasting van die
persoonlikheidsreg
op die goeie naam;
4.
Opset –
animus
iniuriandi.
PUBLIKASIE
[70]
In die algemeen word aan die publikasie vereiste voldoen indien die
gewraakte woorde of gedrag aan minstens een ander persoon
as die
belasterde self openbaar gemaak word. Sien
Neethling
supra bl. 126. Aangesien publikasie ‘n
aanspreeklikheidsvereiste vir laster is, moet die eiser uidruklik
beweer en bewys dat
publikasie van die beweerde laster inderdaad
geskied het. Staan die publikasie vas, moet die eiser voorts aantoon
dat die verweerder
vir die publikasie verantwoordelik was. Aangesien
die verweerder in die onderhawige saak in sy getuienis erken en
toegegee het
dat die persone genoem in die e-posse waarop eiser steun
in hierdie laster aksie, wel die e-posse ontvang het, en dat hy
inderdaad
die afsender van die e-posse was, is dit nie nodig om
hierdie element van laster verder in besonderhede te bespreek nie.
LASTERLIKHEID
VAN DIE WOORDE EN ONREGMATIGHEID
[71]
Volgens die howe is die publikasie van enige woorde of gedrag wat
volgens die oordeel van die
redelike man
met normale verstand en ontwikkeling
die
strekking het om ‘n persoon se goeie naam, reputasie, aansien
of agting in die gemeenskap te ondermyn, te ondergrawe of
aan te tas,
lasterlik van, en in beginsel onregmatig jeens hom.
[72]
Die onus is op die eiser om die lasterlik (
prima
facie
onregmatigheid) van die
publikasie te bewys.
[73]
Die maatstaf by die toepassing van die redelike man toets is ‘die
fiktiewe, normale, ewewigtige, regsinnige en redelike
mens’.
Die toepassing van die maatstaf van die redelike man is uit die aard
van die saak afhanklik van die
omstandighede
van die besondere geval. Daarom moet
die gewraakte bewerings vertolk word in die samehang waarin dit
verskyn.
[74]
Woorde is gewoonweg
prima facie
(op gesigwaarde)
per se
of volgens hulle
primêre
betekenis
wat deur die redelike man in hulle samehang daaraan geheg word,
lasterlik. Bewerings wat ‘n persoon se
morele
en sedelike karakter en lewe
in ‘n
slegte lig stel, soos dat hy hom aan kriminele gedrag skuldig gemaak
het, oneerlik is of andersins onbehoorlik teenoor
andere opgetree het
of onkuis of immoreel is, is
per se
lasterlik. Stellings wat ‘n
persoon se
beroepsvermoë,
bekwaamhied
verdag maak is ook
per
se
lasterlik. Sien
Neethling
supra bl. 138 vn 112.
[75]
Indien die eiser bewys dat volgens die toets van die redelike man die
gewraakte publikasie lasterlik is en op hom van toepassing
is, lewer
hy
prima facie
bewys
van onregmatigheid. ‘n Regsvermoede bestaan dat die publikasie
onregmatig is en plaas dit ‘n volle bewyslas op
die verweerder
om die vermoede te weerlê.
[76]
Die verweerder kan dit doen deur die aanwesigheid van ‘n
regverdigingsgrond soos priviligie, billike kommentaar of waarheid
en
openbare belang vir sy optrede aan te toon. Slaag hy nie daarin nie,
staan die onregmatigheid van die publikasie vas.
OPSET
[77]
Animus iniuriandi
of
die opset om te belaster, wat vanselfsprekend enige van die bekende
drie vorme van opset, naamlik
dolus
directus
,
dolus
indirectus
en
dolus
evantualis
insluit, beteken “
die
geestesgesteldheid
” om die
bepaalde gevolg te wil, met die wete dat die gevolg onregmatig sal
wees.
[78]
Die eiser hoef nie die bestaan van
animus
iniuriandi
te bewys nie. Staan
dit vas dat die publikasie lasterlik is en op die eiser betrekking
het, dan ontstaan daar ‘n verder
regsvermoede dat die
belastering met opset geskied het.
[79]
Die verweerder kan hierdie bewyslas kwyt deur enige getuienis voor te
lê wat aantoon dat of wilsgerigtheid of onregmatigheidsbewussyn
of beide, as wesentlike elemente van opset, by hom ontbreek het en
dat daar met ander woorde ‘n skulduitsluitingsgrond aanwesig
is.
[80]
Ons howe en akademiese skrywers het oor die jare basies twee
skulduitsluitings gronde uitgelig (daar mag egter ook ander wees,
soos totale gebrek aan
animus
weens
geestesversteuring ens.), naamlik “dwaling”; en “skerts”.
[81]
Dwaling sal teenwoordig wees indien ‘n person nie bewus is van
die onregmatigheid van sy lasterlike bewering omdat hy
dink of glo
dat sy optrede regmatig is en gevolglik ontbreek
onregmatigheidsbewussyn weens die dwaling by hom. Die vraag of die
verweerder gedwaal het moet soos in alle gevalle waar opset ter
sprake kom, subjektief beoordeel word.
[82]
Indien ‘n persoon lasterlike woorde as ‘n grap publiseer,
is sy wil nie gerig op die krenking van die benadeelde
se reg op
goeie naam nie en sou dit neerkom op skerts. Die gevolg is dat
wilsgerigtheid as wesentlike element van opset ontbreek
en bygevolg
animus iniuriandi
.
Dit blyk egter asof hierdie beskouing nie in die regspraak geld nie.
Vir ‘n suksevolle beroep op skerts sal ‘n verweerder
moet
bewys dat die redelike omstanders of lesers of aanhoorders ook die
woorde as ‘n grap opgeneem het.
[83]
Die Konstitusionele Hof het die algemene beginsels van laster in die
Suid-Afrikaanse reg as soos volg bevestig in
Le
Roux and Others v Dey (Freedom of Expression Institute and
Restorative Justice Centre as Amici Curiae)
2011
(3) SA 274
(CC) op bl. 304:
“
[84]
... In Khumalo v Others v Holomisa
[2002] ZACC 12
;
[2002 (5) SA 401
(CC)] this court
stated that the elements of defamation are ‘(a) the wrongful
and (b) intentional (c) publication of (d)
a defamatory statement (e)
concerning the plaintiff’.
[85]
Yet the plaintiff does not have to establish every one of these
elements in order to succeed. All the plaintiff has to prove
at the
outset is the publication of defamatory matter concerning himself or
herself. Once the plaintiff has accomplished this,
it is presumed
that the statement was both wrongful and intentional. A defendant
wishing to avoid liability for defamation must
then raise a defence
which excludes either wrongfulness or intent. Until recently there
was doubt as to the exact nature of the
onus. But now it is settled
that the onus on the defendant to rebut one or the other presumption
is not only a duty to adduce evidence,
but a full onus, that is, it
must be discharged on a preponderance of probabilities. A bare denial
by the defendant will therefore
not be enough. Facts must be pleaded
and proved that will be sufficient to establish the defence.
[84]
Met betrekking tot die vraag op die woorde per se lasterlik is het
die Konstitusionele Hof beslis dat dit ‘n tweeledige
ondersoek
behels.
“
[89]
… The first is to establish the ordinary meaning of the
statement. The second is whether that meaning is defamatory.
In
establishing the ordinary meaning, the court is not concerned with
the meaning which the maker of the statement intended to
convey. Nor
is it concerned with the meaning given to it by the persons to whom
it was published, whether or not they believe it
to be true, or
whether or not they then thought less of plaintiff. The test to be
applied is an objective one. In accordance with
this objective test
the criterion is what meaning the reasonable reader of ordinary
intelligence would attribute to the statement.
In applying this test
it is accepted that the reasonable reader would understand the
statement in its context and that he or she
would have had regard not
only to what is expressly stated but also to what is implied”
[85]
Ten opsigte van die tweede deel van die ondersoek, naamlik of die
woorde lasterlik is het die Konstitusionele Hof te para [91]
beslis
dat:
“
At
the second stage, that is whether the meaning established is
defamatory, our courts accept that a statement is defamatory of
a
plaintiff if it is likely to injure the good esteem in which he or
she is held by the reasonable or average person to whom it
has been
published.
”
[86]
Die Konstitusionnele Hof het ook te para [91] (c) voorbeelde van
woorde wat
per se
lasterlik is bevestig, soos voorheen deur ons howe bevind is:
“
Examples
of defamatory statements that normally spring to mind are those
attributing to the plaintiff that he or she has been guilty
of
dishonest, immoral or otherwise dishonourable conduct. It also
includes statements which are likely to humiliate or belittle
the
plaintiff; which tend to make him or her look foolish, ridiculous or
absurd; and which expose the plaintiff to contempt or
ridicule that
renders the plaintiff less worthy of respect by his or her peers.
[…]
”
BESPREKING
[87]
By die toepassing van die regsbeginsels soos hierbo uiteengesit is ek
tevrede dat die eiser bewys het dat die lasterlike bewerings
wat
betrekking het op hom deur die verweerder gepubliseer is. Na my
mening is die woorde soos vervat in die gewraakte e-posse waarop
die
eiser steun
per se
lasterlik; en kan dit nie ontken word nie. Ek is tevrede dat wanneer
die woorde op hul eie en in die konteks van die inhoud van
die
e-posse en die gebeure wat dit vooraf gegaan het, beskou word is dit
duidelik dat die eiser van die ergste oneerlike gedrag
en kriminele
dade beskuldig word.
[88]
In die e-posse beskryf die verweerder die eiser as oneerlik en
beskuldig hy die eiser van onder andere, diefstal, bedrog,
verduisteing van inkomste, plundering van sy vader se boedel,
belasting ontduiking, misbruik van BTW en oortredings van die
relevante
wetgewing en onbehoorlike verkryging van finansieële
gewin vir homself.
[89]
Volgens die bestaande regsbeginsels en die uitsprake van die
Konstitusionele Hof is dit duidelik dat die verweerder die volle
bewyslas dra om feite en omstandighede in sy getuienis aan te bied om
die onafwendbare gevolg van die aanspreeklikheid weens laster
vry te
spring.
[90]
Dit is gemeensaak dat verweerder beide die dienste van ‘n
ervare prokureur sowel as ‘n advokaat gehad het toe sy
pleit
opgestel is. Volgens sy eie getuienis was hy nou betrokke met die
opstel en voorbereiding van sy pleit en het hyself aktief
bygedra en
insette gegee in die verband. Hy het ook getuig dat hy tevrede was
met die inhoud van sy pleit voordat dit geliaseer
is.
[91]
Indien daar na verweerder se pleit gekyk word dan is dit onmiddelik
waarneembaar dat hy in sy pleit geen verweer opper ten
opsigte van
enige van die elemente van die
actio
iniuriarum
nie. Behalwe om te ontken
dat die bewerings wat in die e-posse vervat is lasterlik is en dat
die persone aan wie hy die e-posse
aangestuur het, soos na verwys in
die dagvaardiging, dit ontvang het, opper hy geen verweer nie. So
ontken verweerder dan ook in
paragraaf 7 van sy pleit dat hy die
bewerings in “NGV1” gemaak het met die doel om die eiser
te belaster en dat die
bewerings lasterlik is. In paragraaf 16 van
die pleit ontken verweerder ook dat hy enige bewerings met betrekking
tot die eiser
gemaak het met die doel om die eiser te belaster.
[92]
Soos hierbo aangetoon, het die verweerder in sy getuienis toegegee
dat die persone wie in die e-posse genoem word, wel die
e-posse
ontvang het en dat die publikasie daarvan wel geskied het. Ons reg is
duidelik, dat die blote ontkenning deur ‘n
verweerder dat die
bewerings lasterlik is, nie voldoende is, vir ‘n verweerder om
die bewyslas te kwyt nie. Soos gemeld is
die woorde in die e-posse
soos vervat in die besonderhede van vordering, en die effek daarvan
per se
lasterlik
en rus die bewyslas gevolglik op die verweerder om te bewys dat
publikasie daarvan nie onregmatig was nie en dat hy nie
die opset
gehad het om die eiser te belaster nie.
[93]
In sy getuienis het verweerder verduidelik dat die rede waarom hy die
e-posse aangestuur het was omdat hy gefrustreerd was
met die wyse
waarop die boedel(s) van sy ouer(s) beredder is en dat wat in die
e-posse vervat is eintlik aan Finlac Trust, en nie
die eiser in
persoon, gerig is nie. Hy het verder getuig dat na sy mening eiser en
of Finlac Trust teenstrydig met die Licences
Act No. 44 of 1962
(“Licences Act”) opgetree het en het hy ook dit as ‘n
regverdigingsgrond probeer gee vir die
bewerings wat hy gemaak het.
[94]
Hy het egter toegegee dat oor die jare daar verskeie geleenthede vir
hom was om die eksekuteurs uit hulle posisie te laat verwyder
indien
hy nie tevrede was met hulle werkswyse nie. Hy kon egter nie ‘n
bevredigende verduideliking gee waarom hy die situasie
waaroor hy so
ontevrede was laat voortgaan het nie. Ek noem dit omdat, alhoewel die
verweerder nie ‘n regsgeleerde is nie,
dit duidelik is dat hy
presies geweet het wat sy regte was en veral omdat hy op ‘n
vroeë stadium en deurentyd toegang
gehad het, en geadviseer is
deur senior regslui. Dit is ook insiggewend dat nêrens in die
verweerder se pleit daar melding
gemaak word van die feit dat die
uitlatings wat hy in die e-posse gemaak het, was as gevolg van die
wyse waarop sy ouer(s) se boedel(s)
beredder is deur Finlac Trust nie
en of dat die inhoud van die e-posse aan Finlac gerig is. Dit staan
verder vas dat die Hoofmeester
en beamptes in daardie kantoor tevrede
was met die wyse waarop die boedel(s) beredder is. Dit is nie
onredelik om te bevind dat
beide verweerder en sy broer Ian tot ‘n
groot mate deur hulle onderskeie optredes die afhandeling van die
boedels vertraag
het.
[95]
Ek noem ook hier dat verweerder vaag en ontwykend was toe hy gevra
word om te verduidelik waarom al die bewerings in die e-posse
veral
gemik is na eiser, veral omdat dit heel duidelik was uit ‘n
vroeë stadium dat Danielz, en nie die eiser, die eksekuteur
van
die boedel was.
[96]
Wat die kwessie oor die Licences Act betref is dit gemeensaak dat die
aspek nooit deur die verweerder gepleit is nie. Verweerder
het dit
ook nooit voor die verhoor in aanvang geneem nie, of aansoek gedoen
dat sy pleit gewysig moet word, om dit in te sluit
nie. Op sy eie
weergawe het die verweerder die kwessie van die Licences Act op ‘n
baie laat stadium geopper nadat hy lank
reeds die lasterlike
bewerings teen die eiser gemaak het. Ek is tevrede dat op die stadium
waar die verweerder die lasterlike bewerings
gemaak het, die kwessie
van die Licence Act glad nie by hom opgekom het nie en dus nie ter
sprake was nie.
[97]
In elk geval, sou dit wees dat Finlac Trust en of enige ander
maatskappy wat by die boedel bereddering betrokke was, teenstrydig
met die Licences Act opgetree het, dan sou dit betrekking op het
Finlac Trust en of die maatskappy, en nie die eiser in persoon
nie.
Ek meld in die verband dat die Meesterskantoor in elk geval lank
reeds die verweerder in kennis gestel het dat Finlac Trust
inderdaad
boedels kan beredder. Indien verweerder inderdaad so ‘n groot
probleem gehad het met die feit dat Finlac Trust
teenstrydig met die
Licences Act optree, is daar niks wat verhoed het dat hy die hof kon
nader vir ‘n verklarende bevel in
die verband nie. Na my mening
is verweerder se verwysing na die Licences Act ‘n wanhopige
poging aan sy kant, om soos daar
tereg deur Mnr Marais betoog is, ‘n
verweer te probeer saamflans in omstandighede waar daar geen verweer
bestaan nie.
[98]
Indien na die inhoud van die verweerder se e-posse gekyk word, dan
kan ek nie anders as om my te vereenselwig met die persoonlike
opmerkings van Olivier R oor verweerder nie. In die onderhawige saak
net soos in die aansoek voor Olivier R, is die inhoud van
verweerder
se e-posse ook gekenmerk deur vernyn, beledigings en ernstige
beskuldigings. Ek sou verder gaan deur te sê dat
daar tekens
van onverskilligheid en of roekeloosheid teenwoordig is in die manier
waarop verweerder die e-posse geskryf het.
[99]
Op ‘n konspektus van die getuienis is ek tevrede dat die
verweerder geen getuienis aangebied het om te bewys dat die
publikasie nie onregmatig was nie, of dat hy nie die opset gehad het
om die eiser te belaster nie. In die geheel gesien, en in
aggenome
die agtergrond, geskiedenis en meer in besonder die verweerder se
gedrag, is dit duidelik dat die verweerder beide die
opset gehad het
om die eiser te belaster en dat daar geen regverdigingsgronde vir die
publikasie is nie.
[100]
Ek is gevolglik tevrede dat op sy eie weergawe daar geen sprake kan
wees dat enige van die skulduitsluitingsgronde, wat opset
sou
uitskakel, teenwoordig is nie.
[101]
Die getuienis dui oorweldigend daarop dat die verweerder die
bedoeling gehad het om die eiser se goeie naam en reputasie by
die
instansies en persone na wie hy die e-posse aangestuur het, aan te
tas.
[102]
Bygevolg, bevind ek dat daar geen regverdigingsgronde bestaan vir die
verweerder se onregmatige optrede teenoor die eiser
nie. Ek bevind
verder dat die publikasie van die e-posse nie beskerm word deur enige
priviligie nie, en dat die bewerings wat verweerder
oor die eiser
daarin maak nie waar is nie, nie in die openbare belang is nie, en
dat dit nie neerkom op billike kommentaar nie.
[103]
In al die omstandighede is ek tevrede dat by die toepassing van die
geldende regsbeginsels soos hierbo uiteengesit dat die
eiser
inderdaad skade gely het as gevolg van die optrede van die
verweerder.
SKADEVERGOEDING
[104]
Dit is geykte reg dat met die
actio
iniuriarium
word genoegdoening vir
persoonlikheidsbenadeling geëis. In ‘n aksie om
genoegdoening op grond van die
iniuria
laster moet die hof
ex
aequo et bona
‘n bedrag geld aan
die suksesvolle eiser toestaan. Die omvang van die genoegdoening kan
natuurlik nie, soos in ander gevalle
van skadevergoeding, met
presiesheid bereken word nie. Sien
Van
der Merwe
supra bl. 418.
[105]
In
Media 24 Ltd and Others v SA Taxi
Securitisation (Pty) Ltd (Avusa Media Ltd and Others as Amici Curiae)
2011 (5) SA 329
(HHA) op bl. 341 te
para [36] bevind Brand AR dat:
“
Our
action for defamation derives from the actio iniuriarium, which in
Roman and Roman-Dutch law was confined to the protection
of
personality rights. It provided a solatium for wounded feelings and
was not available for the recovery of patrimonial damages.”
Brand
AR bevind verder te para [38] dat: “
It
will be no defence for the defendant to show that the statement did
not in fact cause the plaintiff any personal distress.”
En
te para [40.3] dat: “
Apart from
not having to show any general damages, the defamation action affords
the plaintiff several advantages. All that he,
she or it has to prove
is publication of a defamatory statement. This gives rise to
rebuttable presumptions of both wrongfulness
and iniuriandi.”
[106]
Dit word nou algemeen aanvaar dat die bepaling van die omvang van
algemene skade in ‘n laster aksie uitsluitlik binne
die
diskresie van die verhoorregter val. In die verband verklaar
Nugent
AR
as volg in
Tsedu
and Others v Lekota and Another
2009 (4) SA 372
(SCA)
te
para [25]:
“
Monetary
compensation for harm of this nature is not capable of being
determined by any empirical measure. Awards made in other
cases might
provide a measure of guidance but only in a generalised form and I do
not think it would be helpful to recite other
awards.
”
[107]
Wat die omvang of
quantum
van
die skadevergoeding aanbetref is die faktore wat hierdie aspek kan
beinvloed wyd uitlopend. Ons howe let op beide versagtende
en
verswarende faktore.
[108]
In die algemeen stel ‘n onbehoorlike motief of “malice”
aan die kant van die verweerder, soos in die geval
waar hy bewus was
van die onwaarheid van sy lasterlike bewerings, verswarende
omstandigheid daar. Sien Pont v Geyser en ‘n
Ander
1968 (2) SA
545
(A) op 554H. Ander verswarende faktore is die besondere krasheid
of beledigende aard van die laster. Sien
SA
Associated Newspapers Ltd en ‘n Ander v Samuels
1980
(1) SA 24
(A) op 42 – 43.
Neethling
sê verder dat: “Roekelose
of onverantwoordelike gedrag aan die kant van die verweerder, die
omvangryke verspreiding
van die publikasie, die posisie en aansien
van die eiser, die feite dat die lasterlike bewerings herhaal is, die
krenkende of benadelende
gevolge van die laster en die volharding in
ontkenning van aanspreeklikheid word ook as verswarend bestempel.”
Sien ook
Buthelezi v Poorter and Others
1975 (4) SA 608
(W) te 615-616
;
Moolman v Slovo
1964 (1) SA 760
(W) te
762-763;
Smith v Die Republiekein (EDMS)
Bpk en ‘n Ander
1989 (3) SA 872
(SWA) te 879.
[109]
Ek is tevrede dat die verweerder in hierdie saak homself skuldig
gemaak het aan ‘n erge graad van laster en dat hy dit
met
uiterste vernyn en kwaadwilligheid gepleeg het.
[110]
Die getuienis dui daarop dat hy oor ‘n lang periode van tyd
aanhoudend en met toenemende krasheid die verweerder belaster
het.
Daar kan geen sprake wees van enige versagtende faktore nie. Feite en
omstandighede wat aanduidend is van die afwesigheid
van versagtende
omstandighed is onder andere dat, hy telkens geweier het om die
laster terug te trek en verskoning aan te bied;
hy het volgehou met
sy onwettige optrede selfs na prokureurs briewe aan hom gerig is; en
sy volgehoue optrede het die eiser geen
keuse gelaat as om ‘n
aksie teen hom in te stel nie. Dit is ook so dat na die instel van
die aksie die verweerder sy aanvalle
met feller vernyn voortgesit het
en die eiser gedwing het om ‘n aansoek om ‘n interdik te
loods. Verweerder het die
aansoek teengestaan en die ooglopende
onregmatigheid sonder enige basis probeer ontken.
[111]
Selfs na ‘n bevel van hierdie hof teen hom uitgereik is, het
verweerder met totale minagting die hofbevel meermalle
oortree met
nog meer lasterlike aanvalle op die eiser.
[112]
Ten spyte van die twee geleenthede tydens die verhoor, voor enige
getuienis aangebied is, en later, voor verweerder met sy
saak begin
het, toe die verweerder ‘n kans gegun is om die saak te skik,
het die verweerder hardkoppig en beslis geweier
om pogings aan te
gaan om die saak, op uitnodiging van die eiser, te probeer skik. Dit
is nie onredelik om te bevind dat sy reaksie
op rekord aanduidend is
van wat deur Mnr Marais bedryf is as sy “
onbeteulde
roekeloosheid
” om die aksie te
verdedig en sy verantwoordelikheid te probeer ontduik.
[113]
Gedurende die verhoor, en in sy kruisondervraging van die eiser en in
sy eie getuienis, het die verweerder nie gehuiwer om
die waarheid te
verdraai en om die hof te probeer mislei nie. Aanduidings van sy
roekelose optrede en ongegronde stellings wat
verweerder maak word
uitgebeeld gedurende die verhoor toe hy verskeie ander persone
behalwe die eiser, insluitende die regslui
(oa eiser se prokureur en
advokaat) belaster.
[114]
In die omstandighede is dit nie onredelik om te bevind dat die
verweerder absoluut geen berou toon vir sy onregmatige optrede
nie.
Die verweerder was vasberade om voort te gaan met sy ontwettige
gedrag en was dit duidelik dat hy geen respek het vir die
grondwetlike regte van die eiser en andere nie.
[115]
Mnr Marais het betoog dat weens die verswarende faktore, hierdie Hof
die eis moet toestaan en die skadevergoedings bedrag
moet vasstel
soos geeis is in die besonderhede van vordering.
[116]
Wat koste betref het Mnr Marais betoog dat die gedrag van die
verweerder - voor, tydens en na die uitreik van die dagvaarding
-
daarop dui dat ‘n bestraffende kostebevel geregverdig is. Hy
het verder betoog dat die verweerder nie net voortdurend smalend
en
beledigend was nie, maar hy ook deurgaans kwaadwillig en vernynig
was, en dat sy gedrag in die hof en in die getuie bank totaal
minagtend van aard was.
[117]
Met verwysing na
A C Cillier, Law of
Costs
2de uitg. bl. 54-57 waar die
skrywer verklaar dat: “
A court
awards attorney and client costs where a litigant’s conduct has
been unworthy, reprehensible or blameworthy, or where
his conduct has
been actuated by malice or he has been guilty of grave misconduct in
the transaction and / or in the conduct of
his case”,
het
Mnr Marais betoog dat verweerder eenvoudig tyd gemors het en
die hofproses misbruik het. Hy het in die omstandighede versoek
dat
die hof die eise van die eiser toe staan met ‘n bevel dat die
kostes betaal moet word op die skaal soos tussen prokureur
en eie
kliënt.
[118]
Vir die redes soos hierbo uiteengesit is ek tevrede dat die laster in
die saak uiters ernstig is en derhalwe is ek van mening
dat dit ‘n
substansieële bedrag skadevergoeding regverdig. In die lig van
al die omstandighede en gebaseer op die suiwere
regsbeginsels soos
hierbo uiteengesit bevind ek dat die bedrag van R250 000,00 op
elke afsonderlike eis gepas is en geregtigheid
sal laat geskied in
die saak.
[119]
Alhoewel ‘n bestraffende koste bevel nie onvanpas sou wees in
die saak nie, het ek nietemin besluit om my diskresie
in die
verweerder se guns uit te oefen en het ek daarteen besluit.
[120]
‘n Verdere aspek waaraan aandag geskenk moet word is die feit
dat volgens die bevel van Salie-Samuels WNR (toe sy toe
was), wat
hierbo na verwys is, het die koste van die aansoek onder saak nommer
17249/14 (die interdik aansoek) oor gestaan vir
beregting by die
aksie van hierdie saak. In die lig van my bevindings in die saak oor
die verweerder se optrede, en omdat dit duidelik
is dat verweerder
die eiser inderdaad geforseer het om die dringende interdik teen
verweerder te bring, is ek tevrede dat dit billik
en regverdig is om
te gelas dat verweerder aanspreeklik moet wees vir die koste onder
saak nommer 17249/14.
[121]
Gevolglik maak ek die volgende bevel:
1.
Die eiser slaag in sy eise op beide eis 1 en eis 2;
2.
Die verweerder word beveel om die eiser die bedrag van R250 000,00
te betaal ten opsigte van die eerste eis met 15.5% rente
per jaar
daarop
a tempore morae
;
3.
Die verweerder word beveel om die eiser die bedrag van R250 000,00
te betaal ten opsigte van die tweede eis met 15.5% rente
per jaar
daarop
a tempore morae
;
4.
Die verweerder word beveel om die koste van die geding te betaal;
5.
Die verweerder word beveel om die koste van die aansoek onder saak
nommer 17249/14 te betaal.
RILEY,
WnR